Helena
Liebenberg
ABSTRACT
The first objective of the study was to search for and extract indigenous names, toponyms in particular, from primary source VOC Cape archival documents vested in the Western Cape Archives and Records Service (WCARS), covering the governance of the Cape of Good Hope by the VOC (Vereenigde Oost-Indische Compagnie – Dutch East India Company) from 1651 till 1795.
The second objective was to explore the wealth of indigenous place names thus brought to light, from a historical linguistic perspective with the aid of secondary sources.
Lees
nou verder...
Helena
Liebenberg
Ek het na
’n mirakel gestaar, na ’n glinsterende steen onder
die sand, blootgelê deur ’n stormvlaag. Hier was
iets so veraf, en tog so naby. Dit was iets
wonderbaarliks op taalgebied. ... Ek het getuur na
’n poësie in die pragtige taal wat Afrikaans genoem
word. (Gerrit Komrij in ’n onderhoud met
Veltkamp-Visser, 2003, Afr. vertaling)
Opsomming
Vir die
onderhawige ondersoek is gebruik gemaak van die
getranskribeerde inhoud van etlike reekse 17de- en
18de-eeuse VOC-dokumente wat in die Wes-Kaapse Argief
gehuisves word en sedert 2001 tydens vier omvangryke
projekte beskikbaar gestel is en steeds word. Veral
die taalmateriaal in die Resolusies van die Politieke
Raad, boedelinventarisse, vendusierolle en
dagregisters van die Kaapse kommandeurs en goewerneurs
bied talryke voorbeelde van vorme wat toe gebruik is
en behoue gebly het in Afrikaans wat dien as bewarea
van ou, onbekende of streekswoorde in Nederlands.
Talle eg Afrikaanse woorde is afkomstig uit die
17de-eeuse Ndl. ‘boeretaal’. Daar word ook gewys op
die invloed van Wes-Europese streekstale, veral
Platduits, op die vorming van dit wat later Afrikaans
genoem is. Slegs ’n beperkte aantal woorde van
Oosterse en Khoi-Khoi-herkoms kom voor, alhoewel
Khoi-Khoi-plekname ’n besondere erfenis blyk te wees.
Lees nou verder...
Helena
Liebenberg
Wanneer daar
indringend gekyk word na die ryk Afrikaanse idiomeskat
en vaste uitdrukkings, word dit duidelik dat dié taal
in daardie opsig nie slegs op eie bodem ’n
interessante ontwikkeling toon nie: die oorgrote
meerderheid idiomatiese uitdrukkings is erfgoed uit ’n
ver verlede en heelwat daarvan kan selfs teruggevoer
word tot die antieke Griekse en Romeinse geskiedenis.
Veral die Klassiek-Griekse mitologie en volkslegendes
is hier van belang: die uitgebreide gode-hiërargie se
inmenging op aarde het dikwels verreikende gevolge vir
die sterflinge gehad; maar dan was daar ook binne
hierdie hiërargie soveel voorbeelde van
“tipies-menslike” optrede aan die kant van die gode:
jaloesie, twis, liefde, haat, smart, ens.
Lees nou verder...
Helena
Liebenberg
VALHALLA,
voorstad van Pretoria, word in 1932 geproklameer as
woongebied. Bykans die helfte van die straatname kom
voor as plekname in Noorweë, Swede, Finland, Ysland,
Rusland en Griekeland. Benewens die plekname is daar
mitologiese name, asook persoonsname (histories en
hedentyds) as straatname toegeken. Motivering vir die
Skandinawiese en Russiese naamgewing word gesoek in
die deelname van Skandinawiese en Russiese
vrywilligers aan die Anglo-Boereoorlog (1899-1902), en
die bewondering en heldeverering wat aan Boerekant vir
hierdie vrywilligers bestaan het.
Lees
nou verder...
Helena
Liebenberg
Soos dit algemene
talegebruik is, het Afrikaans wat uit 17e-eeuse
Nederlands ontwikkel het, ook meegedoen aan ontlening
waar daar ’n nuttige woord met passende betekenis in
’n bepaalde behoefte kon voorsien. Vanweë die noue
verbintenis met Oosterse lande tydens die VOC-tydperk
het ondermeer die volgende woorde met Maleis,
Maleis-Javaans of Maleis-Portugees as herkomstaal,
Afrikaans binnegekom: aia, amok, amper, baadjie,
baba, baklei, gekko, ghantang, ghoem, ghoema, ghoen,
ghoeroe, kapok, katel, katjiepiering, kramat, maai,
maaifoedie, moesoek, moses, nonna, nooi,
orangoetang, paaie, panga, pê, pondok, sambok,
sambreel, tamaai en toering. Al hierdie
woorde, asook dié wat verder in die artikel bespreek
word, is opgeneem in die Etimologiewoordeboek van
Afrikaans waar hulle ’n klein dog heel
interessante groep vorm.
Die volgende is
voorbeelde van Oosterse leengoed wat letterlik die
smaak- en reuksintuig prikkel: agar, agar-agar,
atjar, blatjang, bobotie, borrie, froetang, piesang,
sago, sambal en sosatie vir die proe,
en akkerwanie vir die ruik. Etlike van hierdie
woorde kom ook as gelyste invoergoedere voor in die
waardevolle VOC-dokumente wat in die Kaapse
Argiefbewaarplek berus, naamlik die Resolusies van
die Politieke Raad van die Kaap die Goeie Hoop
(1651–1795) (afgekort: RvdPR). Hierdie volledig
getranskribeerde C-reeks wat ’n onderdeel van die
wêreldwye Nederland-geïnisieerde en -gefinansierde
TANAP-program vorm, kan op die Internet by http://www.tanap.net
besoek word.
Lees nou verder...
Deur
Christo van Rensburg
Goeienaand, Dames en Here,
Dit is vir my
’n besondere geleentheid om hierdie eerste Fritz
Ponelis-gedenklesing aan te bied. Dankie hiervoor
aan die organiseerders. Ek wil u dan nou uitnooi om
saam met my vir ’n rukkie te fokus op enkele
wetenswaardighede van Afrikaans, en ook iets te
geniet van Fritz Ponelis se presiese analises, sy
insig in die taalomstandighede van die
Afrikaanssprekende mense te waardeer, en gelyktydig
kennis te neem van die diepgaande grondwerk wat hy
gelê het vir die beoefening van die Afrikaanse
taalkunde.
En dan wil ek
byvoeg: oor die groot verskeidenheid temas waaroor
hy gepubliseer het, ook in Engels en in Nederlands,
kan mens op ’n aand soos vanaand ongelukkig nooit
reg laat geskied nie.
En ’n tweede
toevoeging: hierdie afgeronde mens het hom ook nie
net op een vakterrein toegespits nie. Sy treffende
veelsydigheid was goed bekend. As student
byvoorbeeld, toe hulle dosent van daardie tyd, prof.
T. T. Cloete, met verlof was, het hy, die latere
bekroonde taalkundige, die betrokke dosent se
letterkundelesings waargeneem. Een van sy vroeë
publikasies het oor Lucebert gehandel. Aan die einde
van sy lewe het hy nog geesdriftig Frans geleer, en
as die nawerking van sy behandeling veeleisend begin
word het, het hy die ongemak op die bed gesit en
beveg, en Duitse en Franse gedigte wat hy van buite
geleer het, as sy eie terapie geresiteer.
Wat sy
taalkundewerk betref, wil ek begin deur te wys op
die werk wat in 1968 uit sy pen verskyn het, ’n werk
wat die fondasie gelê het om Ponelis se naam vir die
volgende dekades die bekendste onder die Afrikaanse
taalkundiges te maak: Grondtrekke van die
Afrikaanse sintaksis was daardie boek se
naam. Nuut, verwikkeld, kernagtig en stimulerend. Sy
individuele stempel het dié publikasie totaal anders
gemaak as ander studies oor Afrikaans. Hy het
verbluffende verbande tussen taalpatrone gelê, en
nuwe gevolgtrekkings oor die samehang van Afrikaans
se sintaktiese besonderhede gemaak. En hy was toe ’n
skrale 26 jaar oud. Talle ander publikasies sou
volg. Ek gaan nie sy indrukwekkende curriculum
vitae vanaand aan u voorhou nie. Genoeg
daarvan sal in elk geval verderaan ter sprake kom.
Lees
nou
verder...
CORDIS
TRUST-TOEKENNING VIR BUITENGEWONE
KULTUURBYDRAES IN AFRIKAANS –
2000-2010
Cordis – “uit die hart”
Cordis Trust het op Maandag, 11 Oktober 2010 tydens ’n
glansgeleentheid in die Pierneefteater, Pretoria die
eerste keer die ORDE VAN DIE GOUE PEN-toekenning
gemaak. Die oorkondes is oorhandig aan individue,
groepe en instansies wat aan die kriteria van die
toekenning voldoen het. Genomineerdes het oor die
afgelope tien jaar binne die kultuur-uitgangspunte van
die Trust, met toewyding en passie sonder eie gewin,
besonderse bydraes gelewer.
Die geleentheid is
bygewoon deur ongeveer tagtig genooide gaste en lede
van die pers. Dit was in alle opsigte ’n groot sukses
en ’n aand wat nog baie lank met genoegdoening onthou
sal word. Benewens dr. Fanie Marais wat die gaste
verwelkom en die oorkondes oorhandig het, het elke
ontvanger die geleentheid gekry om op te tree,
gekomplimenteer deur twee vrouestemme van die
Woordgilde en ’n kinderstem van KREATIV SA – almal se
bydraes het ’n treffende tafereel van enkelspraak,
samespraak en musiek tot gevolg gehad.
Baie dankie aan
Cordis Trust wat alles moontlik gemaak het.
Ontvangers van die Orde van die Goue
Pen
Die volgende individue
het hierdie toekenning ontvang: Johann de Jager
(Laingsburg) vir sy dekadeslange betrokkenheid by
Afrikaanse letterkunste as erkende skrywer/digter
plaaslik en oorsee, uitgewer en e-koeranteienaar;
Jopie Koen (Pretoria) vir haar bydrae tot die
teaterbedryf (vroeër by Die Teaterhuisie, tans by
Pierneefteater), as ’n stigterslid van Die Woordgilde
en digter; Helena Liebenberg (Bellville) vir haar
betrokkenheid by Afrikaans, o.a. as dosent,
taalpraktisyn, skrywer/digter, taalnavorser en
transkribeerder van argiefdokumente; Myra Lochner
(George), ’n opgeleide maatskaplike werker wat deur
haar inisiatief, KREATIV SA, ’n skeppende bydrae lewer
as skrywer/digter, uitgewer van o.a. digbundels ,
asook slypskole ter bevordering van kreatiwiteit; Gert
Opperman (Pretoria), HUB van die Voortrekkermonument
en Erfenisstigting, vir sy uitmuntende bydrae ter
bevordering van die Afrikaner se kultuurerfenis en
taal; Jaco van der Merwe (Bellville), argivaris by die
Kaapstadse Argiefbewaarplek, vir die aanwending van sy
besondere argivale kennis om sy liefde vir ons
dokumentêre erfenis, geskiedenis en taal oor te dra
aan o.a. groot getalle besoekers, navorsers en
leerlinge aan die Kaapse Argief, en ook om gratis
genealogiekursusse daar aan te bied.
V.l.n.r.:
Jannie
du Toit, Christa Steyn, Jopie Koen, Carel Trichardt,
Petru Wessels,
Helena Liebenberg, Jaco
van der Merwe, Myra Lochner en Org Naudé (Kreativ
SA), en Gert Opperman.
Twee groepe is benoem,
naamlik die bekende Afrikaanse liedjieskrywer Jannie
du Toit (Johannesburg) en komponis/begeleier Christa
Steyn (Pretoria) wat onderskeidelik ook optree as
sanger en musiekverwerker. Carel Trichardt en Petru
Wessels (Pretoria) lewer ’n besondere bydrae tot die
Afrikaanse toneel, het Die Teaterhuisie bestuur, tree
op in rolprente, doen radio- en TV-werk, en is steeds
besig om deur woordprogramme Afrikaanse letterkunde te
bevorder. Die twee instansies wat benoem is, is Die
Woordgilde (Pretoria) wat ’n merkwaardige bydrae lewer
ter bevordering van die Afrikaanse digkuns, en KREATIV
SA (George) wat o.a. plaaslike en internasionale
publikasies van digkuns en prosa die lig laat sien.
Ontstaan van Cordis
Trust
Cordis Trust is in
2000 as ’n Artikel 18A-liefdadigheidsorganisasie
gestig, met kapitaal verskaf deur die oprigter, dr.
Fanie Marais wat as fasiliteerder met persoonlike
betrokkenheid sekere lewensdoelwitte nastreef, deur
mense in nood te help en medewerkers te ondersteun tot
betekenisvolle resultate.
Cordis Trust het
ontstaan uit die Mardene Marais-gedenkbeurs vir
skeppende Afrikaans en eer die nagedagtenis van ’n
dogter van dr. Marais wat die beginsels van die Trust voluit geleef het. Dit het gelei tot
jarelange borgskap, aanvanklik persoonlik van 1990 tot
2000 en daarna tot 2005 deur Cordis Trust vir
kreatiewe Afrikaans aan die voormalige Randse
Afrikaanse Universiteit (tans UJ).
Cordis Trust in
simbiose met ontvangers
Die werksaamhede van
Cordis Trust kan breedweg in deernisprojekte,
Afrikaanse kultuurbevordering (skryf- en digkuns,
drama, sang en erfenisbehoud) en Koninkryk-uitbreiding
(Bybel-media en Christelike Lektuurfonds) verdeel
word. Die projekte oor die afgelope tien jaar het
hoofsaaklik in die Pretoria-omgewing en Wes-Kaapland
gesentreer.
Dr. Marais se
persoonlike dryfkrag om medewerkers te vind, hulle by
te staan, en in hulle te glo en aan te moedig, het
ontstaan uit die sentiment om eie drome te leef deur
ander te help om hul eie drome te leef.
Die Trust se
deernis- en opheffingsprojekte, tans ongeveer 50 per
jaar, wissel van direkte voedingshulp tot sielkundige
ondersteuning. Die boodskap is: “Ons gee om en kan nie
die hele wêreld verander nie, maar wel een mens in
nood op ’n keer.”
Wat Afrikaanse
kultuurbevordering betref, is Cordis Trust ’n
onontbeerlike ondersteuningsvennoot van onder andere
Pierneefteater in Pretoria, wat ruim voorsiening maak
vir bywoning en optredes van gestremdes (Cordis se Ten
Spyte Van-program), bejaardes, kinders en opkomende
kunstenaars, wat nie toegang tot fasiliteite het nie.
Verder ondersteun Cordis Trust
Die Woordgilde, wat reeds meer as 20 jaar bestaan, om
digbundels te publiseer. Digters landswyd is lede van
die gilde en verkry blootstelling deur hierdie
publikasies.
Die Trust is ook
betrokke by KREATIV SA te George, waar Myra Lochner,
’n maatskaplike werker met ’n sterk deernisaanslag,
Afrikaanse skryf- en digkuns bevorder via die
internet, vertalings doen in Engels, internasionale
publikasies die lig laat sien, asook die plaaslike
slypskole inisieer en aanbied. Tydens internasionale
kompetisies wat aanvanklik deur Cordis geborg is, word
bydraes weer in Afrikaans vertaal en sodoende vind
wedersydse blootstelling plaas.
Vanweë dr. Marais se
betrokkenheid by die Tracing History Trust as trustee
saam met Helena Liebenberg, het Cordis Trust fondse
bewillig vir die fotografering van VOC-argiefmateriaal
wat in die Nationaal Archief, Den Haag gehuisves word,
maar in die Kaapstadse Argief ontbreek, asook die
plaaslike transkribering en verdere digitalisering
daarvan. Hierdie en verwante argiefmateriaal vorm deel
van die gedokumenteerde erfenisskat wat elke aspek van
die Kaapse samelewing, kultuur en geskiedenis belig,
en verder verryk word met talle voorbeelde van
Afrikaans as taal in wording. Die dokumente is ook ’n
ongeëwenaarde bron vir familienavorsing.
KREATIV SA se gas, Aneka
Bellingan,
dr. Fanie Marais en Myra Lochner
___________________________________________________
Uitgereik deur Cordis Trust, Posbus 73592,
Lynnwoodrif, 0040
Navre aan SJ Marais 0836565816, Faks
012-8092839
faniemarais @discoverymail.co.za
(Bygewerk deur Helena Liebenberg, 1 November
2010)
Dutch,
Afrikaans and the Inventories
by Helena Liebenberg
TEPC
editor 2004-2008
Present day Dutch and Afrikaans are
sister languages which developed from 17th century
Dutch. Although the speakers of these two languages
have been separated for more than 350 years, the
languages still share about 85-90% of their
vocabulary. Apart from the fact that a few but
important grammatical changes took place in Afrikaans
over three centuries, it is still closely related to
modern Standard Dutch. Numerous examples of some of
these changes are evident in the language used in the
inventories, especially in those documents that were
compiled by ordinary people.
A very good, if not excellent,
knowledge of Afrikaans and/or Dutch is needed when
transcribing these 17th century documents. Even though
so many words are familiar to Afrikaans-speakers, it
is sometimes quite difficult to find a meaningful way
out of a jungle of obsolete words, or words written as
they were heard by the scribes in the service of the
VOC at the Cape. The important role played by scribes
coming from all over the then Low Countries, including
the adjacent German-speaking regions, is evident from
the type of spelling and other linguistic errors they
made when recording household goods in the
inventories. The writing and spelling abilities of the
scribes and of ordinary people living in remote areas
of the Cape colony come under the spotlight when one
has to establish the correct spelling of a word to
determine its meaning. Folk etymology is sometimes
quite amusing: a burgher of Swellendam wrote rysdaadels (literally meaning
rice dates) instead of ryksdaalders
(rixdollars), while another addressed an official of
the Orphan Chamber as Cekkertarel
Remkam instead of Secretaris
Rönnenkamp.
Many of the Dutch words appearing in
the inventories either became obsolete in Afrikaans or
were never part of its vocabulary. Through the years
many household items were replaced by other objects
with different functions. The Dutch word hakmes (chopping
knife) was replaced in Afrikaans by kapmes, and the verb hak is seldom heard or used,
except in the idiomatic expression die
knoop deurhak (cut the knot). The
Dutch living in the East Indies used a boekeknaap (literally meaning
a young boy carrying books), which was a small table
or similar piece of furniture for holding books. In
the Cape the Staten-Bijbel
(large family Bible) or Bijbel in
folio (folio-sized Bible) was often
placed on the boekeknaap.
The Dutch compounds beugeltas
(bag with a metal ring carried by women), glazenspuit (water hose to
clean the windows) and vuurmand
(drying frame for nappies), which appeared in many
inventories during the earlier years of the
settlement, were eventually replaced by new names for
new objects.
Not so long ago, the following items
were in use, while in some instances their modern
counterparts can still be found in our households: komfoor (Afrikaans konfoor, English dish-warmer,
an old-fashioned hotplate!), naaimachine
(sewing-machine), wastafel
(washing-stand), tondeldoos
(Afrikaans tonteldoos,
English tinderbox with flint and lighter), vliegenkastje (Afrikaans vlieëkas, English fly-box, a
small box with wire-gauze to protect food from
flies), klaptafel
(drop-table, Pembroke table) and stoof
met test (stove with fire-pan or
chafing dish).
Many dialect words that are now
obsolete or archaic in Dutch found a safe haven in
Afrikaans, for example speek
(spoke), vleijs (meat)
and blom (flower).
Some grammatical processes may also be attributed to
the influence of Dutch dialects, such as the
derivation of Afrikaans diminutives, for example glaase peerties (small glass
pears), rakkie (small
shelf) and pompies
(small pumps) which may apparently be ascribed to a
dialect spoken near Amsterdam.
The VOC ships and their crews also
made a special contribution to Afrikaans by coming
ashore with words such as combuijs
(a ship’s galley), combaars
(blanket) and kooij
(bed). The combuijs
was a very small area on deck where the cook and his
mate had to prepare meals. It was the only word used
by Jan Van Riebeeck in his Daghregister
(diary) to refer to a kitchen in general, and it even
appeared in the predesigned plan of the Fort of Good
Hope, built in 1652. Combuijs
was used in nearly all the inventories where the rooms
were listed, and today it is still the only word in
Afrikaans to name that very special place where the
family may gather at the combuijs
tavel.
When Dutch speakers arrived at the
Cape they had to create new words to answer to the
needs of their new environment with its indigenous
peoples, animals, plants and places. Words such as tijgerboscat (serval) and hartebeest originated in
Afrikaans. During the early years of the settlement
wooden furniture was either imported from Europe or
the East and words such as mahonij
(mahogony), jatij
(Afrikaans kiaat,
English teak), slangenhout
(serpentine wood) and amboyna
(a derivation of the place-name Ambon/Amboina in the
Far East, perhaps English imbuia?) found their way
into the households at the Cape and therefore also
into the inventories of the deceased. After a few
years newly created words, mainly compounds, depicting
an exciting variety of indigenous wood species crop up
in the lists of inventoried items: geelhout
(yellow-wood), stinkhout
(stinkwood), swarthout
(blackwood), (wit)elsehout
(white alder), wageboomshout
(waboom, Protea Nitida) and ijserhout
(ironwood/wild-olive).
A few words were borrowed from the
Khoi, for example dagha
(wild hemp) and buchu.
In 1658 Jan van Riebeeck mentioned dacha
in his Daghregister.
The Khoi compound daxa-b
‘green tobacco’ was derived from a word borrowed from
Arabic, which is an indication of contact between
these groups. The word boegoe
recorded by Wikar in 1779 is the first spelling form
that corresponds with Afrikaans. The following Khoi
variants were also recorded: boggoa,
puchu, bouchou, bochu, pucku, bugga, buku and
buchu.
A small number of words borrowed
from languages spoken in the Far East became part and
parcel of Afrikaans, such as atchar
(Afrikaans atjar,
English achar), baatje
(jacket), blatjang
(chutney), bobotij, bori-borie, borrie (turmeric,
Indian saffron), piering
(saucer) and piesang
(banana).
After the English took power in the
late 18th century a few English words entered the
inventories, for example spencer,
podding (pudding), dissert leepels (dessert
spoons) and zet blaauw thégoed
(blue tea-set).
Many place names appear in the
inventories. Nearly every document contains an estate
name (house, homestead or farm) and the district where
it was situated. Most of the place names are of Dutch
and Khoi origin, for example Tijgerbergen,
Wagenmakersvalleij, Roode Sand and Cango, Namakwa,
Outenikwa respectively.
Since it was customary to name a slave according to
his or her presumed place of origin (usually the place
where the slave was last shipped from), there are also
a large number of place names mainly from the Far East
(for example, Ternate,
Boegies and Java) and Africa (Rio de la Goa, Angola and Guinea). One of the slaves
was called Piet van Tarrentaal,
the latter being a corruption of Terra
de Natalia, a Portuguese place name
that was eventually shortened to Natal. Afrikaans tarentaal (guinea-fowl) is a
derivation of this Portuguese place name.
Many household items were imported
from the East or Europe. Adjectives derived from place
names indicated the places where the objects came
from, for example Sinees
(Chinese) and Indiase
(Indian), Lijdse (from
Leiden), Keulse (from
Cologne) and IJslandse
(Icelandic). Large quantities of beautiful textiles
were imported from the Far East. Armosijn
was a type of textile originating from Ormuz, Persia;
it was also the name of one of the best-known slave
women, Armosijn van de Caab. While the entry Persiaensse rosewater flessen
(Persian rose water flasks) speaks for itself, Eau de la Reine (water of the
Rhine), and its many spelling variations, needs some
explanation. The name of the river Rheine (in
German) and Rhijn (in Dutch) was spelt
incorrectly by most of the scribes, perhaps because it
is similar to French reine
(queen).
The inventories were signed by many
people: Orphan Chamber officials, witnesses, and
family or friends of the deceased. The signatures are
of great importance for genealogical research.
Sometimes the original pronunciation is reflected in
the way the people spelt their forename(s) and
surnames. In the case of French and German forenames
and surnames there is often a discrepancy between the
signature by the person him/herself and the spelling
used by the official in the introductory paragraph of
the inventory or somewhere else in the document. For
example, Beatrix Olivier signed her name as Beijatrix Olivier (1740),
which corresponds quite well with the spelling of
Beatrix Rust’s name as Beyaderiks
(1830) nearly a century later: both forms resemble the
Dutch/French pronunciation pattern. (At present the
English pronunciation seems to be our norm.) Something
similar happened to surnames, for instance where Estreaux was turned into Esterhuisen while Lécrivain/Lecrivent was
changed by folk etymology to Lekkerwyn.
In a number of German surnames minor phonetic changes
took place, for example where Roest
became Roets. In other
cases the difference is quite remarkable, for example
Johann Heinrich Bebler
becoming Jan Hendrik Pepler
and Wilhelm Holtzhausen
changed to Willem Houthuis.
Only a few nicknames were recorded, for instance, a
farmer who probably had a rather dark complexion was
called swarte Prinsloo
and farmer Jan Muller who was actually Johannes Müller
of German descent was also known as Jan de Moff.
From a linguistic perspective the
inventories are a gem of great value. The evidence
revealed by the contents of these documents should
shed some new light on the development of Afrikaans
from 17th century Dutch.
According
to the Treatise on the Orphan Chamber for His
Majesty’s Commissioners, the oldest document of the
Orphan Chamber was an inventory, dated 15th June,
1673, in the estate of Dirk Verwey deceased and his
spouse Tryntje Theunisz. (see image below).
Probably this inventory was lost before the book
was bound, because the first inventory in this MOOC
series is one dated 20th October 1673, of the estate
of Francois Chamfelaer. He and other burghers had
recently been murdered by “Hottentots” (see TANAP,
Activities, Documents, Inventories MOOC8/1.1 for the
transcribed version):
(For further information visit the
TANAP website: http://www.tanap.net)
deur Daniel Hugo
Uitvoerende Direkteur
Huis der Nederlanden
Op Saterdag 12 Julie het Daniel Hugo by
die HdN ’n praatjie gehou oor sy ervarings as
vertaler uit Nederlands. Hy het ook aandag gegee aan
die stormagtige verhouding tussen Nederlands en
Afrikaans die afgelope halfeeu. By dieselfde
geleentheid is sy vertaling van Tom Lanoye se
kortverhale bekendgestel. Dit is deur Protea
Boekhuis uitgegee onder die titel ’n
Slagterseun met ’n brilletjie.
Sedert
menseheugenis – dit wil sê vandat ek kon lees – het
daar in my ouerhuis ’n geraamde spreuk gehang. Op
swart satyn in goud geborduur het daar gestaan:
“Gezelligheid kent geen tijd”. Dit was ’n geskenk uit
Nederland van my pa se broer wat in die vyftigerjare
klassieke tale aan die Universiteit van Utrecht
gestudeer het. Dit was my heel eerste kennismaking met
Nederlands. Al kon ek die betekenis onmiddellik snap,
was die spelling, die grammatika en die lewenshouding
van dié swierige woorde vir my vreemd.
In
Afrikaans sou dié spreuk só klink: “Geselligheid ken
nie tyd nie”, of idiomatieser: “Geselligheid steur hom
nie aan tyd nie”. Maar met die Afrikaanse dubbele
negatief gaan die bondige trefkrag van dié rymende
spreuk verlore. Dat hierdie einste dubbele negatief my
jare later as vertaler dikwels ’n skeelhoofpyn sou
besorg, kon ek tóé natuurlik nie weet nie. En wat
daardie so kernagtig geformuleerde lewenshouding
betref: In die geroetineerde Gereformeerde pastorie
waarin ek grootgeword het, was daar beslis nie veel
tyd vir geselligheid nie. Baie jare later eers sou ek
besef dat hierdie spreuk sy oorsprong heel waarskynlik
in die gemoedelike, Katolieke suide van die Lae Lande
moes gehad het, eerder as in die Calvinistiese,
strenge noorde. Ek weet dat ek my hier aan
ongeoorloofde stereotipering skuldig maak, maar ek sal
dit later nuanseer.
My
eerste bewuste kennismaking met die Nederlandse
literatuur was in die jaar 1964. Ek was toe nege jaar
oud en die boek was die Afrikaanse vertaling van die
Vlaamse skrywer Leopold Vermeiren se Die Rooi Ridder. Dit begin
só: “Die silwer klanke van die trompette sny deur die
môrelug. Die swaar valbrug word neergelaat oor die
breë kasteelgrag, en die jong Oerold, groot en sterk,
ry op sy pikswart perd deur die poort. Hy hou ’n
oomblik die teuels in. In die ooste lê die son nog
jonk en rooi, suidwaarts strek die vrugbare lae
polderland, en in die weste, anderkant die rivier wat
die hele laagland in twee sny, lê die geweldige groot
Dagonwoud.” Dae lank het dié adjektiefryke Middeleeuse
wêreld my geboei – dáár in die afgeleë, snikhete, droë
Namibië waar ek opgegroei het. Per kerende pos het ek
aangesluit by die “Orde van die Rooi Ridder” – die
skrik van die wrede kasteelhere, maar die vriend en
beskermer van die armes. Ek het ook die res van die
reeks verslind, met my lapelwapentjie (’n eiketakkie
met drie akkers) trots op my bors vasgesteek. Totdat
die reeks abrup en sonder verduideliking in die middel
van die Rooi Ridder se avonture as Kruisvaarder
onderbreek is. Vir al wat ek weet dool hy nog altyd in
Palestina rond en hunker hy vol heimwee terug na
België!
In
die “Ou Suid-Afrika”, waarvan Namibië (oftewel
Suidwes-Afrika) deel uitgemaak het,
moes hoërskoolleerlinge ’n Nederlandse boek
lees as deel van die vak Afrikaans. Ons voorgeskrewe
boek in die vroeë sewentigerjare was Aart van der
Leeuw se De kleine Rudolf.
Van die verhaal onthou ek byna niks meer nie. Veel
Nederlands het dit my ook nie geleer nie, omdat ons
onderwyser die boek al voorlesende in Afrikaans
vertaal het. Die literatuurhistorikus G.P.M. Knuvelder
slaan die styl van hierdie boek nogal hoog aan: “…
onder de pen van deze auteur gaat ook de taal bloeien,
krijgen de woorden klank en kleur, dragen de zinnen
zich voort op een bekoorlijk ritme”. Van dié klank,
kleur en ritme het ons uiteraard niks gemerk nie. Die
onderwyser het nooit ’n woordeboek geraadpleeg nie, en
was sekerlik ook onbewus van die tallose valse vriende
tussen Afrikaans en Nederlands. Ek is heeltemal
daarvan oortuig dat hy op dié manier ’n alternatiewe
verhaal geskep het. Vandag sou ’n mens dit seker ’n
postmodernistiese leesstrategie kon noem.
Dit
was eers aan die Universiteit van Stellenbosch dat ek
werklik met die Nederlandse letterkunde kennis gemaak
het – in lesings aangebied deur professore wat in
Nederland gestudeer het in die dae van onbelemmerde
kulturele uitwisseling. Die bekendste van hulle was
ongetwyfeld prof. W.E.G. Louw, die digter en broer van
N.P. van Wyk Louw. Hy het vanaf 1935 tot 1939 aan die
Gemeentelijke Universiteit van Amsterdam gestudeer en
het perfekte Nederlands gepraat.
’n
Mens kan nie oor die kontak en wisselwerking tussen
Afrikaans en Nederlands praat, sonder om na die
kulturele verdrae tussen Suid-Afrika en die Lae Lande
te verwys nie. Die akkoord tussen Suid-Afrika en
Nederland is in 1951 onderteken, en dié tussen
Suid-Afrika en België in 1954 – die jaar voor my
geboorte. Dit het voorsiening gemaak vir groter
samewerking op geestelike, artistieke, wetenskaplike,
opvoedkundige en tegniese gebied. In die jare sewentig
en tagtig het die akkoord egter ’n stormagtige tyd
binnegegaan wat gekenmerk is deur vervreemding,
antagonisme en selfs by tye ’n openlike vyandigheid –
veral tussen Nederlanders en Afrikaners. Die ANC en
die Anti-Apartheidsbeweging Nederland (AABN) het ’n
voortgaande veldtog gevoer teen die wyse waarop die
bepalings van die verdrag uitgevoer is. Die
Nederlandse regering het gevolglik in 1977 besluit om
die verdrag te bevries. In 1981 is dit offisieel
opgesê. Die Belgiese regering het eweneens in 1977 die
kulturele akkoord met Suid-Afrika opgeskort, hoewel
dit nooit volledig opgesê is nie. Dit het ’n einde
gemaak aan die kulturele en wetenskaplike samewerking
tussen die betrokke regerings. Wel het daar nog
beperkte kontak bestaan tussen die universiteite,
uitgewers en ander instansies.
Hoewel
die Nederlandse taal- en letterkunde gedurende die
tagtigerjare nog aan al die universiteite onderrig is,
het Nederlands geweldig veld verloor in Suid-Afrika.
Nederlands het vir Afrikaanssprekendes ’n vreemde taal
geword. In die jare wat Suid-Afrika kultureel deur die
Lae Lande geboikot is, was daar egter nooit ’n gebrek
aan leesstof, televisiemateriaal en musiek uit die VSA
nie. Min Suid-Afrikaanse studente het in die
boikotjare die geleentheid gehad om in Nederland en
Vlaandere te studeer. Hulle het wel ’n heenkome in
Brittanje of die VSA gevind. Die
verengelsingingsproses van die Suid-Afrikaanse
samelewing is ongetwyfeld deur die verbreking van die
bande met die Lae Lande verhaas, hoewel dit nie die
enigste of selfs belangrikste rede was nie.
Nederlandse
boeke was moeilik bekombaar in Suid-Afrika. Die
Suid-Afrikaanse uitgewer Human & Rousseau se reeks
“Literatuur van die Lae Lande” wat op die
universiteitsmark gerig was, is in die laat
tagtigerjare gestaak weens ’n afname van
studentegetalle in die kursusse Nederlandse
Letterkunde. (Terloops,
omrede die kulturele boikot het dié reeks opvallende
leemtes ten opsigte van moderne outeurs vertoon. Louis
Paul Boon, Harry Mulisch, Jan Wolkers, J. Bernlef,
Cees Noteboom, om slegs enkeles te noem, het geweier
om opgeneem te word. Mense soos W.F. Hermans, Gerard
Reve, Hugo Claus, Hella Haasse en Hubert Lampo het
hulle egter nie laat intimideer nie en kom almal in
die reeks voor.)
In
1994 het Suid-Afrika ’n ware demokrasie geword en is
alle boikotte teen die land opgehef. Ondanks die
ondertekening van ’n nuwe kulturele verdrag op 30
September 1996 met Nederland en op 28 Oktober 1996 met
Vlaandere is daar nog steeds bitter min Nederlandse
publikasies in boekwinkels en openbare biblioteke
beskikbaar. Universiteitsbiblioteke het in die meeste
gevalle ’n afdeling Nederlandse literatuur, asook
taal- en letterkunde. Hoe gereeld dit nog aangevul
word, is wel ’n vraag. In Kaapstad is daar ’n goeie
Nederlandse biblioteek wat gehuisves is in die Huis
der Nederlanden. Daar word selfs beweer dat dit die
grootste versameling Nederlandstalige boeke in die
suidelike halfrond is! Maar dit is net bereikbaar vir
mense in die Kaapse Skiereiland en die Boland. Die
televisiestasie BVN (Beste van Vlaandere en Nederland)
kan op Suid-Afrika se satelliet-betaalkanaal (DSTV)
opgevang word. Nederlandse en Vlaamse skrywers, dans-
en teatergroepe besoek die Suid-Afrikaanse
kunstefeeste van tyd tot tyd. So ook Herman van Veen,
Stef Bos en Dana Winner. En dit is omtrent die
somtotaal van die Lae Lande se nie-akademiese,
kulturele penetrasie in Suid-Afrika. Ten opsigte van
akademiese kontak speel die Nederlandse Taalunie ’n
belangrike rol. Verder het sowel Nederland as
Vlaandere ’n Fonds vir die subsidiëring van
vertalings. Daarsonder sou nie ’n enkele boek uit die
Lae Lande in Afrikaans vertaal kon word nie, aangesien
die plaaslike uitgewers nie die risiko van ’n
potensieel swak verkoper wil loop nie.
Maar
nou weer terug na die boikotjare. Ondanks die
offisiële opskorting van die kulturele betrekkinge
tussen België en Suid-Afrika is ek toegelaat om in
1983 aan die Katholieke Universiteit van Leuven te
studeer. Ek was destyds ’n lektor in die Afrikaanse en
Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van die
Vrystaat, en daar het ’n informele skakeling tussen
die twee universiteite bestaan. Een van die
hoogtepunte vir my daardie jaar was die Antwerpse
Boekebeurs, “Het andere boek”,
waar ek die pas vrygelate Breyten Breytenbach in ’n
vraaggesprek sien optree het. (Breytenbach is die
voorafgaande sewe jaar in gevangenisse in Suid-Afrika
aangehou weens beweerde “terroristiese bedrywighede”.)
Die gespreksleier was die digter en joernalis Herman
de Coninck. By dieselfde boekebeurs het ’n baie jong,
bekkige en rebelse Tom Lanoye sy gedigte “perform”.
Nooit
het ek tóé kon dink dat ek twaalf jaar later Herman de
Coninck én Tom Lanoye in Afrikaans sou vertaal nie. Ná
hierdie twee Vlaminge het ek ook die Nederlanders
Herman van Veen, Harry Mulisch, Gerrit Komrij en Karel
Glastra Van Loon vertaal. En ter wille van die
Noord-Suid-balans toe weer ’n Vlaming: David van
Reybrouck. Met die uitsondering van Mulisch het al dié
skrywers Suid-Afrika met die bekendstelling van die
vertalings besoek. Intussen het ook Antjie Krog,
Abraham H. de Vries en Hennie van Coller tekste van
Tom Lanoye, Henk van Woerden, Adriaan van Dis en Luuk
Gruwez in Afrikaans oorgesit.
Maar
is dit hoegenaamd nodig om vanuit Nederlands in
Afrikaans te vertaal? Die tale is tog wedersyds
verstaanbaar, hoor ’n mens dikwels. Veral die
Afrikaanse leser behoort sonder veel moeite ’n
Nederlandse teks te kan lees, omdat Nederlands glo die
grootste deel van die Afrikaanssprekende se historiese
taalbewussyn uitmaak. Ongelukkig het hierdie
romantiese opvatting weinig met die werklikheid te
doen. Die lees- en begripsversperrings wat die
Nederlandse taal vir Afrikaanse lesers oplewer, is
legio. Ek noem enkele van dié slaggate.
1. Nederlands het ’n groter
aktiewe woordeskat as Afrikaans, onder meer as gevolg
van die verskille tussen “Noord-Nederlands” en
“Suid-Nederlands” of “Vlaams”.
2. Identiese woorde en
uitdrukkings het dikwels verskillende en selfs
teenoorgestelde betekenisse in die twee tale – die
sogenaamde valse vriende. (“Afrikaanse literatuur”
beteken in Nederlands “literatuur van Afrika”; in
Afrikaans is dit “literatuur in die taal Afrikaans”.
Andersins praat ons van “Afrika-literatuur”. Die
Afrikaanse woord “vaak” beteken “slaperig”, soos in
“Klaas Vaak”; die Nederlandse “vaak” is “dikwels” in
Afrikaans. Die woord “aardig” beteken in Nederlands
“aangenaam”; in Afrikaans beteken dit “onaangenaam”.
Enso-eindeloos-voort.)
3. Al vorm Nederlands die
fonologiese, leksikale en sintaktiese basis van
Afrikaans, het ons taal ander inheemse én uitheemse
invloede ondergaan – onder meer van Maleisies, Khoi,
die Nguni- en Sotho-tale. Daarom sê ons in Afrikaans
“baie” (Maleisies) in plaas van “veel” of “zeer”,
“kierie” (Khoi) in plaas van “staf”, “gramadoelas”
(Nguni) in plaas van “rimboe”. Die genoemde
Nederlandse woorde klink vir die Afrikaanse oor óf
vreemd óf argaïes. Die grootste invloed gaan egter van
Engels uit, wat Afrikaans tot in sy idiomatiese,
Dietse kern aantas. Die anglisering van Afrikaans is
’n voortgaande, skynbaar onkeerbare proses. Die
Nederlandssprekendes leen ook al te graag uit Engels,
maar dit is beperk tot die woordeskat – die idioom van
die taal bly onaangetas.
4. Afrikaanse lesers herken
selde die Nederlandse imperfek, omdat Afrikaans nie
die onvoltooide verlede tyd het nie. (Afrikaans ken
slegs die perfek, behalwe in die geval van enkele
hulpwerkwoorde: is – was, wil – wou, sal – sou, kan –
kon, het – had.) En die imperfek is die normale tyd
waarin die meeste Nederlandse literêre tekste geskryf
word. In Afrikaans is die normale verteltyd die
historiese presens, omdat die “het ge-” van die
voltooide verlede tyd so lomp is.
5. Of “ze/zij” op “hulle”
(meervoud) of “sy” (enkelvoud, vroulik) dui, kan
alleen afgelei word van die werkwoordsvorm. Aangesien
Afrikaanse werkwoorde nie vervoeg nie, ontgaan die
betekenis van so ’n sin die meeste Afrikaanse lesers.
(Met ander woorde: zij zijn/waren = hulle is/was; zij
is/was = sy is/was.)
6. Daar is talle Nederlandse
idiome en uitdrukkings wat glad nie in Afrikaans
voorkom nie. (Omgekeerd uiteraard ook.)
7. Daar bestaan geen
omvattende vertalende woordeboek vir die twee tale
nie. En selfs al verskyn daar hopelik binnekort so
een, sal dit die leser in die geval van skynbaar
bekende woorde nie help nie. Die aard van valse
vriende is juis dat hulle nie as sodanig herkenbaar is
nie!
As
’n Afrikaanse leser toegang wil kry tot die ryk
Nederlandse literatuur moet dit noodsaaklikerwys
geskied deur middel van ’n vertaling. Selfs al was
Nederlandse boeke vryer beskikbaar in Suid-Afrika, sou
dit in ’n groot mate onleesbaar bly vir die gewone
leser. Dit is die droewige realiteit.
Ons
dra wedersyds skuld aan die vervreemding tussen
Afrikaans en Nederlands – die Afrikaner met sy
onvergeeflike Apartheidspolitiek en die
Nederlandstaliges met hulle kontra-produktiewe
kulturele boikot. Maar dié ongelukkige toestande lê al
byna ’n dekade in die verlede. Die grense is nou wawyd
oop – selfs al kos ’n Schengen-visum deesdae 60 euro!
“Gezelligheid
kent geen tijd” sê die Nederlandse spreuk. En ná my
jaarlange studieverblyf in Leuven was ek daarvan
oortuig dat hierdie lewensmotto sy oorsprong in
nonchalante, gemoedelike Vlaandere gehad het. Maar hoe
misleidend stereotipering kan wees, het ek ook in
Vlaandere uitgevind. ’n Paar jaar gelede woon ek ’n
vertalerswerkswinkel by wat deur die Nederlandse
Taalunie georganiseer is en wat in Nederland én België
plaasgevind het. In ’n lesing oor die kultuurverskille
tussen Noord en Suid beweer die spreker dat
Nederlanders absolute stiptelikheid van ’n mens
verwag. Maar as jy in Vlaandere na iemand se huis
genooi word en jy klop betyds aan, is die huismense
heeltemal onkant betrap. Die gasheer het dan nog sy
pantoffels aan en die gasvrou staan in haar voorskoot
voor die stoof. In Vlaandere is dit goeie maniere om
ten minste ’n halfuur laat te wees, verseker daardie
kultuurkenner ons. Tydens die Belgiese been van die
werkswinkels word ek vir aandete uitgenooi na die huis
van die radioman Jean-Pierre Rondas. Die afgespreekte
tyd is sewe uur. Met my nuutgevonde kennis sit ek op
die Concience-plein in Antwerpen en wag tot om half
agt voor ek aanlui. Mevrou Rondas maak die deur oop en
is baie verlig om my te sien – want Jean-Pierre ry al
’n halfuur lank op sy fiets rond op soek na my. Hy dag
ek het verdwaal!
Nou
wil ek vir u prakties demonstreer watter uitdagings
vertaalwerk uit Nederlands na Afrikaans skep. Dit is
die maklikste om dit aan die hand van gedigte te doen.
Die eerste voorbeeld kom uit my vertaling van ’n keuse
uit die Vlaming Herman de
Coninck se vroeë gedigte, wat in 1996 uitgegee is
onder die titel Liefde, miskien.
Ek lees eers die oorspronklike Nederlandse vers en dan
die Afrikaanse weergawe:
Middenin
de vlakte van juli
kwam
ik je tegen. Ik woon hier, zei je.
Ik
keek naar de bloemen. Ja, dat zie ik,
zei
ik, en waar leerde je de kunst
om
niet lang te duren? Ook hier, zei je.
Je
was lenig; en je woorden waren zo
doorschijnend,
ik kon je er helemaal
door
zien.
En
daar lag ik al in het gras
en
wat hield ik in mijn hand?
Een
oortje, waarin ik het lange woord
“lieveling”
uitgoot, zonder morsen.
En
nou die Afrikaans:
Midde
in die vlakte van Julie
kom
ek jou toe teë. Ek woon hier, sê jy.
Ek
kyk na die blomme. Ja, dit sien ek,
sê
ek, en waar leer jy die kuns
van
kortstondigheid? Ook hier, sê jy.
Jy
was lenig; en jou woorde was so
deurskynend,
ek kon jou heeltemal
deur
hulle sien.
En
daar lê ek toe in die gras
en
wat hou ek in my hand?
’n
Oortjie, waarin ek die lang woord
“lieweling”
uitgiet, sonder om te mors.
Die
opvallendste verskil tussen die twee tekste is dat die
eerste in die onvoltooide verlede tyd, die imperfek,
geskryf is; die tweede is in die teenwoordige tyd, die
presens. Ek hét al gewys op die lompheid van die
Afrikaanse verledetydsvorm, omdat ons slegs die
voltooide verlede tyd, die perfek, ken. Die eerste sin
van hierdie gedig moes streng gesproke só gelui het:
“Midde in die vlakte van Julie / het ek jou teëgekom.”
Ritmies is dit sonder energie of spankrag vanweë
daardie “het ge-”. Gelukkig is dit die aanvaarde
gebruik in Afrikaans om die teenwoordige tyd, die
sogenaamde historiese presens, te gebruik wanneer ’n
verhaal vertel word. Verder kan die verlede deur ’n
voegwoord soos “toe” aangedui word, wat ek toe ook
gedoen het: “Midde in die vlakte van Julie / kom ek
jou toe teë.”
In
die Nederlandse reëls is daar ’n herhaling van die
a-klank in die woorde “vlakte” / “kwam”. Hierdie
assonansie gaan in die Afrikaans verlore, maar word
vergoed deur die allitererende “toe” en “teë”. Die
vertaalde reëls boet dus nie aan klankrykheid in nie.
(Dit is ’n erkende beginsel in die vertaalkunde: vir
elke verlies moet daar gekompenseer word – en
verkieslik op dieselfde taalvlak, hetsy fonologies,
leksikaal, sintakties of metafories.)
Afrikaans
is, benewens die perfek, opgesaal met nog ’n lomp
konstruksie: die dubbele negatief. In De Coninck se
gedig loop die vertaler hom gelukkig net een maal in
’n negatiewe stelwyse vas: “en waar leerde je de kunst
/ om niet lang te duren?” – staan daar in die eerste
strofe. Die letterlike vertaling is ritmies
energieloos: “en waar leer jy die kuns / om nie lank
te duur nie?” Dit klink veel treffender as ’n mens die
negatiewe stelwyse omswaai na ’n positiewe: “en waar
leer jy die kuns / van kortstondigheid?” Die verlore
l-alliterasie van die oorspronklike (“leerde” /
“lang”) word vergoed deur die herhaling van die k in
“kuns” en “kortstondigheid”.
Tot
sover die Vlaamse voorbeeld. Die gedigte van die
Nederlander Gerrit Komrij het ’n bykomende uitdaging
gebied – ’n uitdaging op die terrein van die versvorm.
De Coninck se gedigte is redelik vry van vorm, selfs
ook as hy sonnette skryf. Daarenteen skryf Komrij
streng formele verse waarin hy die lettergrepe tel
sodat elke versreël presies ewe lank is. Verder rym sy
gedigte volgens ’n vaste patroon. Om van hierdie vorm
af te wyk sou vir enige ernstige vertaler
heiligskennis wees.
Sodra
’n mens lettergrepe begin tel, kom jy agter dat
Afrikaanse woorde meestal korter is as die Nederlandse
vanweë die talle en-uitgange in Nederlands. In
Afrikaans verloor ons dikwels ook ’n lettergreep deur
die wegval (elisie) van die tussenvokaliese konsonant.
(So word byvoorbeeld die tweelettergrepige “leder” én
“leger” die eenlettergrepige “leer” en “leër”.) En dit
besorg die vertaler baie gou ’n sillabiese kopseer.
Aan die ander kant het die dubbele negatief in
Afrikaans weer ’n lettergreep te veel tot gevolg – en
boonop een wat telkens aan die einde van die sin in
rymposisie beland!
Ter
opheldering van wat ek sopas gesê het, gee ek ’n
voorbeeld uit my vertaling van ’n keuse uit Gerrit
Komrij se gedigte. Dit is in 2005 deur Protea Boekhuis
gepubliseer as Die elektries gelaaide hand.
Die gedig “Contragewicht”
is ’n sonnet met ’n vaste rymskema en elkeen van die
14 versreëls het 10 lettergrepe met ’n jambiese
metrum. Die gedig bestaan dus uit presies 140
lettergrepe. Ek haal net die tweede strofe aan:
Want
waar ek heenga voel ik me niet thuis
En
waar ik tuis ben wil ik telkens weg.
De
grens wordt smal tussen geluk en kruis,
Steeds
minder denk ik wat ik hardop zeg.
Hierdie
strofe het drie struikelblokke gebied: die negatiewe
stelwyse, die rympatroon en die metrum. In die eerste
reël staan daar letterlik: “Want waarheen ek gaan,
voel ek nie tuis nie.” Só vertaal beslaan die reël
presies tien lettergrepe, maar die ritme haper en dit
is byna onmoontlik – in elk geval onwenslik – om op
daardie onbeklemtoonde “nie” aan die einde van die
reël te rym. Maar gelukkig kan ’n mens “nie tuis nie”
ook as “ontuis” weergee. Daarmee is een rymprobleem
sommer ook opgelos (in Afrikaans rym “tuis” ook op
“kruis”), maar nou kort die reël een sillabe. Dit is
maklik oplosbaar deur die stopwoordjie “daar” in te
voeg. En siedaar ’n volmaakte versreël: “Want waarheen
ek gaan, daar voel ek ontuis.” Nee, nie heeltemal
volmaak nie, want ek kon nie die jambiese metrum
nadoen nie: “Want wáár ik héénga vóél ik mé niet
thúís.” Ta tam / ta tam / ta tam / ta tam / ta tam.
Maar in dié opsig moes ek die stryd gewonne gee. Die
meeste moderne poësielesers is – gelukkig vir die
vertaler – skaars van die metrum bewus, dit wil sê van
die kunsmatige klempatroon wat onder die normale
spraakritme skuilgaan.
Die
rympatroon het in die vierde versreël nóg ’n strik
gestel: “zeg” rym daar op “weg”. In Afrikaans behoort
daar te staan: “Steeds minder dink ek wat ek hardop
sê.” Maar “sê” rym natuurlik nie op “weg” nie, daarom
moes ek dié reël heeltemal herskryf. Uiteindelik het
my vertaling soos volg geklink (let op dat ek die
jambiese metrum in ten minste reëls 2 en 3 kon behou):
Want
waarheen ek gaan, daar voel ek ontuis
En
as ek tuis is, wil ek gou weer weg.
Die
grens vervaag tussen geluk en kruis,
En
wat ek dink, klink in my mond oneg.
Die
vertaling vanuit een taal na ’n ander behels veel meer
as net taal- en vormkwessies. Daar is ook kultureke
aspekte wat moeilik of glad nie oorgedra kan word.
Soms moet vertalers noodgedwonge hulle toevlug neem
tot voetnote of verklarende aantekeninge. By die
vertaling van tekste uit die klassieke oudheid is dit
selfs onvermydelik. By moderne tekste sal die vertaler
eerder so onopsigtelik as moontlik verklarend probeer
vertaal, omdat voetnote en aantekeninge die
nie-akademiese leser kan afskrik. Dit is ’n saak
waaroor ’n mens uitgebreid sou kon uitwei. Ek volstaan
egter en sluit af met ’n enkele voorbeeld. Een van
Herman de Coninck se gedigte het ek soos volg vertaal.
Denkend aan vroeëre gedigte
Ons
was jonk, ons het die taal
soos
’n perd bestyg en uitdagend
oor
die velde gery, lasso’s
van
woorde geslinger na alles
wat
ons wou verower. O,
dit
was dolle roekelose ritte. Wees tog
maar
versigtig, het die kritici agter ons aan geroep.
En
saans het die taal nog gestaan en natril,
op
stal in ’n gedig, runnikend
van
heimwee na die maan
en
na die verste betekenisse.
In
die oorspronklike het daar in plaas van “die kritici”
’n persoonsnaam gestaan: “Kees Fens”. Fens was ’n baie
bekende en invloedryke Nederlandse literêre kritikus.
Dit sou egter onregverdig wees om te verwag dat die
deursnee Afrikaanse leser dit moet weet. Vandaar my
verklarende, voetnootlose vertaling: “die kritici”.
Bibliografie
Herman de Coninck: Liefde,
miskien – Uit die Nederlands vertaal deur Daniel
Hugo, Queillerie, Kaapstad, 1996.
Daniel Hugo: “Boeke-aanbod só vergroot”, Afrikaans Vandag, Junie 1997.
Daniel Hugo: “Nederlandse literatuur in
Afrikaanse vertaling”, Filter,
September 1998.
G.P.M. Knuvelder: Beknopt
handboek tot de geschiedenis der Nederlandse
letterkunde, sesde druk, Malmberg Den
Bosch, 1974.
Gerrit Komrij: Die
elektries gelaaide hand – Gedigte vertaal deur
Daniel Hugo, Protea Boekhuis,
Pretoria, 2005.
F.F.
Odendal
en R.H. Gouws: HAT – Verklarende
Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal,
vyfde uitgawe, Maskew Miller Longman, Kaapstad, 2005.
Otto
Terblanche:
Nederland en die Afrikaner: Gesprek
oor Apartheid, Universiteit van Port
Elizabeth, 1998.
Leopold
Vermeiren:
Die Rooi Ridder - Vertaal deur Elma
Hartman en Deon van den Heever,
Nasionale Boekhandel, Kaapstad, 1964.
Anton Prinsloo
Die herkoms van ’n klompie Afrikaanse
volksliedjies en spreekwoorde het mettertyd versluier
geraak toe veral die mondelinge oorlewering daarvan
gestaak is. Maar die herkoms van enkeles het onlangs
weer aan die lig gekom – en van die tergendste vrae
vir ’n taalnuuskierige opgelos.
Vanaand gaan die volkies koring sny
So wou iemand onlangs by my weet hoekom
die volkies dan in die aand gaan koring sny terwyl die
dag soveel beter (en dikwels ook warmer) is. Daarby
wil hy weet hoekom die geliefde dan onlogies (en
ongemaklik) aan ’n bitterbessiebos hang. Dié vraag hou
talle mense al lankal besig, en toe laat weet mnr.
Pieter Fourie van Bloemfontein vir my dat hy lank
gelede in ’n radioprogram die volgende verklaring
daarvan gehoor het:
‘Toentertyd, voor meganisasie, toe daar
nog met sekels in die Wes-Kaap koring gesny is, het
die werkers (toe volkies genoem) elkeen ’n
vak gekry om in oestyd af te sny. Om die koring betyds
van die lande af te kry, is daar soms saans koring
gesny by die lig van lanterns op lang stokke wat in
die grond gesteek is. Om die volkies aan te moedig om
nie te laat slap lê nie en klaar te maak voordat dit
dou, is ’n bottel vuurwater op die oorkantse punt van
die koringland aan ’n bitterbessiebos gehang en die
eerste een wie se vak klaar gesny is, kon dié bottel
kry.
‘Nou, terwyl die volkies gesny het, het
hulle spontaan gesing, en ook hulle eie liedjies
gemaak. Toe die groot dors hulle naderhand vat, begin
hulle die bottel vuurwater, wat daar aan die einde van
die land aan ’n bitterbessiebos wag, “my geliefde”
noem. Dit verklaar die woorde van die liedjie.
Wuiwende koringlande in die Wes-Kaap,
Suid-Afrika
Die radioluisteraars na RSG
(RadioSonderGrense) se taalprogram het nooit op hulle
laat wag om inligting aan te stuur nie – en vandaar
mnr. Fourie se heel aanneemlike verklaring.
Vat jou goed en trek Ferreira
Maar wat van Ferreira wat moes trek? Na
’n jarelange soektog na die oorsprong van die liedjie
stuur mev. Marianne Jooste van Orania aan my die
volgende inligting wat sy raakgeloop het in hulle
biblioteek. Daar is ’n boek met uittreksels uit Die
Boervrou – ’n tydskrif wat in die twintigerjare
van die vorige eeu verskyn het. In die Oktober
1926-uitgawe verskyn die volgende verstommende
inligting onder die titel Liedjies uit die
vergetelheid gehaal:
‘Ons lees verlede week in die Sunday
Times van die dood van mev. Annie Molony, die
skryfster van Vat jou goed en trek, Ferreira.
‘Mevr. Molony het 84 geword, was die
moeder van 20 kinders en was die eerste vrou wat saans
by feestelikhede klavier gespeel het in Johannesburg,
40 jaar gelede.
‘Toe sy eers in Suid-Afrika gekom het,
was sy tuis by ’n ryk boer, mnr. Van Aardt, in die
distrik Somerset-Oos.
‘Naas Van Aardt het Ferreira gewoon – sy
bynaam was “Hoepelbeen”, omdat sy een been korter was
as die ander. Van Aardt het Ferreira se plaas vir
kontant gekoop, maar kon hom nie beweeg om dit te
verlaat nie! Dit was later ’n grap deur die hele buurt
en Van Aardt was verleë oor die plaery van die bure.
Toe het Annie Molony en Ada van Aardt (dogter van die
ryk Van Aardt) ’n plan gemaak.
‘Ada het Vat jou goed en trek,
Ferreira, ens., geskrywe en mevr. Molony het die
musiek daarop gemaak. Toe nooi hulle die hele buurt na
’n dans – almal was daar, ook die Ferreiras.
‘Mevr. Molony het die liedjie gespeel en
gesing – almal het die grap begryp en die vrolike
deuntjie gou geleer en hartlik meegesing.
‘ “Hoepelbeen” het in woede die dans
verlaat en vroeg volgende dag toe die Van Aardts
opstaan, sien hulle hoe trek die stofwolke op Ferreira
se plaas! Ferreira en sy “goed” was besig om te trek,
daartoe gedwing deur die deuntjie wat hulle in die
lewe geroep het.
‘Is dit nou nie ’n fraai ou storetjie
[sic] nie? Ons is tog alte bly om verder in die
verhaal te lees dat toe mevr. Molony wegtrek uit die
distrik het Van Aardt vir haar £1,000 present gegee!’
Waar Dawid die wortels gegrawe het
’n Ander volksfiguur wat tot dusver
verborge gebly het, is die Dawid wat êrens wortels
gegrawe het. Onlangs het mev. Hetta Hager van
Griekwastad my aandag gevestig op ’n inskrywing in
Charles Pettman se boek van 1913, Africanderisms.
In dié werk bied die skrywer ’n lys “South African
colloquial words and phrases and of place and other
names” aan. Hy verwys na Davidjes wortel, ’n
naam wat later in die Woordeboek van die
Afrikaanse Taal opgeneem is as dawidjieswortel
(ook dawidjiewortel). Dit is ’n
plantsoort wat baie giftig is vir diere, maar
Leipoldt praat ook van ’n Van der Merwe wat sy vrou
“met kattekruie en dawidjiesgoed vergewe het” (dawidjiesgoed
is ’n ander naam vir dawidjiewortel). As
jy nou vir iemand wys waar dawidjiewortel gegrawe (ook
begrawe) is, dan kan dit dalk letterlik beteken dat jy
hom inlig oor die gifplant, of hom waarsku dat hy met
gif speel. Die vervorming van dawidjiewortel tot
Dawid die wortel lyk voor die hand liggend,
veral as iemand wat nie die plant ken nie die naam
daarvan hoor.
In sy proefskrif, Volk en taal van
Suid-Afrika (1921) wys S.P.E. Boshoff (bl.
345-6) daarop dat spreekwoorde dikwels in Afrikaans
vervorm word, byvoorbeeld in iemand se vaarwater
kom is volksetimologies vervorm tot in
iemand se vaalwater kom, waarskynlik omdat die
skeepsterm vaarwater later nie meer bekend was
by die inwoners van ons land nie. Boshoff gaan voort
oor die spreekwoord: ‘Die volksetimologie (kan) ook
verantwoordelik wees vir die spreekwoord: by dawidswortel
is aan ’n persoon Dawid gedink, en deur
die volksverbeelding word die denkbeeldige persoon
skertsenderwyse voorgestel as ’n grawer van die
wortels (vgl. Jantjie se baadjie aanhê by ja(n)loers
wees.’
Belangriker is Boshoff se uiteensetting
oor die manier waarop ’n mens die onverstaanbare,
vreemde woord(e) verstaanbaar maak deur die klank
daarvan na te boots maar ’n verstaanbare Afrikaanse
woord daarop te vorm, byvoorbeeld die nou oorbekende Slypsteen
vir Shepstone, Martjie Louw vir
die Engelse Martial Law, Rypatrys of Gryspatrys
vir repatriation, orreltjie vir orderly,
duisendtree vir dysentry; eendjiebyter
vir incubator; halfkoord vir albakoor,
die vissoort wat in Portugees albacor(a) is.
Vandaar die stelling dat Dawid die wortel
goedskiks ’n volksetimologiese vervorming, veral na
die klank, van dawidjiewortel kan wees.
Wat sê Horak?
Dit is ’n spreekwoord wat in die Paarl
ontstaan het. Boshoff vermeld dat prof. Francken van
die Grey Universiteitskollege dié Horak as
“geheimsinnig” en “nie eers legendaries nie” afmaak.
D.F. Malherbe in sy Spreekwoorde en
verwante vorme van 1924 neem die spreekwoord op
as Wat sê Horak (As dit maar waar is). Hy sê:
‘Op hierdie spreekwoordelike vraag wat blykbaar uit
die Westelike Provinsie (Kaapstad en omstreke) oor die
hele land gesprei het, word geen antwoord verwag nie,
maar daarmee word eenvoudig iets betwyfel. By nader
ondersoek is (sic) geblyk dat hierdie Horak, wat
origens 'n in ons land welbekende familienaam dra, 'n
historiese persoon of persone voorstel en dus nie
onlegendaries is nie, soos beweer word. Die
uitdrukking is ten minste 80 jaar oud volgens die
getuienis van ’n baie bejaarde persoon.’ (In ’n
voetnoot geïdentifiseer as ‘wyle mnr. G.J. Malherbe
Pêrel’ (sic)). ‘Daar is verskeie verhale in omloop
omtrent ’n seker ou Horak, wat as uitgangspunt vir die
spreekwoord kan beskou word. So verhaal ’n bejaarde
persoon uit Wellington dat sy vader die betrokke Horak
persoonlik geken het, en dat hy die gewoonte gehad
het, as hom iets meegedeel word, om te sê: as dit
maar waar is. Verder word verhaal van ’n seker
Horak wat bekend gestaan het weens sy ongelowige
neiginge en wat meer as eenmaal uit die kerk gestap
het sodra van die kansel iets gesê word waaraan hy
twyfel of waarmee hy nie instem nie. Altwee enigsins
vaag herinneringe het tot gemeenskaplike trek: ’n
seker persoon met die naam van Horak wat twyfelsugtig
was.’ Tot sover Malherbe.
Die feit agter dié spreekwoord is
ongeveer ’n dekade gelede deur ’n nasaat van dié mnr.
Horak aan my oorgedra en hy kon dit met vers en
kapittel bewys. Die werklike toedrag van sake was as
volg: Die uitdrukking het in die Paarl
ontstaan. Die ou mnr. Horak het agtergekom dat die
predikant Sondae sy preek so maak dat die hele
gemeente besef dat dit op Horak en sy doen en late
gemik is (waarskynlik meer op sy doen as op sy late).
Mnr. Horak het dit natuurlik nie gelate aanvaar nie.
Hy het dus Sondae by die kerkdeur gestaan en as die
dominee iets beskuldigends sê, het hy gesê: As dit
maar waar is! Naderhand het die mense as hulle
iets betwyfel, eers gevra: Wat sê Horak?
En nou bly daar minstens nog oor oom
Daantjie van die kallerhok en die Sarel
wat moet sak van wie die maskers afgehaal
moet word.
Betowerend, die Afrikaanse taal.
Bronne
Boshoff, S.P.E. 1921. Volk en taal
van Suid-Afrika. Pretoria: J.H. de Bussy.
Malherbe, D.F. 1924. Afrikaanse
spreekwoorde en verwante vorme. Bloemfontein:
Nasionale Pers.
Pettman, Charles. 1913. Africanderisms.
Londen: Longmans, Green.
Prinsloo, A.F. 2004. Spreekwoorde en
waar hulle vandaan kom. Kaapstad: Pharos.
VERANDERINGEN
VAN STREEKTALEN
IN KAART GEBRACHT
Berthold Van Maris
Een wandelaar die
van West-Vlaanderen naar Oost-Groningen loopt en
onderweg praat met dialectsprekers, hoort het
Nederlands geleidelijk veranderen. Het woord voor
“wijn” bijvoorbeeld verschuift langzaam van “wèn” in
Vlaanderen naar “wijn”, “wain” en tenslotte “ wien”
in Groningen. De wandelaar zal ook opmerken dat de
veranderingen in sommige gebieden subtiel zijn,
terwijl ze elkaar in andere gebieden snel opvolgen.
Op dialectkaarten van Vlaanderen en Nederland werden
dialectgroepen tot nu toe altijd met scherp
getrokken grenzen ingetekend. Wilbert Heeringa,
taalkundige aan de Rijksuniversiteit Groningen,
heeft nu voor het eerst kaarten gemaakt waarop de
geleidelijke veranderingen goed in beeld worden
gebracht.
Heeringa ontleende zijn datamateriaal aan
de Reeks Nederlandse Dialectatlassen (RND), die werd
samengesteld in de periode van 1925 tot 1975. Daaruit
selecteerde hij 360 Vlaamse en Nederlandse dialecten.
Vervolgens bekeek hij de uitspraak van 125 alledaagse
woorden, die voor al deze dialecten zijn opgetekend.
Voor elk van de dialecten liet hij de computer de
linguïstische afstand tot de andere 359 dialecten
berekenen. Daarvoor gebruikte hij de techniek van de
Levenshtein-afstand, die eerder werd toegepast bij het
vergelijken van DNA-structuren en vogelzangpatronen.
De computer vergeleek woorden met elkaar en berekende
daarna het verschil. Dat gebeurde voor alle 125
woordparen en voor de 360 dialecten. In totaal ging
het om acht miljoen berekeningen.
Variaties
weergeven
Het cijfermateriaal
dat uit de computer rolde, werd vervolgens op
verschillende manieren gevisualiseerd. Allereerst
werden op een gewone kaart van Vlaanderen en Nederland
de 360 dialecten met punten aangegeven, waarna ieder
punt door middel van lijntjes met de andere 359 punten
verbonden werd. De grijswaarde van het lijntje geeft
de linguïstische afstand aan. Een groot verschil
resulteert in een wit lijntje, dat wegvalt op de witte
ondergrond; kleinere verschillen leveren grijze
lijntjes op. Hoe donkerder het lijntje, hoe kleiner de
linguïstische afstand. Zo ontstond een kaart met
donkere en lichtere gebieden. In de donkere gebieden
veranderen de dialecten minder snel dan in de lichte
gebieden.
De Levenshtein-afstand, een maat voor
het verschil tussen de dialecten, wordt weergegeven
in grijze lijnen tussen de dialectmeetpunten. Hoe
donkerder een lijn, hoe kleiner het verschil. Bron:
W. Heeringa en P. Kleiweg
(Klik
vir vergroting)
Deze kaart laat mooi
zien dat er in Noordoost-Nederland duidelijk drie
groepen van dialecten te onderscheiden zijn: het
Fries, het Gronings-Neder-Saksisch en het
Overijssels-Neder-Saksisch. Met de ogen half
dichtgeknepen is het algemene beeld nog beter te zien.
Voor de rest van Nederland, het domein van de
Neder-Frankische dialecten, is het beeld minder
duidelijk. Limburg is nagenoeg wit, wat erop duidt dat
de verschillen tussen dat dialect en aangrenzende
dialecten er veel groter zijn dan elders in Nederland.
Vlaanderen maakt een zeer verbrokkelde indruk: het is
een bonte verzameling van lichte en donkere gebieden.
Een andere manier om
de linguïstische afstand tussen de dialecten te
visualiseren, heet “multidimensional scaling”:
de dialecten worden in een abstracte ruimte geplaatst
op zo’n manier, dat de ruimtelijke afstand tussen de
dialecten zo goed mogelijk correspondeert met de
linguïstische afstand. Er is eigenlijk een ruimte van
359 dimensies voor nodig om die afstanden precies weer
te geven. Maar als je de dialecten in een
driedimensionale ruimte plaatst, wordt de werkelijke
situatie al voor 88 procent benaderd. Bij 4, 5 en 6
dimensies is dat respectievelijk 92, 95 en 96 procent.
Heeringa koos voor een driedimensionaal model, omdat
de meerwaarde van meer dimensies volgens hem gering
is. Bovendien is het aardige van drie dimensies dat ze
als kleuren op een gewone landkaart kunnen worden
geprojecteerd. Aan iedere dimensie wordt een kleur
toegekend (rood, blauw en groen) en die kleuren
worden, als bij een televisietoestel, met elkaar
vermengd. Elk dialect krijgt zo zijn eigen unieke
kleur. Verwante dialecten krijgen kleurschakeringen
die dichtbij elkaar in de buurt liggen.
Kleurenschakering
Op de kaart die zo
ontstaat, is opnieuw goed te zien dat het Fries
(blauw) een geheel eigen positie inneemt. En opnieuw
vormen de Neder-Saksische dialecten van
Noordoost-Nederland (donkergroen) een duidelijk
geheel. De overgang naar de Neder-Frankische dialecten
is ook goed te zien. Het overgangsgebied ligt boven de
as Amersfoort-Groesbeek. Ook het Limburgs (lichtgroen)
tekent zich duidelijk af als een afzonderlijke groep.
De overgangen tussen de overige dialecten – Hollands,
Utrechts, Brabants, Zeeuws, Oost- en West-Vlaams –
zijn geleidelijker. Samen vormen deze dialecten een
continuüm van grijs naar donkerrood. Deze kaart maakt
trouwens ook korte metten met het idee dat er een
duidelijk verband zou zijn tussen de Friese en de
Noord-Hollandse (“West-Friese”) dialecten, iets wat
vroeger nog wel eens werd aangenomen op grond van de
historische banden die er tussen deze gebieden zijn.
Indeling van de Nederlandse dialecten
volgens W. Heeringa en P. Kleiweg
Heeringa onderwierp
zijn cijfermateriaal ook aan een “clusteranalyse”.
De computer maakte (zie tabel). De computer maakte een
boomdiagram met binaire vertakkingen, waarin zich
eerst het Fries en daarna het Limburgs aftakt.
Vervolgens vertakt de boom zich verder: de
Neder-Saksische en de Neder-Frankische dialecten
(minus het Limburgs) splitsen zich van elkaar. In de
traditionele indeling wordt het Limburgs vaak tot het
Neder-Frankisch gerekend, maar dit boomdiagram laat
zien dat daar weinig reden voor is.
Afstand tot het
ABN
Een derde kaart, die
Heeringa door de computer liet inkleuren, laat zien
hoe groot de afstand is tussen de dialecten en het
ABN. Het dialect van Haarlem ligt het dichtst in de
buurt van het Standaardnederlands, maar verschilt er
toch nog altijd voor 14,7 procent van. Het (Friese)
dialect van Schiermonnikoog is er het verst van
verwijderd: 44,9 procent. Dat wil zeggen dat een tekst
in ABN en de vertaling daarvan in het Schiermonnikoogs
maar de helft van de klanken met elkaar gemeen hebben.
Het Nederlandse
dialectcontinuüm eindigt abrupt in het Zuiden. Daar
botst het tegen het Romaanse dialectcontinuüm. Maar in
het Oosten, voorbij de Nederlands-Duitse grens, gaat
het continuüm gewoon door. Het maakt deel uit van het
grotere Germaanse continuüm, dat pas bij Polen opbotst
tegen een ander groot continuüm, dat van de
Noord-Slavische talen. Hoe de overgang bij de
Nederlands-Duitse grens is en of daar nog gekke dingen
gebeuren, heeft Heeringa al eerder onderzocht, samen
met zijn collega’s van de Groningse universiteit. In
1999 bekeken zij zeventien dialecten aan weerszijden
van de grens bij Bentheim, dat is de inham boven
Twente. Materiaal uit 1975 werd vergeleken met
materiaal uit 1999. Daaruit bleek dat de Duitse
dialecten in die twintig jaar tijd een beetje
verschoven waren in de richting van het
Standaardduits, terwijl de dialecten aan de
Nederlandse zijde een beetje in de richting van het
ABN waren gekropen.
Op oudere dialectkaarten, zoals deze
van Te Winkel uit 1901, werden de verschillende
Nederlandse dialecten nauwkeurig afgebakend. Uit
recent onderzoek, zoals dat van Heeringa, blijkt dat
de verschuivingen veel geleidelijker gebeuren. Oude
dialectkaarten zijn nog te bekijken op de
Engelstalige webstek www.euro-support.be/langbel/langbel.htm
of op de bijgewerkte webstek http://home-13.tiscali-business.nl/~tpm09245/lang/langbel.htm
(Klik
vir vergroting)
Dit is de kaart van de Nederlandse
dialecten van Jo Daan uit 1968.
(Klik vir vergroting)
Artikel met
vergunning oorgeneem uit:
Nieuwsbrief 24/6
Orde van den Prince
E-post: orde.van.den.prince@skynet.be
Webstek: http://www.ovdp.net
AGIE EN DIE WOLF
Helena Liebenberg
In Afrikaans is jy jou
gewig in sout werd as jy die kosbare woordskaal met
sorg (kan) hanteer. As jy
egter verbrou omdat jy te nuuskierig is en die agie in
jou die oorhand kry, sal jy dalk maar gedweë
witvoetjie moet soek. ’n Opregte pluimpie oor jou
leeueaandeel in ’n goeie saak herstel dalk jou
selfvertroue sodanig dat jy skoon in jou noppies voel
met jouself.
Bekende manier van sê, nie waar
nie? Alledaags soos
asemhaal?! Ja, dit is
inderdaad so dat idiome die hart en niere van ’n taal
is, met Afrikaans as geen uitsondering nie. Dit is ’n feit soos ’n koei
(ook ‘koebeest’ volgens Van Riebeeck) dat daar sonder
Nederlands geen Afrikaans sou gewees het nie. En verder sou 17e-eeuse
Nederlands nie hier aan die Cabo de Goede Hoop beland
het as die VOC (Verenigde Oost-Indische Compagnie) nie
’n beleid van handel tussen Nederland en lande in die
Ooste gevolg het nie.
Wat aan die Afrikaanse
idiomeskat egter so ’n ekstra interessante dimensie
verleen, is dat die inhoud van hierdie skatkis uit die
Nederlandse stamlandbodem, met seereis op seereis
tussen die Weste en die Ooste stewig aan die suidpunt
van Afrika wortel geskiet het. Hier
het baie nuwe dinge op die inwoners gewag: diere, riviere, plante en
plekke – en nog vele meer wat benoem en besê moes word
met die woordeskat tot hulle beskikking.
Benewens die groot aantal Nederlandse
uitdrukkings en segswyses wat behoue gebly het in
Afrikaans, het talle wel hier ter plaatse van voorkoms
en/of betekenis verander om te pas by nuwe
omstandighede wat uitdagende vereistes aan die
taalgebruikers se skeppingsvermoë gestel het.
Afrikaans het egter nie net geërf en aangepas nie,
maar self geskep of geleen (o.a. uit die Ooste soos jou
moses teenkom).
Veral
een passasier wat in 1652 saam met die klein vlootjie
hier aangekom het, het omtrent gebrand van
nuuskierigheid om die land te sien.
Dit was Aagje, met toevallig dieselfde naam as
die vrou wat sedert 1654 in Nederland bekend raak as
karakter in Jan Soet se klugboek De gaven van de
milde St. Marten: kluchtig
avontuurtje van't nieuwsgierige Aegje van Enckhuysen. Volgens dié verhaal gaan
Aegje, wat vreeslik nuuskierig was, na Antwerpen waar
sy in groot moeilikheid beland. Hoewel
ons vandag nie meer hierdie storie ken nie, is iemand
wat sy of haar neus oral insteek steeds ’n nuuskierige
agie.
Die
matrose en ander seeliede wat tydens die lang reis
soms maar ’n stryd gehad het om die mas op te kom, het
hulle eiesoortige woorde en uitdrukkings saam aan wal
gebring. Een van die jong
matrose het sy kans gewaag om by die mooie Aagje te
probeer aanklamp (die hof maak).
Hy was egter maar ’n lomperd vir wie aanklamp
slegs ’n letterlike betekenis gehad het, naamlik om
met klampe te bevestig of te verstewig. Hy was op die
punt om sy arms styf om Aagje se middeltjie te slaan,
toe die baastimmerman wat die spul so bekyk het, hom
van agter af bykom met ’n moker, 'n kort, swaar,
vierkantige houthamer waarmee onder andere
hoepelspykers in kiste deeglik ingedryf is. Dit het die matroos soos ’n
kishou getref. Maar toe hy daar opstaan, mense, toe
wou hy net vuis inlê en amok maak.
Dié Maleis-Javaanse woord het eens gedui op
ernstige geweld, maar verwys tans slegs na ’n groot
rumoer.
Die timmerman het natuurlik self
’n ogie op hierdie aanvallige meisie gehad. Na jare se praktiese
ondervinding het hy presies geweet dat Ndl. aanleggen
beteken om 'n skip aan wal vas te lê of vas te meer om
'n lading in te neem. Ook
het hy op see ervaar wat dit beteken om van bakboord
na stuurboord gestuur te word, iets oor ’n ander boeg
te gooi, kajuitraad te hou en skoonskip te maak. Hy het egter ook geweet van
die fynere kunsies van aanlê by 'n meisie. Dus het hy die beste taktiek
gebruik – dit werk nou nog elke keer – deur haar ’n
mooi pluimpie te gee vir haar hare wat in sierlike
vlegsels om haar kop gedraai was. Hoewel dit in die
Middeleeue in Europa die voorreg was van die persoon
wat tot ridder geslaan is om ’n pluim of veer op sy
helm te dra, het dit later verwys na die vassteek van
'n pluim of veer op iemand se hoed as sierraad. Toe Aagje sy poging met
soveel grasie ontvang, het daar ’n hele kentering in
hom plaasgevind en waar hy eers gewonder het, het hy
nou geweet: met haar wil hy graag trou.
'n Skip word gekenter om herstel
of skoongemaak te word. 'n
Deel van die bodem word bo die water blootgestel deur
dit te laat oorhel, onder andere met gewigte wat oor
die dek verskuif word.
Aagje en haar Jan Pieterszoon van
Timmeren is kort na hulle aankoms getroud. Die lewensomstandighede was
soms maar moeilik en dat die tafel gedek was, het nie
altyd beteken dat hulle kon gaan aansit vir ’n groot
maaltyd nie. Dié
uitdrukking is eerder gebruik om te verwys na die wit
wolkkombers oor Taeffelbergh en was eintlik ’n
waarskuwing, omdat dit gewoonlik 'n woeste windstorm
voorspel het.
Jan,
Aagje en die kinders se eenvoudige woning was naby die
Ronde Doorn Bosje geleë. Die
geselligste
kuierplek was die kombuis met sy groot vuurherd waar
Aagje die kos oorgehang het. Oorspronklik
was die kombuis die kookplek aan boord waar die kok en
die coxmaet kos gemaak het.
Hoewel Aagje graag Oosterse kruie in haar
geregte gebruik het, was gekruide taal taboe. Sonder sout was kosmaak vir
haar haas ondenkbaar. Eeue
gelede was sout so kosbaar dat Romeinse soldate dit as
betaling vir diens aan die oorlogsfront ontvang het. Hoewel geld sout later as
salaris (sal beteken sout) vervang het,
herinner die Afr. uitdrukking jou (gewig in) sout
werd wees ons steeds daaraan.
Peper was baie skaars en gevolglik peperduur. In die Middeleeue het dit
goud soms as betaalmiddel vervang en die korrels is
afgetel om as bruidskat te dien.
Jan en
die seuns moes voortdurend op hulle hoede wees vir
roofdiere soos die luypaert, tyger, leeuw
en wolff. Die
luiperd is ook gevlekte tijger genoem; vandaar Tygervallei en
Tierpoort. Hoewel geen
wolwe in Suid-Afrika voorkom nie en die hiëna in
etlike gevalle verkeerdelik wolf genoem is (vgl. strandwolf),
is daar heelwat Afr. idiome waarin dié bose dier
steeds die hoofrol speel. Wanneer
dit reën terwyl die son skyn, sê ons Jakkals trou
met Wolf se vrou – iets heel ongeoorloofs, omdat
Wolf se vrou Jakkals se peetma was!
Die Nederlandse wolf verandert wel van
baard maar niet van aard, terwyl die Afrikaanse
jakkals verander van haar maar nie van streke nie. Hoewel
tweegatjakkals in sy letterlike
betekenis hier ontstaan het, kom dié ou skelm
figuurlik gesproke egter altyd en dwarsoor die wêreld
voor …
Die
artikel verskyn in Vrouekeur, 30 Augustus 2002
Kraanvoël en sy pragtige Blom
Helena Liebenberg
Is
dit dalk
’n nog nie gehoorde Hans Andersen-sprokie uit ’n
buite-Europese vasteland? Of die opskrif van een
of ander Afrikaanse volksverhaal? Nee, wel
nie so nie, maar ’n veer-kragtige woordstorie uit eg
Suid-Afrikaanse bodem.
Dit
sou
ook nie saak maak of ons die kraanvoël en sy verwante
in WNT, Van Dale, WAT of EWA gaan soek nie, dié
trefwoord sal verseker in een of ander vorm in hierdie
woordeboeke ingeskryf wees.
In
Van
Dale kom kraanvogel, Kraanvogel en kraanvogeldans
voor; benewens dieselfde ritsie wat ook in
Afrikaans bekend is, kom in dié taal ook nog
enkele ander kraanvoëlwoorde voor.
Ndl.
kraanvogel is onder
andere die “naam van een familie van grote loopvogels
(Gruidae) die vooral in moerassen leven, en
waartoe de gewone kraan behoort; – naam voor de orde (Gruiformes)
die zij met de rallen en trapganzen vormen” en stem in
hierdie betekenis ooreen met die Afrikaanse voëlsoort.
Die
woordgeskiedenis
van Afr. kraanvoël lui soos volg: “Groot, reieragtige
trekvoël met ’n lang nek wat veral in moerasse
aangetref word. Uit Ndl. kraanvogel (1714). In
Ndl. is kraanvogel en vogelkraan
wisselvorme, terwyl Afr. slegs kraanvoël geërf
het. Eerste optekening in Afr. in Patriotwoordeboek
(1902) in die vorm kraanfo’el” (EWA).
Kraanvoëls
kom
in die meeste lande van die wêreld voor. In
Suid-Afrika is ons bekendste kraanvoël die grysblou
bloukraanvoël, wat ook die nasionale voël van
Suid-Afrika is. Die kroonkraanvoël of mahem wat ook
hier voorkom, word in Engels crowned crane
genoem. Vroeër het die heraldiek die kraanvoël
voorgestel as sinnebeeld van die waaksaamheid. Die
Xhosa in die Oos-Kaap het groot ontsag vir die
kraanvoël, wat dapperheid simboliseer. Sommige
swartmense assosieer hierdie voël met naderende reën.
Soos die ooievaar en die sprinkaanvoël, word die
kraanvoël as ’n geluksvoël beskou. Vanweë ’n grootliks
bedreigde habitat is die kraanvoël tans ’n
beskermde voëlsoort in Suid-Afrika.
In
albei
tale word die voëls se paringsdans woordeliks
saamgestel: in Ndl. as kraanvogeldans, en in Afr. as
kraanvoëldans. Tydens
hierdie dans speel die blou kraanvoël se delikate
vlerkvere, wat dikwels verkeerdelik as stertvere
aangesien word, ’n belangrike, sigbare rol.
Terwyl
daar
geen verdere Ndl. inskrywings met kraanvogel in Van
Dale voorkom nie, sprei Afrikaans sy
woordskeppingsvermoë ’n ent wyer tot in die planteryk
met kraanvoëlbossie en kraanvoëlblom.
Die
Afr.
kraanvoëlbossie ‘misbredie’, is so genoem omdat die
kraanvoëls graag die saad van die plant vreet.
’n
Baie
bekender plant is die pragtige kraanvoëlblom, ook strelitzia,
piesangblom en paradysblom genoem. Dit verwys na ’n klein
geslag van groot piesangagtige struike, fam. Musaceae,
met kleurryke blomme wat soos vlieënde kraanvoëls lyk.
Sierlik
soos
’n kraanvoël in kleurvolle vlug
...
tot
heel hoog waar ons tale weer ontmoet met Ndl.
Kraanvogel, Afr. Kraanvoël : “naam van een
sterrenbeeld (Grus) op het zuidelijk halfrond",
wat bestaan uit ’n ster van die tweede grootte omring
deur ’n vyftal dowwer sterretjies wat ’n halwe kring
daarom vorm. Hierdie Kraanvoël bly egter net in die
suidelike halfrond sirkel.
De dans van de kraanvogel
Lang
geleden
in het mooie land Japan leefde er eens een arme
student. Hij had zelfs geen geld om een kop thee te
betalen. Groot was zijn blijdschap dan ook toen hij in
een herberg bij een prachtig dorpje toch nog welkom
was. Ieder avond kreeg de jonge man van de waard iets
warms te eten en te drinken. Niemand wist wat de
student eigenlijk studeerde, maar men vond dit ook
niet belangrijk: gastvrijheid was heel gewoon. Op een
avond kwam de student bij de herbergier en hij zei:
“Beste waard morgen moet ik van hier vertrekken. Ik
ben u heel dankbaar wat u voor mij gedaan heeft en wil
graag een geschenk geven.”
De
student
liep naar de muur en tekende met krijt een prachtige
kraanvogel. Het was een sierlijke en krachtige vogel.
De
waard
en zijn gasten waren heel blij, maar de student zei
dat dit nog niet alles zou zijn. “Het is een
bijzondere vogel: als u met uw gasten voor de vogel
gaat zitten en tweemaal in de handen klapt zal de
kraanvogel voor u dansen. U moet echter beloven dat de
vogel nooit voor maar één mens zal dansen en dat er
niet meer als twee keer in de handen wordt geklapt”.
De
waard
beloofde dit en de student vertrok. Hij ging met de
andere bezoekers van de herberg voor de muur zitten en
samen klapten ze tweemaal in de handen. Het was een
bijzondere vogel, het was een wondervogel!: De
kraanvogel stapte met prachtige bewegingen van de muur
en voerde een dans uit waar de bezoekers tranen van in
de ogen kregen. De mensen voelden het dansen diep in
hun hart. Al gauw was het verhaal van de dansende
kraanvogel bekend in de wijde omgeving. Iedere avond
zat de herberg vol met mensen die het ook wel wilden
zien. Groot en klein ging voor de muur zitten en samen
klapten ze tweemaal in de handen, en de kraanvogel
danste haar dans.
De
waard
deed goede zaken. Op een dag kwam er een rijke en
belangrijke man uit de stad op binnen in de herberg.
De
waard
zag aan de mooie kleren dat dit een belangrijk persoon
moest zijn en liep al buigend op de man af.
“Wat
is
er van uw dienst waarde heer” zei hij met zijn hoofd
naar de grond gebogen tegen de man. “Ik wil dat de
kraanvogel voor mij danst” zei de rijke man. “Dat kan”
antwoordde de herbergier, “gaat u maar zitten, zo
meteen klappen we tweemaal in onze handen en dan
begint het.” “Ik wil dat het beest alléén voor míj
danst” antwoordde de man hooghartig en hij smeet een
zak met geld op tafel.
De
waard
twijfelde even, hij had immers beloofd dat hij dit
niet zou doen. Maar ach, voor een keer, en de man was
belangrijk en rijk. Het zou vast niet erg zijn. Hij
knikte tegen de rijkaard en ging naar de rand van de
zaal.
De
deftige
man ging voor de tekening zitten en klapte driftig in
zijn hand. Er gebeurde niets.
De
man
stond op en klapte nu drie keer in zijn handen en
riep: “en nú ga je dansen" Nu bewoog de kraanvogel,
met gebogen nek stapte ze langzaam en schokkerig van
de muur. Ze stond even stil en begon met een dans, zo
traag, … zo droevig, dat de waard dacht dat de vogel
ging sterven. Toen de dans was afgelopen ging
plotseling de deur van de herberg open en daar kwam de
student binnen. In zijn hand droeg hij een fluit,
zonder iets te zeggen liep hij naar de kraanvogel,
boog even licht zijn hoofd en begon te fluiten.
De
kraanvogel
draaide zich naar de deur toe en samen liepen zij de
herberg uit : Voorop de kraanvogel en daarachter de
student. Aan de rand van het dorp verdwenen ze
plotseling uit het zicht. Niemand heeft de kraanvogel
en de student ooit meer teruggezien.
Dit
verhaal
is online te vinden op http://www.beleven.org/verhalen/data/verhaal.php?id=6174
DIE WAAGMOEDIGE
TAALSUSTER
Helena Liebenberg
Die
mate waarin taalverandering, -vereenvoudiging,
woordontlening en
-skepping gedurende 350 jaar in Afrikaans
plaasgevind het, het van haar
’n slanke en soepel taal met ’n aantreklike profiel
gemaak, hoewel haar
andersins rustige gelaatstrekke bly spreek van ’n
diepliggende en outydse
skoonheid. Taalgeneties wys haar DNS-struktuur
onteenseglik heen na
17e-eeuse Nederlands as haar moederlyn na ’n nog
ouer taalvorm –
ons taalfamilie se brontaal.
Die
Nederlandse
TANAP-program (“Towards a New Age of Partnership”), ’n
gesamentlike onderneming van die Nationaal Archief in
Den Haag en die Rijksuniversiteit van Leiden in
medewerking met UNESCO se Memory of the
World-program, het geld bewillig vir die
digitale beskikbaarmaking van die Resolusies van die
Politieke Raad aan die Kaap (1651-1795) vir plasing op
die Internet en op CD. Twee Suid-Afrikaanse
TANAP-projekte, naamlik die transkriberings- en
omskakelingsprojek, is van stapel gestuur. Die hoof
van die Kaapstad-Argiefbewaarplek, me. Marian George,
het die transkriberingsprojek gekoördineer, terwyl me.
Zirkëa Ellis, direktrise van Die Huis der Nederlanden,
die kontrakte met die transkriberingspan hanteer en
die begroting van sowat R1 miljoen geadministreer het.
Dieselfde diens is gelewer ten opsigte van die
omskakelingsprojek, wat aan ’n privaatonderneming
toegesê is. Dr. Pieter Koenders van die Nationaal
Archief het as algehele TANAP-projekbestuurder
opgetree. Die projek het aan die einde van September
2003 suksesvol ten einde geloop en die resultaat
hiervan is nou op die Internet beskikbaar.
Die
VOC
se taal tydens die totstandkoming van die
verversingspos aan Kaap de Goede Hoop was 17de-eeuse
Nederlands, moeder van die hedendaagse Nederlands van
Nederland en Vlaandere, en Afrikaans. Een taalsuster
het in die Lae Lande bly woon; die ander een het
waagmoedig die gevaarvolle seereis na die suidpunt van
Afrika onderneem. Hier het sy die onherbergsame nuwe
land aangedurf, bewapen met woorde en begrippe soos
vasgelê in en deur die taal van haar gedagtes. Ondanks
haar bruisende woordskeppingsvermoë, het sy ook heel
prakties waar nodig woorde soos dagga
(‘marijuana’) en karos
(‘skaapvelmantel’, ‘velkombers’) by die Khoi-sprekers
op permanente bruikleen bekom. Sy het etlike kere self
per retoerskip na Batavia gereis en woorde asook
frases tussen fyn moeselien, sy en ander Oosterse
materiale verpak en as deel van
haar nutsbagasie teruggebring Kaap toe. Woorde in
hulle ‘onverwerkte’ vorm, soos atchar,
picol, bakkaleien, armosijn, pisang en banje (Mal. banjak) het hier te
lande in geselskap met Oosterse slawe en
bannelinge (lg. dikwels adellikes) mettertyd effens
van vorm verander en is in die Kaapse taalskat
opgeneem as atjar, piekel, baklei,
armosyn, piesang en baie.
(Indien ek ’n vorm soos Afr. baie vergelyk met
Fries banje(r) ‘zeer veel’ en Fries,
Ndl. banjer ‘groot heer’ is ek van mening dat
in hierdie en etlike ander gevalle eintlik
herontlening via die Ooste van vroeëre Lae Landse
taaleiewoorde in Afrikaans plaasgevind het.)
Op
die
skepe moes die combaars, kooigoed en
combuijs sorg dat die ontberings van
geharde matrose tot jong hooplopers minder fel/hel
was; by die “rheede” het
hierdie items en hulle benamings saam met die seemanne
aan wal gegaan en is by die Kaapse huisies met hulle
strooidakke en ander plekke ingedra. So beland kok
en koksmaat naderhand in die “hospitaal” en
“slavenlogie” se combuijsen (1709).
Hierdie en talle ander inkommers het net so deel van
Afrikaans geword soos pannekoek, bokkems en biltong.
Hoewel dit vandag onbekend is dat bil-
in biltong ‘boud’ beteken en dat biltong verwys na ‘gedroogde boudvleis
van ’n bees of wildsbok gesny in ’n reep wat aan ’n
tong herinner’, het ʼn burger wat militêre diens
probeer ontduik het, dit volgens die resolusie van
8.9.1693 aan eie lyf gevoel wanneer hy as straf “met
een voetschop onder sijn billen van ’t vaandel gejaagd
werden”.
Benewens
die
onheil van scheurbuyk
(ook schorbut),
bloed persie, kinderpokjes
en waters-nood aan boord, het die
Kompanjie-skeepslui ook nog met pijraten
te doen gekry. In die resolusie van 26.4.1672 word
geskryf van “Christen Moor en Indiaan”, na aanleiding
van die Nederlandse seerower, Hubert Hugo, wat Moorse
skepe aangeval het. In Afrikaans beteken die frase Christen, Moor en Mohammedaan ‘almal’,
dus: sonder aansien des geloofs. (Die More,
oorspronklik inwoners van Mauritanië, is Moesliems van
Arabiese en Berberse afkoms, wat hoofsaaklik in Fez,
Marokko woon.) In die
Resolusies verwys Ndl. Indiaan
deurgaans na ’n inwoner van Indië;
in Afr. verwys Indiaan na ’n
lid van die Rooihuidstamme in Amerika, terwyl ’n
inwoner van Indië ’n Indiër genoem
word.
Die
miljoene
woorde van die VOC-resolusies word tans met
belangstelling gelees, getranskribeer en ingeneem –
sowel die amptenarytaal as die taal waarin togte na
plekke soos die groote Namaquas Land, die Caro
en Rio de la Goa (Maputo) beskryf is,
persoonlike mededelings vervat in smeekschriften
(tot 1716), later versoekschriften,
en woordelikse getuienis deur persone uit
buitedistrikte soos Swellendam en Graaff-Reinet, in
Raadsake. Op 7 Maart 1707 sê stamvader Arij van Wijk,
’n vrijburger, vir sy amptenaar-skoonseun wat
die ongewilde goewerneur Van der Stel se bevele
uitvoer: “... jij selt nouw geen boeren meer vangen.” Veel later op 27 Maart 1788
verskyn die volgende: “Capitain
Kuvel
van die Freguat Schip gen:d de Falk ... spreekende met
een buiten gewone vorsse Stem ... ‘jij kerel jij bent
’er de Schuld aan’” en later “‘zwijg keerel, of ik
neem jo direct in mijn Sloep’”. Daar is sedert die
vroegste tyd heel kwistig gejy en gejou!
Nog
Oosterse
leenwoorde spreek pragtig uit dié aanhalings: “60 kiate
plankjes”, “65 porceleine pierings”, “baatje en een muts” (almal 1709). Vgl.
die Ndl. kraan en tap in “het water
door de pomp laten inlopen met een kraan
of tap” (1716),
teenoor Afr. kraan, taptoe, aftap, ens. Heel interessant is slinker hand, ‘linkerhand’, wat deurgaans
in die Resolusies gebruik is. Afr. linker
en links kom uit dieselfde Ndl. vorme
wat afgelei is uit die Ndl. volkstaal link
‘slim, vals’, met in beide tale slinks
‘geslepe’ daarnaas.
Die
volgende
eg Afrikaanse woorde is aangeteken (nie noodwendig die
vroegste datum nie): timmerasie en occasie (albei 1680), leccasie,
bosgasie, bodempies,
lijsies, Bossiesmans,
rigsnoer, stijssel
(Ndl. stijfsel) (almal 1712). Later
verskyn bulsakken en kussens
(1760’s), Afr. bulsakke en kussings. Op 10 Januarij 1733 doen
Francois Guillaumet verslag oor sy mislukte poging om
’n sykultuur aan die Kaap te vestig. Na die betrokke
seisoen het hy net “omtrent drie quart pont eijertjes overgehouden”. Eier(s) en eiertjie(s) leef vandag nog in Afrikaans.
Hoewel
idiomatiese
uitdrukkings nie volop voorkom nie, is tog
interessante voorbeelde aangeteken:
Tydens die Raadsvergadering van 10.3.1688
besluit goewerneur Simon van der Stel om die
burgerlike onrus in die Colonie “in de wiege te worgen”, maar
waarskynlik omdat dit te onuitspreeklik bloeddorstig
was, besluit Afrikaans om hierdie opstand eerder in die kiem te smoor. Die Ndl. in duijgen vallen (1700) word Afr. in duie stort; hoe ëer hoe liever (1716) word Afr. hoe eerder, hoe beter. Omdat ’n dyk
iets vreemds in Suid-Afrika is, word die Ndl. met vrouw en kinderen op den dijk te setten
(1700) in Afr. met vrou en kinders op
straat/op die vlak(te) sit. Dit klink of die
“solemneele” Ndl. eed: hoe waar ende
waarachtigt! (1717) reëlreg gelei het tot Afr. so waar as wragtag!
In 1733 word verslag gedoen oor drie Engelse
duikers wat by Saldanhabaai vrag uit die gesinkte
VOC-skip, Rotterdam, wou berg, maar toe kom groot fout
“waardoor de pont hol over bol op
strand soude worden gesmeeten”, in Afr. holderstebolder.
Woorde
uit
die VOC-resolusies wat nie meer in Nederlands algemeen
is nie, maar nog in Afrikaans gebruik word, is met
groot opgewondenheid begroet, bekyk en beskryf in die
Etimologiewoordeboek van Afrikaans
(verkort tot EWA). Van groot belang is dat die
Resolusies ’n datum van optekening bied, byvoorbeeld “afval ... tot potagie gekookt” (1687),
Tong- en klauw-Ziekte (1774)
vir Afr. bek-en-klouseer. Ndl. mopsteen (1677) ‘besonder groot steen’
is opgeneem in EWA omdat die woord in Afrikaans byna
in onbruik verval het en net sporadies nog in die
Mosselbaai-omgewing, Suid-Kaapland, gebruik word.
Die
mate
waarin taalverandering, -vereenvoudiging,
woordontlening en -skepping gedurende 350 jaar in
Afrikaans plaasgevind het, het van haar ’n slanke en
soepel taal met ’n aantreklike profiel gemaak, hoewel
haar andersins rustige gelaatstrekke bly spreek van ’n
diepliggende en outydse skoonheid. Taalgeneties wys
haar DNS-struktuur onteenseglik heen na 17e-eeuse
Nederlands as haar moederlyn na ’n nog ouer taalvorm –
ons taalfamilie se brontaal.
Verskyn as oorspronklik as artikel in
die
Orde van den Prince-nieuwsbrief,
September 2003
met enkele toevoegings in Desember 2005
WOORDE UIT
EERGISTER VIR VANDAG
Helena Liebenberg
Afrikaans,
’n
taal gestol in tyd – Gerrit Komrij
Die
TANAP-projekte
is Afrikaansgewys ’n heel openbarende ervaring. Die
taalgebruik vanaf die eerste resolusies van die
Politieke Raad in 1651 tot met die laastes in 1795 is
’n onomstootlike bevestiging van Afrikaans se
Nederlandse taalgebondenheid en herkoms (met enkele
uitsonderings na word daar in die resolusies na
17e-eeus as “Dúijtsch” of “Dúijtsche taal” verwys).
Heel opvallend is die groot hoeveelheid Franse
leenwoorde, waarvan talle vanweë hul
tydperkgebondenheid nie in hedentydse Nederlandse
woordeboeke opgeneem is nie en ook nie in Afrikaans
gebruik word nie. Etlike woorde wat destyds uit die
Ooste na die suidpunt van Afrika ingeskeep is, is in
die Resolusies aangeteken, het inslag in Afrikaans
gevind en is steeds deel van ons gebruikswoordeskat
(bv. piering, bobotie, sosatie
en blatjang). Slegs enkele inheemse woorde
(vandag steeds min in getal) is egter aangeteken. Dié
waardevolle taalbron werp ook lig op die herkoms, en
belangrik vanuit ’n etimologiese oogpunt die ‘eerste’
aantekening, van etlike eg Afrikaanse woorde. (Waar
moontlik word die woorde toegelig met beskrywings uit
die Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA).)
Vanweë
die
skaarsheid van idiomatiese taalgebruik in die
resolusies, ontsnap min hiervan ’n mens se aandag. Die
vryburgers skryf in 1723 ’n protesskrif waarin hulle
meld van hul armoede en treurige lewensomstandighede: “maar ons selven tot den
bedelstaff te helpen” (Afr. tot die bedelstaf
geraak). Hierdie uitdrukking het ook ander vorme
aangeneem: In 1723 word
oor Geertruij van der Bijl, huijsvrouw van
Hermanus van Brakel, onder andere gemeld “neffens hare
kinderen tot den bedenstaff brengen zoude”, en ook
“tot den beedelsak gebragt” (1735). In 1739 word daar
oor Estienne Barbier wat teen die Kompanjie in opstand
gekom het, besluit om “dit quaed op de sagst[te] wijse
in zijne geboorte te doen smooren” (Afr. in die
kiem te smoor).
In
1727
is Jan de Conink, opperhoof van Rio de la Goa (’n
VOC-handelspos geleë by die hedendaagse Maputo,
Mosambiek), daar oorlede. Sy weduwee dien ’n
versoekskrif in met die volgende: “en meer als gemelte
haren man per slot van reek. bij desselfs
overleijden bij de E. Comp. verdient en te goed
behouden heeft”. Hoewel sy rekening inderdaad moes
sluit, kon ook die figuurlike gegeld het, soos in Afr.
per slot van rekening ‘eindelik, as ’n mens
alles goed beskou’.
Die
Ndl.
woord opperhoofd word dikwels in die
resolusies gebruik. Destyds het dit verwys na ’n
aanvoerder van ’n leër of vloot, asook die gesaghebber
op ’n skip. ’n Opperhoofd was ook die
bestuurder van ’n nedersetting in die kolonies was,
soos uit bogenoemde aanhaling blyk. Derdens het dit
verwys na die hoofman van ’n stam of volk.
Laasgenoemde betekenis het in Afrikaans behoue gebly
as eretitel vir die hoofman van ’n swart stam.
In
die
resolusies is dikwels tot in frases gebruik,
teenoor die veel ‘deftiger’ Afr. ter soos
onder andere in ter bevordering van en ter
wille van, wat waarskynlik onder invloed van die
Statebybeltaal ontwikkel het. In 1737 word geskryf:
“sonder aansien/aanschouw van persoonen”, teenoor Afr.
sonder aansien des persoons, met die outydse
besitsvorm. In die sinsnede “onse eijgen aan handen
sijnde vaartuijgen mans genoeg sijn” (1734) is die
gebruik van mans genoeg om te verwys na ’n
nie-lewende, nie-menslike voorwerp heel opvallend. In
Afrikaans word dit net gebruik in die uitdrukking mans
genoeg
wees, gesê van iemand wat homself kan verdedig,
wat opgewasse is teen ’n taak.
Terwyl
“de
rasse loop des tijds” (1790) toe al iets was om te
meld, praat ons in ‘moderne’ Afr. sommer van die
vinnige/snelle verloop van tyd, maar gebruik hiernaas
wel nog met rasse skrede. Die woord ras
word buiten in idiomatiese verband nie meer in
Afrikaans gebruik nie.
Diegene
wat
hulle in die VOC-tyd te lande aan swak en
onvergeeflike gedrag skuldig gemaak het, is dikwels
teruggestuur na die vaderland met verlies van gagie
(salaris), rang, byna als. Ene Hendrik Meijer, ’n
volslae alkoholis en moeilikheidmaker is in die
resolusie van 16 Desember 1727 as “een onnut meubil”
beskryf en summier teruggestuur Nederland toe. In Afr.
verwys onnut na iemand, meestal ’n kind, wat
ondeund of stout is. In Ndl. beteken onnut
‘iemand wat vir niks deug nie’, en het dus ’n
ongunstiger betekenis as in Afrikaans (EWA). Dikwels
is ’n soldaat wie se oortreding nie erg genoeg was dat
hy teruggestuur moes word nie, gedemoveer tot rot(s)gezel,
in Nederlands verwysend na ’n soldaat wat met ander
deel uitgemaak het van ’n rot ‘kleinste
militêre onderafdeling’ (1572), tans verouderd (WNT).
Dit het ook ‘samesweerder’, ‘iemand wat geminag word’
beteken. In Afrikaans weet ons van rot
‘knaagdier’, rot ‘vrot, sleg, bedorwe’ en rot
en kaal steel ‘alles van iemand steel’.
Daar
is
ook sake in die resolusies benoem, waarvoor die
bekende Nederlandse woord of ’n omskrywing gebruik is.
In 1738 word gesoek na “drie leevendige gestreepte
ezels ... om tot een present voor den Candiassen vorst
te kunnen dienen”. Volgens die resolusie van 29 April
1777 soek die VOC-amptenare toe nog steeds “na twee
levendige gestreepte Ezels ... tot geskenk voor ’t Hof
van Candia”. Hierdie pragtige diersoort, bekend as die
Kaapse sebra is tot die laaste een gejag en het
gevolglik uitgesterf. In Afrikaans verwys sebra
na ’n kleinerige wildeperd met ’n unieke wit en swart
streeppatroon. In die 16de eeu het zebra, die
‘nuwe naam’ uit ’n Afrikataal, die destyds bekende
naam wilde ezel ‘sebra’ begin verdring. Dié
dier is gedurende die 17de eeu in S.A. ook wilde
esel en wilde paert genoem, maar is
later deur sebra verdring.
In
hul
kennismaking met die Khoi het die amptenare en burgers
ook met talle nuwe voorwerpe en hul benamings kennis
gemaak. Hoewel min inheemse woorde in die resolusies
opgeneem is, verskyn daggha en caros
wel. Reeds kort na Jan van Riebeeck se aankoms (1658)
het hy dagga en die uitwerking daarvan op die inheemse
bevolking beskryf. Die woord is afkomstig uit Khoi daxab-b,
waarskynlik uit Arabies duxan ‘tabak’, wat dui
op vroeë kontak tussen Arabiessprekendes en die Khoi.
Op
8.12.1739
word aangeteken van “den bekende capn. Swarte Booij,
die onder desselfs caros een kuijthoorn met kruijt
had”. Die Afr. karos verwys na ’n gebreide vel
van ’n dier, gewoonlik met die hare nog daaraan, wat
as liggaamsbedekking of kombers gebruik word of
waarmee ’n kind op die rug vasgemaak word. Dit is
geleen uit Khoi caro-s, karo-s, cro-s of kro-s,
wat waarskynlik die verkleinwoord is van Nama kho-b
‘vel’.
Die
lewensomstandighede
in die slawelosie was moeilik. In die combuijs
moes die kosvoorraad gewoonlik gerek word om al die
mense te voed. (Afr. kombuis ‘vertrek, ruimte
of plek in ’n huis of ander gebou waar kos gekook
word’. Waarskynlik uit Ndl. seemanstaal (Mnl. cabuse)
‘voorraadkamer, kookruimte op ’n skip’. Afr. kombuis
is sinoniem met Ndl. keuken.) Wanneer die
skepe wat rys na die Kaap moes bring, nie betyds
gearriveer het nie, het dit dikwels gelei tot ’n
kosskaarste en gevolglike rantsoenering van die
kosvoorraad. Om veral onder sulke krisisomstandighede
te voorsien in voedsame en kraggewende kos, is daar
besluit om afval vir die slawe te kook:
“tot voedsel te doen verstrekken de hoofden,
voeten, ingewand en verdere afval van ...
geslagte vee ... tot potagie gekookt” (1687). Later
het die ander ingesetenes ook afval begin eet en dit
het ’n gewilde dis op tafel geraak. Hierdie
tradisionele gereg, keurig én geurig voorberei en met
rys bedien, vul steeds ’n leë maag tot volle
tevredenheid.
Talle
koswoorde,
waarvan sommige reeds in Nederlands bekend was, is uit
Batavia hier aan wal gebring. Heerlike geregte
besprinkel met kruie en speserye het saam met hul
benamings op ons tafel beland, soos atjar
‘mengsel van fyngesnyde vrugte en groente in ’n
asynspeserymengsel gepreserveer. Uit Ndl. atjar
(1617 in die vorm atchaer) ‘groente en vrugte
in asyn ingelê, as bygereg’ of Maleis achar, acar
‘gekruide suurtjie, voorgereggie’ uit Persies acar
‘suurtjie’. Eerste optekening in vroeë Afr. in 1694 in
die vorm achaar. (EWA). Vergelyk ook sosatie
‘gekruide of gegeurde vleisstukkies wat op ’n stokkie
geryg is en gebraai kan word, soms saam met uie, droë
vrugte en vet’. Wsk. uit Ind.-Ndl. sateh of
Maleis-Javaans sesateh, sateh, satai
of minder wsk. uit Tamil satai ‘vleis’ of
moontlik volgens Mansvelt (1884), uit Maleis soesatoe
‘mengelmoes’. Sosatie is moontlik deur Maleise
kokke in S.A. in gebruik gebring (EWA).
Daar
kom
’n groot hoeveelheid ‘Franse’ leenwoorde in die
resolusies voor, onder andere appuijeerd,
poursuiveerd, antameeren, aúfúgeeren, clandestine,
condúiseeren, animeeren, interdiceeren, sacreeren,
sufficeeren, appoincteeren, presemeeren, obtenue,
contraventeur, recouvreeren, perfecteeren,
differeeren, extrueeren en emolument,
waarvan talle nie in hedentydse Nederlands behoue
gebly het nie. Vergelyk die geykte bewoording waarmee
die resolusies meestal gesluit het:
“Aldus geresolveerd ende gearresteerd in ’t
Casteel [aan die begin ‘Fort’] de Goede Hoop, ten
daage en jaare voorsz.”, gevolg deur die handtekeninge
van die lede van die Politieke Raad. Die ww. resolveeren
ontbreek in Ndl. woordeboeke, maar resolutie
(verouderd) kom in Van Dale voor. In die resolusies
beteken resolveren ‘besluit’ (vgl. Eng. resolve)
en arresteren ‘goedkeuren, voor gezien
tekenen’ (vgl. Van Dale: ‘de notulen worden
goedgekeurd en gearresteerd’). Die volgende is van
hierdie woorde wat met of sonder klein
spelveranderings in Afrikaans inslag gevind het: resolutie, equipagie,
maguazijn, petitie, debit, attestatie,
vendutie, exact, extraordinaire,
provisioneel en transport.
Plekname
is
naas ons taal, Afrikaans, die mees besondere
woordnalatenskap uit die VOC-tydperk. Met enkele
voorbeelde uit ’n groot verskeidenheid word afgesluit: Mosselbaaij (1601), Schaapen
Eijland (1657), Robben Eijland, Vondelingeiland
(1660), Elandspas (tans Sir Lowryspas), Soetendaals
Valleij, Hanglip (wat Hangklip geword het),
Oedekensbaaij (ook Hoetjesbaaij wat Hoetjesbaai geword
het (1669)), Houtenicuasland (“een bosch gelijk in
Noorweegen” (1710)) – ook Oúde Niqúas land genoem,
Rivier Sonder Eijnde (1710), Orangiefontijn/Orange
Fontein (“gelegen over de Oliphants Rivier” (1759)),
Calabassche Kraal, Klippen Kloof (1789), Citzij kamma
(“circa agt dagen verder als de plettenbergs baaij”
(1789)), Terra de Natal, Mosambicque, Hantam, Gamtoos,
Gouriqua, Attakwaskloof, Caro, Camdeboo, Camiebergen,
Hesseqúascloof, Ysselsteinsbaaij, Patientie Baaij
(tans Smitswinkelsbaai). In 1743 kry Rudolf Sigfried
Allemann, kaptein van die Kasteel, “een stukje land
... Sonneblom gent.” met die Afr. blom en al.
Die Ndl. bloem kom egter steeds en dikwels in
Suid-Afrikaanse plekname voor. So byvoorbeeld is die
destydse plaas Roodebloem tans ’n woongebied in groter
Kaapstad. Verder geleë en later benoem, is
Bloemfontein, hoofstad van die Oranje-Vrystaat.
Al
hierdie
woorde het voortgevloei uit die Fort en later die
Casteel, geleë in die “stadt de Goede Hoop” (1738),
toe beter bekend as Cabo de Goede Hoop – nou bekend as
Kaapstad, ons land se moederstad.
Verwerk uit inAfrika – HdN-maandbrief
1 Augustus 2003
DIE EERSTE TANAP-PROJEKTE
OOR KAAP DIE GOEIE HOOP
Helena Liebenberg
(Inligting aangepas uit
inAfrika HdN-maandbrief,
1 April 2003)
Wie’t gesê dis erg om
tronk toe te gaan? Enigeen wat homself willens en
wetens kontraktueel daartoe verbind om twee jaar lank
daagliks vroegoggend gewilliglik die tronkpoorte binne
te stap en na ’n dag se gedelf in die verlede nog
daarin kan slaag om met ’n vonkel in die oog (al is
die kyk teen daardie tyd soms heel dof en bysiende)
huiswaarts te keer, is ongetwyfeld van vreemde
stoffasie gemaak en word sekerlik deur iets heel
besonders binne daardie dik mure geïnspireer.
Dié beskrywing pas die
lede van die TANAP-transkriberingsprojek soos ’n
18e-eeuse VOC-handskoen. En hul inspirasie put hulle
uit dié deel van die Resolusies van die Politieke Raad
wat jare geduldig gewag het om deur hulle ontsluit en
toeganklik gemaak te word. Die Resolusies van die
Politieke Raad wat in die C-reeks vervat is, vorm deel
van die VOC-dokumente wat saam met ander bronne van
onskatbare geskiedkundige en kulturele belang in die
Kaapse Argiefbewaarplek bo in Roelandstraat, Kaapstad
bewaar word. Die moderne en volledig toegeruste Kaapse
Argiefbewaarplek is gebou op die terrein waar die
veelbesonge Roelandstraatse tronk eens was. Onder meer
die ringmuur om en hoofingang tot die toenmalige tronk
is behou; en dit is nou
wanneer ’n mens deur hierdie poort stap dat jy die
voorreg kan benut om blad vir blad terug te lees in
die verlede totdat jy jou in 1651 bevind op die Drommedaris
wat saam met die Reijger en die Hope pas
uit Texel vertrek het op reis Kaap toe. Op Zaterdach
den
30en December 1651 is die eerste resolusie van
die Politieke Raad aan boord van die Drommedaris
geskryf.
Alvorens daar by die
TANAP-transkriberingspan ingeloer word om meer oor die
praktiese sy van die werk te wete te kom, word
aangehaal uit dr. Con de Wet, voormalige Argiefhoof,
se skrywe oor die aanloop tot en totstandkoming van
die betrokke inisiatief (aangepas uit Die Burger, 27
Oktober 2001):
Tydens die Vereenigde
Oostindische Compagnie (VOC) se bewindstyd aan die
Kaap (1651-1795) was die Politieke Raad die
belangrikste bestuursinstelling in die Kaapkolonie.
Om hierdie belangrike historiese bron aan ’n groter
gehoor bekend te stel, het die destydse
Staatsargiefdiens in die jare vyftig besluit om dit
volledig te publiseer as ’n onderdeel van hul
publikasieprogram van oorspronklike argivale bronne.
Die publikasie van
die Resolusies het begin nadat dr. Anna Böeseken in
1955 as redakteur van bronnepublikasies by die
toenmalige Kaapse Argiefbewaarplek aangestel is. Sy
en haar opvolger, G.C. de Wet, het tussen 1957 en
1984 tien dele van die Resolusies van die Politieke
Raad, wat die resolusies vir die tydperk 1651-1743
bevat, laat publiseer. (Die inhoud van die tien dele
dek die resolusies in C.1 tot en met C.121.)
Afgesien van die
belangrikste argiefbewaarplekke en biblioteke in
Suid-Afrika en ander lande in Suider Afrika, kan
eksemplare van die reeks vandag onder meer ook in
die Library of Congress in Washington, die Public
Record Office in Londen en die Nationaal Archief in
Den Haag geraadpleeg word.
Omdat die publikasie
van die reeks in die 1980’s vanweë ’n geldnood
gestaak moes word, is daar ’n groot leemte gelaat en
dit was ’n ernstige struikelblok vir navorsing oor
die VOC-geskiedenis in Suid-Afrika.
Na ’n onderbreking
van langer as twee dekades word die
beskikbaarstelling van die res van die resolusies
nou moontlik gemaak deur die geld wat die
Nederlandse program Towards A New Age of Partnership
(TANAP) bewillig het. Die TANAP-projekte is ’n
gesamentlike poging van die Nationaal Archief in Den
Haag en die Rijksuniversiteit van Leiden, in
medewerking met UNESCO se Memory of the
World-program.
Sedert 1997 het veral
die Stigting VOC hom sterk daarvoor beywer dat die
publikasie van die reeks hervat word. In Mei en
Junie 1999 het ’n TANAP-span bestaande uit dr.
Pieter Koenders van die Nationaal Archief en twee
van sy kollegas, dr. Ben Slot en mnr. Gerrit de
Bruin, argiefbewaarplekke in Djakarta (Indonesië),
Chennai (Indië), Colombo (Sri Lanka) en Kaapstad
besoek om hulle te vergewis van die omvang en
toestand van VOC-argiewe by hierdie plekke.
Tydens hul besoek aan
Kaapstad het hulle met personeellede van die
Argiefbewaarplek en lede van die Stigting VOC (o.m.
mnr. Piet Westra) samesprekings gevoer. By daardie
geleentheid is die hervatting van die publikasie van
die resolusies as die hoogste prioriteit van
Suid-Afrika se deelname aan die TANAP-program
geïdentifiseer. Daar was geen beswaar dat dit ’n
digitale projek word nie, met ander woorde dat sowel
die reeds gepubliseerde resolusies as die tot nog
toe ongetranskribeerde resolusies op CD-ROM en die
Internet beskikbaar gestel word.
Die Nasionale Argief
van Suid-Afrika se amptelike aansoek om geldelike
hulp is deur TANAP toegestaan, waarna ’n formele
ooreenkoms ten opsigte van die
TANAP-transkriberingsprojek deur die nasionale
argivaris, dr. Graham Dominy, namens die departement
van kuns, kultuur, wetenskap en tegnologie, en dr.
Koenders namens die Nationaal Archief onderteken is.
Hiervolgens moet die transkripsie en redigering van
die 110 oorspronklike C-bande binne twee jaar
afgehandel word.
Die toenmalige hoof
van die Kaapstadse Argiefbewaarplek, me. Marian
George, het die TANAP-transkriberingsprojek
gekoördineer en die kantoorgeriewe voorsien, terwyl
die Huis der Nederlanden die begroting van die sowat
R1 miljoen wat deur TANAP vir die
transkriberingsprojek bewillig is, geadministreer en
die kontrakte met die personeel gesluit het. Die HdN
het dieselfde diens gelewer ten opsigte van die
TANAP-omskakelingsprojek asook die twee kleinere
projekte (Inleiding/Introduction en
Glossarium/Glossary).
Die transkriberingspan
is vir die duur van die projek (Oktober 2001 tot
September 2003) in die administrasie-afdeling van die
Kaapse Argiefbewaarplek gehuisves. Daar het ’n
oudsielkundige, ’n oudonderwyseres en twee
taalkundiges daagliks elektronies gestalte gegee het
aan die krulhandskrifte in die groter as groot bande
wat voor hulle op boekstaanders oopgevou gelê het.
Hulle was verantwoordelik vir die transkribering van
die magdom resolusies van die Verenigde Oos-Indiese
Kompanjie aan die Kaapse verversingspos in die tydperk
wat strek van 1744 tot en met 1795.
Toe die projek ’n
aanvang geneem het, is daar aan elke transkribeerder
die bande van ’n bepaalde tydperk toegesê. Dr. Helena
Liebenberg, voormalige Unisa-dosent wat haar doktorale
studie in Afrikaanse Taalkunde gedoen het, was
verantwoordelik vir die transkribering van 29 bande
(1744-1772), dr. Andrew Alberts, sielkundige en
voormalige hoof van verskeie klinieke en met ’n
besondere belangstelling in geskiedenis, transkribeer
27 bande (1773-1786), me. Erika van As, voorheen
Afrikaans-onderwyseres wat haar meestergraad oor die
werkwoord in Adam Tas se dagboek gedoen het, was
eweneens verantwoordelik vir 27 bande (1787-1792), so
ook me. Illona Meyer (M.A.), voorheen verbonde aan ’n
onderwyskollege as Afrikaans-dosent wie se 27
bande slegs drie jaar (1793-1795) gedek het! Op die laaste bladsye
van die laaste band (C.231) verskyn in Engels en
Nederlands die voorwaardes vir die Engelse oorname van
die Kaap, met die inskrywing: “Voorslaagen van
Capitulatie gedaan door den Commissaris en de
Regeering van Kaap de goede hoop aan den Generaal
Clarke als Commandeerende het Leger van Zyne groot
brittanische Majesteit ... Capitulation 16 September
1795”.
Die bande is
professioneel gerestoureer en stewig gebind, en die
gehalte van die groot folioblaaie baie goed,
inaggenome die ouderdom van hierdie handgeskrewe
kopieë. Die handskrifte van die kopiïste is heel
leesbaar en hoewel hulle vanweë die feit dat hulle
moes fyn luister en direk skryf, nogal onvas gespel en
skynbaar nie reëls vir gebruik van hoofletters gehad
het nie, is die skryfstyl tog vloeiend. Sommige van
veral die latere bande se ink is heel lig en die
woorde gevolglik plek-plek kwalik leesbaar. Die rede
hiervoor is bes moontlik omdat die VOC van 1780 af al
hoe minder steenkool wat met denneboomsap gemeng is om
as ink te dien, beskikbaar gestel het. (Soms wanneer
’n mens in die oggend jou boek oopgemaak het om te
begin werk, kon jy nog die fynbos van die Wes-Kaap of
die Tsitsikamma-woud in die blaaie ruik.)
Vir ’n Afrikaanse oog
is die taal van die resolusies so na aan Afrikaans
soos byna-eergister. Daar kom opvallend baie Franse
leenwoorde voor, hoewel hulle meestal vreemdwoorde
gebly het; hierteenoor het leenwoorde uit die Ooste
soos pikol (vgl. Afr. aanpiekel), baatje,
piering en bakkaleien (Afr. baklei)
wat reeds deel van die 17e-eeuse Resolusie-taalgebruik
was, in Afrikaans inslag gevind. Vanuit ’n
taalhistoriese oogpunt bied die resolusies genoeg stof
vir ’n verskeidenheid navorsingsonderwerpe. In die Etimologiewoordeboek
van Afrikaans wat in Julie 2003 verskyn het,
verskyn daar etlike lemmas wat uit die resolusies
aangevul kon word met ’n datum van eerste optekening
in vroeë Afrikaans.
Die transkribering van
die groot verskeidenheid plekname was deurgaans ’n
besonderse ervaring. Cabo de boa Esperance se
portugeesheid vernederlands byna geheel tot Caab
de Goede Hoop. Name soos Tafelberg, Saldanha
Baij, Baaij fals, Ronde bosje,
name van “buijten districten” soos Stellenbosch,
Draakensteijn, Land van Waveren, Swarte
Land, tot sover as die Colonie van Swellendam,
Groot vaders bosch, Attaquas Cloof, Gourits
Rivier, Sneeuwberg en Caro-velden het
deel geraak van ’n mens se
transkribeer-en-reis-program.
Hierdie land was bestem
om die versamelpunt van baie te word. Sover as wat die
Ooste verwyder is van die Weste, in so ’n mate het dit
gebeur dat hierdie suidelike uithoek gedien het as dié
punt waar die Ooste en die Weste mekaar ontmoet het,
en ter plaatse kennis gemaak het met die inheemse
bevolkingsgroepe. En net soos ons as transkribeerders
deur die inhoud van die resolusies plekname hier aan
die Kaap leer ken het, net so het ons gelees en
getranskribeer van verre lande: uit die Weste name
soos Groot Brittaniën, Engeland, Vrankrijk,
Deenemarken, Pruissche, en uit die
Ooste name soos China, de Cust van
Mallabar, Bengale, Malacca, Padang,
die Ganges, Boegis, Ambon, Pattena; so ook van eilande,
eksoties, vreemd, anders, soos Madagascar, Mauritius
en die Cocus-eilande. Die resolusies is ’n
geweldig uitgebreide bron vir pleknaamnavorsing, en
sluit dorps-, plaas-, streeks-, rivier- en bergname in
– voorwaar ’n vindplek van groot waarde. Hierbenewens
hou ’n groot aantal persoonsname wat in die resolusies
voorkom, onder andere VOC-amptenare, vryburgers,
slawe en bannelinge (laaste twee groepe wat meestal
geïdentifiseer is volgens plek van ‘herkoms’), met ’n
bepaalde pleknaam verband. Hierdie aspek is ook van
besondere belang vir die genealogie.
Wat uit die resolusies
opval, is die voortdurende aankoms en vertrek, ’n
ewige bedrywigheid om die retoerskepe heen, gevul met
voorraad en skeepslui, en passasiers/reisigers as
besoekers of voornemende inwoners van die Kaap.
Skeepsname soos Standvastigheijd, Liefde,
Gecroonde Leeuw, Patriot, Landscroon, Bartha
Petronella, Wackerheijd, Held Wolthemade, Vlissingen,
Tolsduijn en Admiraal de Ruijter is
naderhand bekendes omdat hulle jaar na jaar by die
“rheede” vasmeer. Enkeles vergaan aan die ruwe
Suider Afrikaanse kus, ander verdwyn in ’n storm op
see, of spoel as wrakstukke op vreemde strande
uit. Van die oudste en mees gehawende skepe wat nie
meer geskik was vir nog ’n vaart nie, is aan diens
onttrek en uitmekaar gehaal. Alles bruikbaars is
gewoonlik later tydens ’n “publicque Vendutie”
verkoop om so die “Compagnie” se geldkas aan te
vul.
Aangesien sowel die
reeds gepubliseerde resolusies as dié van die
TANAP-transkriberingsprojek binne afsienbare tyd as
geheel deur die Nationaal Archief in Nederland op
CD-ROM en die Internet beskikbaar gestel sou word,
moes die inligting in elektronies bruikbare formaat
wees. Ten einde aan dié vereiste te voldoen, is die
TANAP-omskakelingsprojek geïmplementeer. Hierdie
projek waarby ’n privaatgroep bestaande uit twee
rekenaarkundiges en twee proeflesers betrek is, het
ten eerste die aftasting/skandering van die reeds
gepubliseerde resolusies in Word, asook die proeflees
en korrigering van hierdie inligting hanteer.
Ten tweede is al die
Word-dokumente in XML-formaat omgeskakel, ook dié wat
tot in September 2002 deur die transkribeerders
gelewer is, waarna hulle XML-opleiding ontvang en
daarna in dié program gewerk het. Die plaaslike
rekenaarkundiges het ten nouste saam met die betrokke
spesialiste van die Nationaal Archief gewerk om te
verseker dat die kodering/etikettering in XML (eXtensible
Markup Language) volgens die TEI (text
encoding initiative) uitgevoer word. Die TEI is
’n internasionaal erkende spesifikasie wat spesiaal
opgestel is om as riglyn te dien vir die
interpretasie/etikettering van ’n verskeidenheid
dokumente, insluitend die Resolusies van die Politieke
Raad.
Die C-bande waaruit
getranskribeer is, staan in TEI-konteks as die primêre
bron bekend. Soos neergelê volgens internasionale
standaard, bevat die TEI ’n groot aantal elemente of
etikette aan die hand waarvan al die elemente of
etikette wat vir ’n bepaalde soort dokument benodig
word, gedefinieer word. Die onderskeie gemeenskaplike
elemente waaruit die resolusies bestaan, is deur die
kundiges geïdentifiseer en daarvolgens is ’n sjabloon
met vaste elementkenmerke opgestel. In die huidige
fase word skeepsname en aardrykskundige (plek-)
name ook gekodeer. Gevolglik kan daar op die Internet
soektogte hiervoor uitgevoer en al die gekodeerde
inligting oor ’n bepaalde onderwerp afgetrek word.
Wanneer die inligting eers in XML as data omgestel is,
kan dit op ’n verskeidenheid maniere beskikbaar gestel
word, onder andere in gepubliseerde vorm, of in
elektroniese formaat op die Internet of op CD.
Sodoende word aan die hele wêreld toegang tot die ruim
Resolusie-leeskamer verleen.
Twee kleinere projekte,
naamlik die skryf van die Inleiding/Introduction en
die redigering van die Glossarium/Glossary is
sedertdien ook afgehandel ter afronding van die
geheelprojek.
Al die inligting is
reeds op die Internet beskikbaar en ’n CD word ook
beplan.
Soos duidelik uit
voorgaande blyk, is die TANAP-projekte nie net van
groot geskiedkundige en kultuur-historiese belang nie,
maar bied uitdagende navorsingsmoontlikhede vir ’n
verskeidenheid vakgebiede, onder meer historiese
taalkunde, genealogie en naamkunde.
Ons in Suid-Afrika het
groot waardering vir hierdie heel besonderse
TANAP-inisiatief.
TANAP-webadres: http://www.tanap.net > activities >
documents > Resolutions
|