D. Litt et Phil

Hoofstuk 1

Hoofstuk 2

Hoofstuk 3

Hoofstuk 4

Hoofstuk 5

Hoofstuk 6


D.Litt. et Phil.


Iets algemeens oor semantiese (betekenis-) herhaling in Afrikaans

“Die oorbodigheid of nie is ’n argument wat niks met die saak te doen het nie. Die vraag wat vir ons van belang is, is of die konstruksie gebruiklik is of nie. Die taak van die grammatikus is dus gewigtig, want hy moet ’n noukeurige opname maak, nie wat logies is nie, maar van wat gebruiklik is in die taal.” (J.J. le Roux, 1949)

Semantiese herhaling is ’n kragtige taalmeganisme wat baie doeltreffend en algemeen deur alle sprekers, van kleuters tot bejaardes, gebruik word om betekenis-inprenting te doen, asook om krag, intensiteit, klem, affek of versagting aan ’n uiting te verleen, die gehoor te beïndruk, vaagheid te verminder en meerduidigheid op te hef.

Lees waarom

Die vliegtuig se agterstert brand (deur ’n kleutertjie)
Probeer om ’n ronde sirkel te teken, Jannie (aan ’n kleutertjie), asook
piknagdonker, papsopwaternat, skat-skatryk, huisietjie, brokstuk en
ons werk ure en ure

aanvaarbaar is, maar nie

handig met jou hande
die mees duurste skoene.


En watter verklaring is daar vir die volgende gebruike?

Ons gaan van heiligheid gaan ons nog almal in die hel brand.
Hoor hier, Seun, hier is die goed waarna jy soek, hoor!
Kasper Krimpvarkie praat graag. Hy het baie om oor te praat ... Hy hou net aan met praat.


Geniet die lees!





Uit ons ervaring weet ons trouens dat in elke gespreksituasie daar geweldig baie woorde verbruik word, terwyl die inligting wat oorgedra word, dikwels maar skraal is.  Hierdie skynbare teenstrydighede wat genoem word die oortolligheidsfaktor in taal is 'n noodsaaklike element in doeltreffende kommunikasie.


K.J.H. Landman (1989)


Lees nou verder...





Aan die taalbeheersing in die sin van die gebruik van die uitsluitlik korrekte vorme skort daar by die meeste taalgebruikers heelwat, ondanks hulle vermoë om effektiewe kommunikasie tot stand te bring.


Steyn (1970)


Lees nou verder...





Die oorsprong van die herhaling van taalvorme moet in die eerste plek in die affek gesoek word  dit wil sê die herhalings dien veral om vollediger uitdrukking te gee aan allerlei gevoelskakerings by die spreker of skrywer.


Scholtz (1963)


Lees nou verder...





Hun taalgebruik word getoetst aan effektiviteit, hier niet te verstaan als: 'nauwkeurigheid in het zichuitdrukken', maar als: 'zo te planeren dat men bij zijn toehoorders precies dat effekt oproept, hetwelk men met zijn taalhandeling bedoelde.


Jacob L. Mey (1989)


Lees nou verder...





Een redundant betoog is een betoog waarin dezelfde informatie op meer dan een plaats (soms in verschillende bewoordingen) verwoord is, zodat de lezer of luisteraar de informatie op verschillende momenten kan oppikken.


Janssen (1989)


Lees nou verder...





What the addressee does, upon hearing and understanding a tautologous utterance, is to say to himself, as it were: "There must be some reason for the speaker to tell me what he knows I know to be true. What can this reason be?" The addressee assumes, in default of any evidence to the contrary, that the speaker is not indulging in irrelevant platitudes.


Lyons (1977: 417)


Lees nou verder...