Verwantskapsbenamings in Afrikaans en Engels WAARSKYNLIKE HUGENOTE REGISTER VAN VERMOORDES: REGISTER VAN VERMOORDES: Lede van die Wenkommando wat deelgeneem het aan die Slag van Bloedrivier, 16 Desember 1838 REGISTER VAN VOORTREKKER- REGISTER VAN VOORTREKKER- SKILDER-POORT NA |
DIE ROL VAN DIE WES-KAAPSE ARGIEF IN GENEALOGIESE NAVORSING OOR (SUID)AFRIKAANSE FAMILIES
Helena Liebenberg Omdat die drie voltooide transkriberingsprojekte waarvan ek u vervolgens gaan vertel,Kaapseen in besonder VOC-argiefmateriaal van 183jaar (1651-1834) ontsluit het, het letterlik duisende mense uit die voorheen geslote boeke opgestaan en ’n stem in woorde op skrif gekry, waarvan amptenare, vryburgers (o.a. Hugenote), slawe, bannelinge en inheemses die belangrikste groepe was. Dit spreekvanself dat Afrikaanse familienavorsing ten nouste aansluit by die inligting wat tussen 2001 en 2020 tydens die TANAP-, TEPC-en VOC-Daghregisterprojek beskikbaar gemaak is. Dit is juis in sodanige argiefdokumente waar die interessantste kinkels en kabels in familielyne aangetref word. Benewens plek- en persoonsname, vanne, familieskakels, datums, en in ons mense se geval skeepsname, is die familienavorser ook geïnteresseerd in bykomende gegewens wat aan hierdie of daardie familie of familielid se verhaal lyf kan gee. Hierdie en verwante argiefmateriaal vorm deel van die gedokumenteerde erfenisskat wat elke aspek van die Kaapse samelewing, kultuur en geskiedenis belig, en verder verryk word met talle voorbeelde van Afrikaans as taal in wording.
Helena Liebenberg Voordrag gelewer op 27 Oktober 2012 tydens
Geagte Dames en Here Dit is vir my ’n baie groot voorreg om u vanuit my Hugenote-moederlyn van Du Plessis en Malan vanoggend te mag toespreek. My moederlyn-DNS plaas my in die Dordogne-gebied in Suid-Frankryk en my geslagtelange doopname Helena Catharina verskyn volgens prof. Brian Sykes se Seven Daughters of Eve langs mekaar in dieselfde gebied in Wes-Europa. Prof. Sykes is wêreldbekend vir sy DNS-navorsing. Heelwat van die plekke op vanoggend se terugreis het ek as kind en jongmens besoek, maar die insig het eers veel, veel later gekom. Inleidend Ek nooi u om saam met my die grootse en goddelike roosvensters van die verre verlede wyd oop te maak en in die ligstrale wat inskyn op die kosbare kaart van herinnering die oneindig moeilike en moeisame roete van ons voorouers deur die eeue te volg. Want die verhaal wat ek u wil vertel, is ’n stamboomverhaal en begin by die begin: 2 000 jaar gelede aan die kruis op Gólgota. Waarom so ver terug in die verlede? Want met al die inligting tot my beskikking, het die volgende gedagte by my begin posvat: Dalk is dit net moontlik dat van ons as Hugenote-nakomelinge se herkoms deur die wingerdranke van die tyd teruggelei kan word na dié Een wat gesê het: “Ek is die wingerdstok, Julle die lote” (Johannes 15:5). Is dit dalk moontlik? Wat ’n onuitspreeklike groot eer sal dit nie vir my wees nie! Maar u kan self besluit, want ek gaan in my menslike ontoereikendheid vir u ’n goddelike verhaal vertel soos dit vir my ontvou het uit gegewens uit die Bybel en gedane navorsing deur o.a. geskiedkundiges, argeoloë, genealoë, en kerkhistorici, en gesteun deur antieke geskrifte en argeologiese vondse.
Verwantskapsbenamings in Afrikaans en Engels
Prof. Louis Eksteen (1930-2001) 1. Inleiding: Die volgende uitgangspunte geld vir hierdie oorsigtelike beskrywing van Afrikaanse en Engelse verwantskapsbenamings: Verwante, uitgaande van die gesin en uitgebrei tot die familie word punt vir punt vergelyk wat Afrikaans en Engels betref, e.v. 2. Die verwantskapsbenamings in Afrikaans en Engels: In die volgende lys word ’n aantal van die twee tale se verwantskapsbenamings teenoor mekaar gestel. Ook die aangetroude verwantskappe word aangegee.
C.A.M. de Vleeschauwer
1. FRANKRYK, GISTER EN VANDAG Frankryk soos ons dit vandag ken, is die produk van ’n voortdurende politiek van gebiedsuitbreiding deur die drie opeenvolgende Franse koningshuise: die Capetingers, die Valois en die Bourbons voortgesit deur die Jacobyne van die Franse Rewolusie en Napoleon I. Vanuit die Ile de France, die hartland rondom Parys, het die konings deur huwelike, oorloë en kuiperye hul mag oor steeds groter dele van die land uitgebrei. Buite hierdie kern het Baske, Bretoene, Normandiërs, Vlaminge, Boergondiërs, Savojards en Occitade gewoon: volksgroepe wat tot vandag toe deur hul taal of gebruike, hul tradisies of hul kultuur van mekaar verskil. Baie van hierdie volkere het eeuelank vry en onafhanklik onder hul eie feodale, regionale adel in hul stede en dorpe gewoon. Die Franse konings het in hul veroweringspolitiek hierdie gebiede ’n betreklike kulturele vryheid gelaat maar ’n steeds groter wordende administratiewe sentralisasiepolitiek gevoer. Gevolglik het die inwoners wel onder die gesag van die koning gestaan, maar hulle kon, binne hul eie gemeenskappe, hul tradisionele lewe voortsit. Hulle was dus onderdane van die koning, maar geen Franse nie. Die Franse Rewolusie se Jacobyne, met hul obsessie van “la France une et indivisible” het aan hierdie etniese en kulturele verskeidenheid ’n einde probeer maak. Hulle het Parys met Frankryk vereenselwig en Frans tot die enigste taal van die administrasie, die leër en die skole verklaar en so probeer om nasie en staat een te maak. Dit het tot opstande teen die republikeinse Jakobyne gelei maar in naam van “Vryheid, Gelykheid en Broederskap” het die Rewolusie in bloedige burgeroorloë die eeue-oue vryhede van die gemeenskappe binne die Franse gebied vernietig. Parys het Frankryk geword.
WAARSKYNLIKE
HUGENOTE Onttrek deur Helena Liebenberg
uit Pama: Groot Afrikaanse Familienaamboek
PIET RETIEF EN SY GESELSKAP 6 FEBRUARIE 1838 Ondertekening van Traktaat tussen Dingaan en Retief (Fresko van Italiaanse marmer, Voortrekkermonument)
(Foto’s verkry van dr. Leon Oberholster se webblad: http://www.groottrek.co.za)
BLAAUWKRANS- EN BOESMANS-RIVIERE 16 FEBRUARIE 1838
Tapisserie van moorde, Voortrekkermonument, Pretoria
"In dieselfde blad van 9 Augustus 1838 vervolg Mnr. Boshof sy belangrike brief. Hier gee hy die name van die burgers, asook die getal vrouens en kinders en bediendes wat by die slag te Blaauwkrans- en Boesmans-riviere deur die Zulus vermoor is. Hierdie lys het hy met moeite verkry, daar g’n gereelde opgawe gemaak was nie.
Die volgende is die vrouens en kinders van die Burgers wat in Dingaan’s Kraal vermoor is:
(Dreyer: bl. 191-192 met verbeterde totale bereken volgens bg. lys vermoordes)
Bron Dreyer, A. 1929. Die Kaapse Kerk en die Groot Trek. Kaapstad.
deur Leon, Morné en Crystelle Smuts
Veral bekend vir sy “Die
Kaalvoetvrou”,
’n een-en-’n-half maal
’n Beeldhouer van lewensgrootte en kleiner bors- en standbeelde van familie, vriende, Afrikanerleiers en diere. Hy het veral in sy eie ingevoerde homogene, spierwit “Biancopie” Carrara-marmer gewerk. Van sy werke is in brons gegiet. Verder het hy beelde en reliëfwerke in verskillende soorte hout gekerf. Sy kreatiwiteit het ook uitdrukking gevind in grafiese vorme soos sketse, en die skryf van ongepubliseerde kortverhale.
Kunsstudies en ’n eerste loopbaan in Suid-Afrika (1913-1948)
Na matriek in Fouriesburg tree hy in diens van die Staatsdiens in die Witwatersrand-Pretoria-gebied en in Nylstroom. Gelyktydig hiermee bestudeer hy staatsreg en Romeins-Hollandse reg. Sy studies word egter baie benadeel deur vele verplasings aan die Rand en in Pretoria. Na diens in die hof op Nylstroom onder landdros Kikulus, het hy uiteindelik die Ontvanger van Inkomste geword vir dieselfde distrik.
Tydens sy staatsdiensjare het Alfonso Smuts gedurig geleenthede benut om homself as kunstenaar te verbeter. Hy besoek die Johannesburgse Tegniese Kollege vir boetseer- en gipswerk, wat sy kunstalente veral in die rigting van beeldhouer stuur. Na verplasing het hy by die Pretoriase Tegniese Kollege aangemeld vir onderrig deur onder meer die Suid-Afrikaanse beeldhouer Anton van Wouw. Van Wouw het sy beeldhoubeitels aan Alfonso geskenk. Hier ontmoet hy ook vir Fanie Eloff, ’n Suid-Afrikaanse beeldhouer bekend vir sy borsbeelde van Afrikanerleiers, dansers en atlete.
Gedurige verplasings deur sy werkgewers belemmer egter deurlopende studies in die kunste. In 1948 bedank hy uit die Staatsdiens om voltyds as professionele beeldhouer opgelei te word.
Studies en opleiding as professionele beeldhouer in Europa (1948-1951)
België: By die koninklike Akademie van Antwerpen word hy onderrig in die tegnieke van modellering in klei, houtsnee en gips.
Oostenryk: In Salzburg bestudeer hy die anatomie van mense- en diereliggame wat hy daar implementeer in sy opleiding in houtsneewerk. Hierdie werke weerspieël die korrekte anatomiese proporsies van sy modelle, wat die kunstenaar se realisme in sy latere werke grondves.
Italië: Hy ontvang 18 maande lank akademiese onderrig in beeldhou aan die akademie in Carrara. Hy werk tussendeur in ’n privaat beeldhou-ateljee ter wille van selfonderhoud. Vir sy eie anatomiestudies het hy houtbeeldjies gemaak, wat skelet aan die een kant en spiere aan die ander kant toon – een elk van ’n mens, ’n perd en ’n koei. Dit het ’n verpligte deel van die leerplan by die akademie geword. In Italië ontmoet hy die beeldhouer Fontana, wat die bronsperdegroep vir die Victor Emmanuel Monument in Rome gemaak het.
Frankryk: Hy sluit sy oorsese studies af aan die ‘Academie Julien’ in Parys waar Toulouse Lautrec ook onderrig ontvang het.
Besoeke aan ander Europese lande: Lande wat hy tussendeur besoek, is Duitsland, Nederland, Switserland, Engeland en Skotland. Tydens hierdie besoeke ontmoet hy verskeie vooraanstaande kunstenaars, soos Jozef Thorak in Oostenryk.
Profiel
Die lewensgetroue realisme van sy beeldhouwerke is begrond deur sy bestudering van die anatomie van mense- en diereliggame, wat hy in Oostenryk gedoen het. Sy kontak met bekende Suid-Afrikaanse beeldhouers soos Anton van Wouw en Fanie Eloff, asook met skilders soos H.W. Coetzer, het hierdie realisme by hom gestimuleer en uitgebou. Hy is verder beïnvloed deur die beeldhouers wat hy in Europa ontmoet het.
Beeldhou-ateljees deur Alfonso Smuts bedryf 1951 – 1964: Kerkstraat, Wakkerstroom 1965 – 1978: “Ou Werf”, Clarens 1978 – 1985: “Luglyn”, Bethlehem
Uitstallings 1981: Kunsuitstalling by die Tingeling-kleuterskool te Bethlehem. 1982: Uitstalling van ’n aantal van sy bronswerke in Potchefstroom in ’n privaat woonhuis.
Openbare opdragte in Suid-Afrika
Verwysings
’n Onverwesenlikte ideaal van Alfonso Smuts en sy vrou Nina Die duplisering van die huis waarin die eertydse President van die Zuid-Afrikaanse Republiek, Paul Kruger, in Clarens, Switerland gewoon het, op “Ou Werf” in Clarens (Vrystaat). Hierdie ideaal was egter nie lewensvatbaar gedurende 1960-1965 nie.
Lede van die Wenkommando wat
deelgeneem het
aan (verkorte oorname met dank uit Leon Oberholster se Die Groot Trek-webblad)
Skildery van die Slag van Bloedrivier deur W.H. Coetzer
Name gemerk met ? is diegene oor wie se teenwoordigheid onsekerheid bestaan.
REGISTER VAN VOORTREKKERSTAMMOEDERS (Uit: Visagie, J.C. 2000. Voortrekkerstamouers, 1835-1845. Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria)
Die persone wat genoem word “eggenoot van ...” is almal vrouens wie se mans reeds in die Kolonie oorlede is en as gesinshoof of gewoon saam met haar kinders aan die Trek deelgeneem het. Waar “vrou van ...” genoem word, is dit ’n blote indeksering van die vrou omdat haar man reeds alfabeties in die hooflys of teks verskyn.
Die woord stamouers is nogal problematies: by ons in Suid-Afrika word dit verstaan dat dit die oorspronklike ouerpaar is wat na Suid-Afrika gekom het. Skrywer het die term Voortrekkerstamouers gebruik in die sin dat dit die ware Trekkers of vroegste Trekkergesinshoofde was en nie hulle kinders of afstammelinge nie. Hier slaan dit dus ook op die woord “oorspronklike”, hoewel nie die ware stamouers van die familie nie. In ’n paar gevalle was daar wel ware stamouers van ’n familie wat Voortrekkers geword het, soos enkele Nederlanders en Duitsers. Gewoonlik is hulle meegesleur deur die trekaksie omdat hulle vrouens en skoonouers meegegaan het en hulle hul mettertyd volkome met die Trekkers se ideale vereenselwig het. — dr. Jan Visagie, skrywer
|