Helena
Liebenberg
Soos
dit algemene talegebruik is, het Afrikaans wat uit 17e-eeuse Nederlands
ontwikkel het, ook meegedoen aan ontlening waar daar ’n
nuttige woord met
passende betekenis in ’n bepaalde behoefte kon voorsien.
Vanweë die noue
verbintenis met Oosterse lande tydens die VOC-tydperk het ondermeer die
volgende woorde met Maleis, Maleis-Javaans of Maleis-Portugees as
herkomstaal,
Afrikaans binnegekom: aia,
amok, amper, baadjie, baba, baklei, gekko,
ghantang, ghoem, ghoema, ghoen, ghoeroe, kapok, katel, katjiepiering,
kramat,
maai, maaifoedie, moesoek, moses, nonna, nooi, orangoetang, paaie,
panga, pê,
pondok, sambok, sambreel, tamaai en toering.
Al hierdie woorde,
asook dié wat verder in die artikel bespreek word, is
opgeneem in die Etimologiewoordeboek
van Afrikaans waar hulle
’n klein dog heel interessante groep vorm.
Die
volgende is voorbeelde van Oosterse leengoed wat letterlik die smaak-
en
reuksintuig prikkel: agar,
agar-agar, atjar, blatjang, bobotie, borrie,
froetang, piesang, sago, sambal en sosatie
vir die proe, en akkerwanie
vir die ruik. Etlike van hierdie woorde kom ook as gelyste
invoergoedere voor
in die waardevolle VOC-dokumente wat in die Kaapse Argiefbewaarplek
berus,
naamlik die Resolusies van die
Politieke Raad van die Kaap die Goeie Hoop
(1651–1795) (afgekort:
RvdPR). Hierdie volledig getranskribeerde C-reeks
wat ’n onderdeel van die wêreldwye
Nederland-geïnisieerde en -gefinansierde
TANAP-program vorm, kan op die Internet by http://www.tanap.net
besoek word.
Lees
nou verder...

Deur
Christo van Rensburg
Goeienaand, Dames en
Here,
Dit is vir my
’n besondere geleentheid om hierdie eerste Fritz
Ponelis-gedenklesing aan te bied. Dankie hiervoor aan die
organiseerders. Ek wil u dan nou uitnooi om saam met my vir
’n rukkie te fokus op enkele wetenswaardighede van Afrikaans,
en ook iets te geniet van Fritz Ponelis se presiese analises, sy insig
in die taalomstandighede van die Afrikaanssprekende mense te waardeer,
en gelyktydig kennis te neem van die diepgaande grondwerk wat hy
gelê het vir die beoefening van die Afrikaanse taalkunde.
En dan wil ek byvoeg:
oor die groot verskeidenheid temas waaroor hy gepubliseer het, ook in
Engels en in Nederlands, kan mens op ’n aand soos vanaand
ongelukkig nooit reg laat geskied nie.
En ’n tweede
toevoeging: hierdie afgeronde mens het hom ook nie net op een
vakterrein toegespits nie. Sy treffende veelsydigheid was goed bekend.
As student byvoorbeeld, toe hulle dosent van daardie tyd, prof. T. T.
Cloete, met verlof was, het hy, die latere bekroonde taalkundige, die
betrokke dosent se letterkundelesings waargeneem. Een van sy
vroeë publikasies het oor Lucebert gehandel. Aan die einde van
sy lewe het hy nog geesdriftig Frans geleer, en as die nawerking van sy
behandeling veeleisend begin word het, het hy die ongemak op die bed
gesit en beveg, en Duitse en Franse gedigte wat hy van buite geleer
het, as sy eie terapie geresiteer.
Wat sy taalkundewerk
betref, wil ek begin deur te wys op die werk wat in 1968 uit sy pen
verskyn het, ’n werk wat die fondasie gelê het om
Ponelis se naam vir die volgende dekades die bekendste onder die
Afrikaanse taalkundiges te maak: Grondtrekke
van die Afrikaanse sintaksis was
daardie boek se naam. Nuut, verwikkeld, kernagtig en stimulerend. Sy
individuele stempel het dié publikasie totaal anders gemaak
as ander studies oor Afrikaans. Hy het verbluffende verbande tussen
taalpatrone gelê, en nuwe gevolgtrekkings oor die samehang
van Afrikaans se sintaktiese besonderhede gemaak. En hy was toe
’n skrale 26 jaar oud. Talle ander publikasies sou volg. Ek
gaan nie sy indrukwekkende curriculum
vitae vanaand aan u voorhou
nie. Genoeg daarvan sal in elk geval verderaan ter sprake kom.
Lees
nou verder...

CORDIS
TRUST-TOEKENNING VIR BUITENGEWONE
KULTUURBYDRAES IN AFRIKAANS –
2000-2010
Cordis
– “uit die hart”

Cordis
Trust het
op Maandag, 11 Oktober 2010 tydens ’n glansgeleentheid in die
Pierneefteater, Pretoria die eerste keer die ORDE VAN DIE GOUE
PEN-toekenning gemaak. Die oorkondes is oorhandig aan individue, groepe
en instansies wat aan die kriteria van die toekenning voldoen het.
Genomineerdes het oor die afgelope tien jaar binne die
kultuur-uitgangspunte van die Trust, met toewyding en passie sonder eie
gewin, besonderse bydraes gelewer.
Die
geleentheid is bygewoon deur ongeveer tagtig genooide gaste en lede van
die pers. Dit was in alle opsigte ’n groot sukses en
’n aand wat nog baie lank met genoegdoening onthou sal word.
Benewens dr. Fanie Marais wat die gaste verwelkom en die oorkondes
oorhandig het, het elke ontvanger die geleentheid gekry om op te tree,
gekomplimenteer deur twee vrouestemme van die Woordgilde en
’n kinderstem van KREATIV SA – almal se bydraes het
’n treffende tafereel van enkelspraak, samespraak en musiek
tot gevolg gehad.
Baie
dankie aan Cordis Trust wat alles moontlik gemaak het.
Ontvangers van die Orde van die Goue Pen
Die
volgende individue het hierdie toekenning ontvang: Johann de Jager
(Laingsburg) vir sy dekadeslange betrokkenheid by Afrikaanse
letterkunste as erkende skrywer/digter plaaslik en oorsee, uitgewer en
e-koeranteienaar; Jopie Koen (Pretoria) vir haar bydrae tot die
teaterbedryf (vroeër by Die Teaterhuisie, tans by
Pierneefteater), as ’n stigterslid van Die Woordgilde en
digter; Helena Liebenberg (Bellville) vir haar betrokkenheid by
Afrikaans, o.a. as dosent, taalpraktisyn, skrywer/digter, taalnavorser
en transkribeerder van argiefdokumente; Myra Lochner (George),
’n opgeleide maatskaplike werker wat deur haar inisiatief,
KREATIV SA, ’n skeppende bydrae lewer as skrywer/digter,
uitgewer van o.a. digbundels , asook slypskole ter bevordering van
kreatiwiteit; Gert Opperman (Pretoria), HUB van die Voortrekkermonument
en Erfenisstigting, vir sy uitmuntende bydrae ter bevordering van die
Afrikaner se kultuurerfenis en taal; Jaco van der Merwe (Bellville),
argivaris by die Kaapstadse Argiefbewaarplek, vir die aanwending van sy
besondere argivale kennis om sy liefde vir ons dokumentêre
erfenis, geskiedenis en taal oor te dra aan o.a. groot getalle
besoekers, navorsers en leerlinge aan die Kaapse Argief, en ook om
gratis genealogiekursusse daar aan te bied.

V.l.n.r.:
Jannie du Toit, Christa Steyn, Jopie Koen, Carel Trichardt, Petru
Wessels,
Helena Liebenberg, Jaco van der Merwe,
Myra Lochner en Org Naudé (Kreativ SA), en Gert Opperman.
Twee
groepe is benoem, naamlik die bekende Afrikaanse liedjieskrywer Jannie
du Toit (Johannesburg) en komponis/begeleier Christa Steyn (Pretoria)
wat onderskeidelik ook optree as sanger en musiekverwerker. Carel
Trichardt en Petru Wessels (Pretoria) lewer ’n besondere
bydrae tot die Afrikaanse toneel, het Die Teaterhuisie bestuur, tree op
in rolprente, doen radio- en TV-werk, en is steeds besig om deur
woordprogramme Afrikaanse letterkunde te bevorder. Die twee instansies
wat benoem is, is Die Woordgilde (Pretoria) wat ’n
merkwaardige bydrae lewer ter bevordering van die Afrikaanse digkuns,
en KREATIV SA (George) wat o.a. plaaslike en internasionale publikasies
van digkuns en prosa die lig laat sien.
Ontstaan
van Cordis Trust
Cordis
Trust is in 2000 as ’n Artikel 18A-liefdadigheidsorganisasie
gestig, met kapitaal verskaf deur die oprigter, dr. Fanie Marais wat as
fasiliteerder met persoonlike betrokkenheid sekere lewensdoelwitte
nastreef, deur mense in nood te help en medewerkers te ondersteun tot
betekenisvolle resultate.
Cordis
Trust het ontstaan uit die Mardene Marais-gedenkbeurs vir skeppende
Afrikaans en eer die nagedagtenis van ’n dogter van dr.
Marais wat die beginsels van die Trust voluit
geleef het. Dit het gelei tot jarelange borgskap, aanvanklik persoonlik
van 1990 tot 2000 en daarna tot 2005 deur Cordis Trust vir kreatiewe
Afrikaans aan die voormalige Randse Afrikaanse Universiteit (tans UJ).
Cordis
Trust in simbiose met ontvangers
Die
werksaamhede van Cordis Trust kan breedweg in deernisprojekte,
Afrikaanse kultuurbevordering (skryf- en digkuns, drama, sang en
erfenisbehoud) en Koninkryk-uitbreiding (Bybel-media en Christelike
Lektuurfonds) verdeel word. Die projekte oor die afgelope tien jaar het
hoofsaaklik in die Pretoria-omgewing en Wes-Kaapland gesentreer.
Dr. Marais se persoonlike
dryfkrag om
medewerkers te vind, hulle by te staan, en in hulle te glo en aan te
moedig, het ontstaan uit die sentiment om eie drome te leef deur ander
te help om hul eie drome te leef.
Die Trust se deernis- en
opheffingsprojekte, tans ongeveer 50 per jaar, wissel van direkte
voedingshulp tot sielkundige ondersteuning. Die boodskap is:
“Ons gee om en kan nie die hele wêreld verander
nie, maar wel een mens in nood op ’n keer.”
Wat
Afrikaanse kultuurbevordering betref, is Cordis Trust ’n
onontbeerlike ondersteuningsvennoot van onder andere Pierneefteater in
Pretoria, wat ruim voorsiening maak vir bywoning en optredes van
gestremdes (Cordis se Ten Spyte Van-program), bejaardes, kinders en
opkomende kunstenaars, wat nie toegang tot fasiliteite het nie.
Verder
ondersteun Cordis Trust Die Woordgilde, wat reeds meer as 20 jaar
bestaan, om digbundels te publiseer. Digters landswyd is lede van die
gilde en verkry blootstelling deur hierdie publikasies.
Die
Trust is ook betrokke by KREATIV SA te George, waar Myra Lochner,
’n maatskaplike werker met ’n sterk deernisaanslag,
Afrikaanse skryf- en digkuns bevorder via die internet, vertalings doen
in Engels, internasionale publikasies die lig laat sien, asook die
plaaslike slypskole inisieer en aanbied. Tydens internasionale
kompetisies wat aanvanklik deur Cordis geborg is, word bydraes weer in
Afrikaans vertaal en sodoende vind wedersydse blootstelling plaas.
Vanweë
dr. Marais se betrokkenheid by die Tracing History Trust as trustee
saam met Helena Liebenberg, het Cordis Trust fondse bewillig vir die
fotografering van VOC-argiefmateriaal wat in die Nationaal Archief, Den
Haag gehuisves word, maar in die Kaapstadse Argief ontbreek, asook die
plaaslike transkribering en verdere digitalisering daarvan. Hierdie en
verwante argiefmateriaal vorm deel van die gedokumenteerde erfenisskat
wat elke aspek van die Kaapse samelewing, kultuur en geskiedenis belig,
en verder verryk word met talle voorbeelde van Afrikaans as taal in
wording. Die dokumente is ook ’n ongeëwenaarde bron
vir familienavorsing.

KREATIV
SA se gas, Aneka Bellingan,
dr. Fanie Marais en Myra Lochner
___________________________________________________
Uitgereik
deur Cordis Trust, Posbus 73592, Lynnwoodrif, 0040
Navre
aan SJ Marais 0836565816, Faks 012-8092839
faniemarais
@discoverymail.co.za
(Bygewerk
deur Helena Liebenberg, 1 November 2010)
Dutch, Afrikaans and the Inventories
by
Helena Liebenberg
TEPC
editor 2004-2008
Present
day Dutch and Afrikaans are sister
languages which developed from 17th century Dutch. Although the
speakers of these two languages have been separated for more than 350
years, the languages still share about 85-90% of their vocabulary.
Apart from the fact that a few but important grammatical changes took
place in Afrikaans over three centuries, it is still closely related to
modern Standard Dutch. Numerous examples of some of these changes are
evident in the language used in the inventories, especially in those
documents that were compiled by ordinary people.
A
very good, if not excellent, knowledge of
Afrikaans and/or Dutch is needed when transcribing these 17th century
documents. Even though so many words are familiar to
Afrikaans-speakers, it is sometimes quite difficult to find a
meaningful way out of a jungle of obsolete words, or words written as
they were heard by the scribes in the service of the VOC at the Cape.
The important role played by scribes coming from all over the then Low
Countries, including the adjacent German-speaking regions, is evident
from the type of spelling and other linguistic errors they made when
recording household goods in the inventories. The writing and spelling
abilities of the scribes and of ordinary people living in remote areas
of the Cape colony come under the spotlight when one has to establish
the correct spelling of a word to determine its meaning. Folk etymology
is sometimes quite amusing: a burgher of Swellendam wrote rysdaadels
(literally meaning rice dates) instead of ryksdaalders
(rixdollars), while another addressed an official of the Orphan Chamber
as Cekkertarel Remkam
instead of Secretaris Rönnenkamp.
Many
of the Dutch words appearing in the
inventories either became obsolete in Afrikaans or were never part of
its vocabulary. Through the years many household items were replaced by
other objects with different functions. The Dutch word hakmes (chopping
knife) was replaced in Afrikaans by kapmes,
and the verb hak
is seldom heard or used, except in the idiomatic expression die knoop deurhak
(cut the knot). The Dutch living in the East Indies used a boekeknaap
(literally meaning a young boy carrying books), which was a small table
or similar piece of furniture for holding books. In the Cape the Staten-Bijbel
(large family Bible) or Bijbel in folio
(folio-sized Bible) was often placed on the boekeknaap.
The Dutch compounds beugeltas
(bag with a metal ring carried by women), glazenspuit
(water hose to clean the windows) and vuurmand
(drying frame for nappies), which appeared in many inventories during
the earlier years of the settlement, were eventually replaced by new
names for new objects.
Not
so long ago, the following items were
in use, while in some instances their modern counterparts can still be
found in our households: komfoor
(Afrikaans konfoor,
English dish-warmer, an old-fashioned hotplate!), naaimachine
(sewing-machine), wastafel
(washing-stand), tondeldoos
(Afrikaans tonteldoos,
English tinderbox with flint and lighter), vliegenkastje
(Afrikaans vlieëkas,
English fly-box, a small box with wire-gauze to protect food
from flies), klaptafel
(drop-table, Pembroke table) and stoof met test
(stove with fire-pan or chafing dish).
Many
dialect words that are now obsolete or
archaic in Dutch found a safe haven in Afrikaans, for example speek
(spoke), vleijs
(meat) and blom
(flower). Some grammatical processes may also be attributed to the
influence of Dutch dialects, such as the derivation of Afrikaans
diminutives, for example glaase peerties
(small glass pears), rakkie
(small shelf) and pompies
(small pumps) which may apparently be ascribed to a dialect spoken near
Amsterdam.
The
VOC ships and their crews also made a
special contribution to Afrikaans by coming ashore with words such as combuijs
(a ship’s galley), combaars
(blanket) and kooij
(bed). The combuijs
was a very small area on deck where the cook and his mate had to
prepare meals. It was the only word used by Jan Van Riebeeck in his Daghregister
(diary) to refer to a kitchen in general, and it even appeared in the
predesigned plan of the Fort of Good Hope, built in 1652. Combuijs
was used in nearly all the inventories where the rooms were listed, and
today it is still the only word in Afrikaans to name that very special
place where the family may gather at the combuijs
tavel.
When
Dutch speakers arrived at the Cape
they had to create new words to answer to the needs of their new
environment with its indigenous peoples, animals, plants and places.
Words such as tijgerboscat
(serval) and hartebeest
originated in Afrikaans. During the early years of the settlement
wooden furniture was either imported from Europe or the East and words
such as mahonij
(mahogony), jatij
(Afrikaans kiaat,
English teak), slangenhout
(serpentine wood) and amboyna
(a derivation of the place-name Ambon/Amboina in the Far East, perhaps
English imbuia?) found their way into the households at the Cape and
therefore also into the inventories of the deceased. After a few years
newly created words, mainly compounds, depicting an exciting variety of
indigenous wood species crop up in the lists of inventoried items: geelhout
(yellow-wood), stinkhout
(stinkwood), swarthout
(blackwood), (wit)elsehout
(white alder), wageboomshout
(waboom, Protea
Nitida)
and ijserhout
(ironwood/wild-olive).
A
few words were borrowed from the Khoi,
for example dagha
(wild hemp) and buchu.
In 1658 Jan van Riebeeck mentioned dacha
in his Daghregister.
The Khoi compound daxa-b
‘green tobacco’ was derived from a word borrowed
from Arabic, which is an indication of contact between these groups.
The word boegoe
recorded by Wikar in 1779 is the first spelling form that corresponds
with Afrikaans. The following Khoi variants were also recorded: boggoa, puchu, bouchou, bochu, pucku, bugga,
buku and buchu.
A
small number of words borrowed from
languages spoken in the Far East became part and parcel of Afrikaans,
such as atchar
(Afrikaans atjar,
English achar), baatje
(jacket), blatjang
(chutney), bobotij, bori-borie,
borrie
(turmeric, Indian saffron), piering
(saucer) and piesang
(banana).
After
the English took power in the late
18th century a few English words entered the inventories, for example spencer, podding
(pudding), dissert leepels
(dessert spoons) and zet blaauw thégoed
(blue tea-set).
Many
place names appear in the inventories.
Nearly every document contains an estate name (house, homestead or
farm) and the district where it was situated. Most of the place names
are of Dutch and Khoi origin, for example Tijgerbergen,
Wagenmakersvalleij, Roode Sand
and Cango, Namakwa,
Outenikwa
respectively. Since it was customary to name a slave according to his
or her presumed place of origin (usually the place where the slave was
last shipped from), there are also a large number of place names mainly
from the Far East (for example, Ternate,
Boegies
and Java)
and Africa (Rio de la Goa, Angola
and Guinea).
One of the slaves was called Piet van Tarrentaal,
the latter being a corruption of Terra de Natalia,
a Portuguese place name that was eventually shortened to Natal.
Afrikaans tarentaal
(guinea-fowl) is a derivation of this Portuguese place name.
Many
household items were imported from the
East or Europe. Adjectives derived from place names indicated the
places where the objects came from, for example Sinees
(Chinese) and Indiase
(Indian), Lijdse
(from Leiden), Keulse
(from Cologne) and IJslandse
(Icelandic). Large quantities of beautiful textiles were imported from
the Far East. Armosijn
was a type of textile originating from Ormuz, Persia; it was also the
name of one of the best-known slave women, Armosijn van de Caab. While
the entry Persiaensse rosewater flessen
(Persian rose water flasks) speaks for itself, Eau
de la Reine
(water of the Rhine), and its many spelling variations, needs some
explanation. The name of the river Rheine
(in German) and Rhijn
(in Dutch) was spelt incorrectly
by most of the scribes, perhaps because it is similar to French reine
(queen).
The
inventories were signed by many people:
Orphan Chamber officials, witnesses, and family or friends of the
deceased. The signatures are of great importance for genealogical
research. Sometimes the original pronunciation is reflected in the way
the people spelt their forename(s) and surnames. In the case of French
and German forenames and surnames there is often a discrepancy between
the signature by the person him/herself and the spelling used by the
official in the introductory paragraph of the inventory or somewhere
else in the document. For example, Beatrix Olivier signed her name as Beijatrix
Olivier (1740), which corresponds quite well with the spelling of
Beatrix Rust’s name as Beyaderiks
(1830) nearly a century later: both forms resemble the Dutch/French
pronunciation pattern. (At present the English pronunciation seems to
be our norm.) Something similar happened to surnames, for instance
where Estreaux
was turned into Esterhuisen
while Lécrivain/Lecrivent
was changed by folk etymology to Lekkerwyn.
In a number of German surnames minor phonetic changes took place, for
example where Roest
became Roets.
In other cases the difference is quite remarkable, for example Johann Heinrich Bebler
becoming Jan Hendrik Pepler
and Wilhelm Holtzhausen
changed to Willem Houthuis.
Only a few nicknames were recorded, for instance, a farmer who probably
had a rather dark complexion was called swarte
Prinsloo
and farmer Jan Muller who was actually Johannes Müller of
German descent was also known as Jan de Moff.
From
a linguistic perspective the
inventories are a gem of great value. The evidence revealed by the
contents of these documents should shed some new light on the
development of Afrikaans from 17th century Dutch.
According
to the Treatise on the Orphan Chamber for His Majesty’s
Commissioners, the oldest document of the Orphan Chamber was an
inventory, dated 15th June, 1673, in the estate of Dirk Verwey deceased
and his spouse Tryntje Theunisz. (see image below). Probably
this inventory was lost before the book was bound, because the first
inventory in this MOOC series is one dated 20th October 1673, of the
estate of Francois Chamfelaer. He and other burghers had recently been
murdered by “Hottentots” (see TANAP, Activities,
Documents, Inventories MOOC8/1.1 for the transcribed version):

(For
further information visit the TANAP
website: http://www.tanap.net)

deur
Daniel Hugo
Uitvoerende Direkteur
Huis der Nederlanden
Op Saterdag 12 Julie het Daniel Hugo by die
HdN ’n praatjie gehou oor sy ervarings as vertaler uit
Nederlands. Hy het ook aandag gegee aan die stormagtige verhouding
tussen Nederlands en Afrikaans die afgelope halfeeu. By dieselfde
geleentheid is sy vertaling van Tom Lanoye se kortverhale bekendgestel.
Dit is deur Protea Boekhuis uitgegee onder die titel ’n Slagterseun met ’n
brilletjie.
Sedert menseheugenis – dit wil
sê vandat ek kon lees – het daar in my ouerhuis
’n geraamde spreuk gehang. Op swart satyn in goud geborduur
het daar gestaan: “Gezelligheid kent geen tijd”.
Dit was ’n geskenk uit Nederland van my pa se broer wat in
die vyftigerjare klassieke tale aan die Universiteit van Utrecht
gestudeer het. Dit was my heel eerste kennismaking met Nederlands. Al
kon ek die betekenis onmiddellik snap, was die spelling, die grammatika
en die lewenshouding van dié swierige woorde vir my vreemd.
In Afrikaans sou dié spreuk
só klink: “Geselligheid ken nie tyd
nie”, of idiomatieser: “Geselligheid steur hom nie
aan tyd nie”. Maar met die Afrikaanse dubbele negatief gaan
die bondige trefkrag van dié rymende spreuk verlore. Dat
hierdie einste dubbele negatief my jare later as vertaler dikwels
’n skeelhoofpyn sou besorg, kon ek tóé
natuurlik nie weet nie. En wat daardie so kernagtig geformuleerde
lewenshouding betref: In die geroetineerde Gereformeerde pastorie
waarin ek grootgeword het, was daar beslis nie veel tyd vir
geselligheid nie. Baie jare later eers sou ek besef dat hierdie spreuk
sy oorsprong heel waarskynlik in die gemoedelike, Katolieke suide van
die Lae Lande moes gehad het, eerder as in die Calvinistiese, strenge
noorde. Ek weet dat ek my hier aan ongeoorloofde stereotipering skuldig
maak, maar ek sal dit later nuanseer.
My eerste bewuste kennismaking met die
Nederlandse literatuur was in die jaar 1964. Ek was toe nege jaar oud
en die boek was die Afrikaanse vertaling van die Vlaamse skrywer
Leopold Vermeiren se Die Rooi Ridder.
Dit begin só: “Die silwer klanke van die trompette
sny deur die môrelug. Die swaar valbrug word neergelaat oor
die breë kasteelgrag, en die jong Oerold, groot en sterk, ry
op sy pikswart perd deur die poort. Hy hou ’n oomblik die
teuels in. In die ooste lê die son nog jonk en rooi,
suidwaarts strek die vrugbare lae polderland, en in die weste,
anderkant die rivier wat die hele laagland in twee sny, lê
die geweldige groot Dagonwoud.” Dae lank het dié
adjektiefryke Middeleeuse wêreld my geboei –
dáár in die afgeleë, snikhete,
droë Namibië waar ek opgegroei het. Per kerende pos
het ek aangesluit by die “Orde van die Rooi Ridder”
– die skrik van die wrede kasteelhere, maar die vriend en
beskermer van die armes. Ek het ook die res van die reeks verslind, met
my lapelwapentjie (’n eiketakkie met drie akkers) trots op my
bors vasgesteek. Totdat die reeks abrup en sonder verduideliking in die
middel van die Rooi Ridder se avonture as Kruisvaarder onderbreek is.
Vir al wat ek weet dool hy nog altyd in Palestina rond en hunker hy vol
heimwee terug na België!
In die “Ou
Suid-Afrika”, waarvan Namibië (oftewel
Suidwes-Afrika) deel uitgemaak het, moes
hoërskoolleerlinge ’n Nederlandse boek lees as deel
van die vak Afrikaans. Ons voorgeskrewe boek in die vroeë
sewentigerjare was Aart van der Leeuw se De kleine
Rudolf.
Van die verhaal onthou ek byna niks meer nie. Veel Nederlands het dit
my ook nie geleer nie, omdat ons onderwyser die boek al voorlesende in
Afrikaans vertaal het. Die literatuurhistorikus G.P.M. Knuvelder slaan
die styl van hierdie boek nogal hoog aan: “… onder
de pen van deze auteur gaat ook de taal bloeien, krijgen de woorden
klank en kleur, dragen de zinnen zich voort op een bekoorlijk
ritme”. Van dié klank, kleur en ritme het ons
uiteraard niks gemerk nie. Die onderwyser het nooit ’n
woordeboek geraadpleeg nie, en was sekerlik ook onbewus van die tallose
valse vriende tussen Afrikaans en Nederlands. Ek is heeltemal daarvan
oortuig dat hy op dié manier ’n alternatiewe
verhaal geskep het. Vandag sou ’n mens dit seker ’n
postmodernistiese leesstrategie kon noem.
Dit was eers aan die Universiteit van
Stellenbosch dat ek werklik met die Nederlandse letterkunde kennis
gemaak het – in lesings aangebied deur professore wat in
Nederland gestudeer het in die dae van onbelemmerde kulturele
uitwisseling. Die bekendste van hulle was ongetwyfeld prof. W.E.G.
Louw, die digter en broer van N.P. van Wyk Louw. Hy het vanaf 1935 tot
1939 aan die Gemeentelijke Universiteit van Amsterdam gestudeer en het
perfekte Nederlands gepraat.
’n Mens kan nie oor die kontak en
wisselwerking tussen Afrikaans en Nederlands praat, sonder om na die
kulturele verdrae tussen Suid-Afrika en die Lae Lande te verwys nie.
Die akkoord tussen Suid-Afrika en Nederland is in 1951 onderteken, en
dié tussen Suid-Afrika en België in 1954
– die jaar voor my geboorte. Dit het voorsiening gemaak vir
groter samewerking op geestelike, artistieke, wetenskaplike,
opvoedkundige en tegniese gebied. In die jare sewentig en tagtig het
die akkoord egter ’n stormagtige tyd binnegegaan wat
gekenmerk is deur vervreemding, antagonisme en selfs by tye
’n openlike vyandigheid – veral tussen Nederlanders
en Afrikaners. Die ANC en die Anti-Apartheidsbeweging Nederland (AABN)
het ’n voortgaande veldtog gevoer teen die wyse waarop die
bepalings van die verdrag uitgevoer is. Die Nederlandse regering het
gevolglik in 1977 besluit om die verdrag te bevries. In 1981 is dit
offisieel opgesê. Die Belgiese regering het eweneens in 1977
die kulturele akkoord met Suid-Afrika opgeskort, hoewel dit nooit
volledig opgesê is nie. Dit het ’n einde gemaak aan
die kulturele en wetenskaplike samewerking tussen die betrokke
regerings. Wel het daar nog beperkte kontak bestaan tussen die
universiteite, uitgewers en ander instansies.
Hoewel die Nederlandse taal- en letterkunde
gedurende die tagtigerjare nog aan al die universiteite onderrig is,
het Nederlands geweldig veld verloor in Suid-Afrika. Nederlands het vir
Afrikaanssprekendes ’n vreemde taal geword. In die jare wat
Suid-Afrika kultureel deur die Lae Lande geboikot is, was daar egter
nooit ’n gebrek aan leesstof, televisiemateriaal en musiek
uit die VSA nie. Min Suid-Afrikaanse studente het in die boikotjare die
geleentheid gehad om in Nederland en Vlaandere te studeer. Hulle het
wel ’n heenkome in Brittanje of die VSA gevind. Die
verengelsingingsproses van die Suid-Afrikaanse samelewing is
ongetwyfeld deur die verbreking van die bande met die Lae Lande
verhaas, hoewel dit nie die enigste of selfs belangrikste rede was nie.
Nederlandse boeke was moeilik bekombaar in
Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse uitgewer Human & Rousseau se
reeks “Literatuur van die Lae Lande” wat op die
universiteitsmark gerig was, is in die laat tagtigerjare gestaak weens
’n afname van studentegetalle in die kursusse Nederlandse
Letterkunde. (Terloops, omrede die
kulturele boikot het dié reeks opvallende leemtes ten
opsigte van moderne outeurs vertoon. Louis Paul Boon, Harry Mulisch,
Jan Wolkers, J. Bernlef, Cees Noteboom, om slegs enkeles te noem, het
geweier om opgeneem te word. Mense soos W.F. Hermans, Gerard Reve, Hugo
Claus, Hella Haasse en Hubert Lampo het hulle egter nie laat intimideer
nie en kom almal in die reeks voor.)
In 1994 het Suid-Afrika ’n ware
demokrasie geword en is alle boikotte teen die land opgehef. Ondanks
die ondertekening van ’n nuwe kulturele verdrag op 30
September 1996 met Nederland en op 28 Oktober 1996 met Vlaandere is
daar nog steeds bitter min Nederlandse publikasies in boekwinkels en
openbare biblioteke beskikbaar. Universiteitsbiblioteke het in die
meeste gevalle ’n afdeling Nederlandse literatuur, asook
taal- en letterkunde. Hoe gereeld dit nog aangevul word, is wel
’n vraag. In Kaapstad is daar ’n goeie Nederlandse
biblioteek wat gehuisves is in die Huis der Nederlanden. Daar word
selfs beweer dat dit die grootste versameling Nederlandstalige boeke in
die suidelike halfrond is! Maar dit is net bereikbaar vir mense in die
Kaapse Skiereiland en die Boland. Die televisiestasie BVN (Beste van
Vlaandere en Nederland) kan op Suid-Afrika se satelliet-betaalkanaal
(DSTV) opgevang word. Nederlandse en Vlaamse skrywers, dans- en
teatergroepe besoek die Suid-Afrikaanse kunstefeeste van tyd tot tyd.
So ook Herman van Veen, Stef Bos en Dana Winner. En dit is omtrent die
somtotaal van die Lae Lande se nie-akademiese, kulturele penetrasie in
Suid-Afrika. Ten opsigte van akademiese kontak speel die Nederlandse
Taalunie ’n belangrike rol. Verder het sowel Nederland as
Vlaandere ’n Fonds vir die subsidiëring van
vertalings. Daarsonder sou nie ’n enkele boek uit die Lae
Lande in Afrikaans vertaal kon word nie, aangesien die plaaslike
uitgewers nie die risiko van ’n potensieel swak verkoper wil
loop nie.
Maar nou weer terug na die boikotjare.
Ondanks die offisiële opskorting van die kulturele betrekkinge
tussen België en Suid-Afrika is ek toegelaat om in 1983 aan
die Katholieke Universiteit van Leuven te studeer. Ek was destyds
’n lektor in die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan
die Universiteit van die Vrystaat, en daar het ’n informele
skakeling tussen die twee universiteite bestaan. Een van die
hoogtepunte vir my daardie jaar was die Antwerpse Boekebeurs,
“Het andere boek”,
waar ek die pas vrygelate Breyten Breytenbach in ’n
vraaggesprek sien optree het. (Breytenbach is die voorafgaande sewe
jaar in gevangenisse in Suid-Afrika aangehou weens beweerde
“terroristiese bedrywighede”.) Die gespreksleier
was die digter en joernalis Herman de Coninck. By dieselfde boekebeurs
het ’n baie jong, bekkige en rebelse Tom Lanoye sy gedigte
“perform”.
Nooit het ek tóé kon
dink dat ek twaalf jaar later Herman de Coninck én Tom
Lanoye in Afrikaans sou vertaal nie. Ná hierdie twee
Vlaminge het ek ook die Nederlanders Herman van Veen, Harry Mulisch,
Gerrit Komrij en Karel Glastra Van Loon vertaal. En ter wille van die
Noord-Suid-balans toe weer ’n Vlaming: David van Reybrouck.
Met die uitsondering van Mulisch het al dié skrywers
Suid-Afrika met die bekendstelling van die vertalings besoek. Intussen
het ook Antjie Krog, Abraham H. de Vries en Hennie van Coller tekste
van Tom Lanoye, Henk van Woerden, Adriaan van Dis en Luuk Gruwez in
Afrikaans oorgesit.
Maar is dit hoegenaamd nodig om vanuit
Nederlands in Afrikaans te vertaal? Die tale is tog wedersyds
verstaanbaar, hoor ’n mens dikwels. Veral die Afrikaanse
leser behoort sonder veel moeite ’n Nederlandse teks te kan
lees, omdat Nederlands glo die grootste deel van die Afrikaanssprekende
se historiese taalbewussyn uitmaak. Ongelukkig het hierdie romantiese
opvatting weinig met die werklikheid te doen. Die lees- en
begripsversperrings wat die Nederlandse taal vir Afrikaanse lesers
oplewer, is legio. Ek noem enkele van dié slaggate.
1. Nederlands het ’n groter aktiewe
woordeskat as Afrikaans, onder meer as gevolg van die verskille tussen
“Noord-Nederlands” en
“Suid-Nederlands” of “Vlaams”.
2. Identiese woorde en uitdrukkings het
dikwels verskillende en selfs teenoorgestelde betekenisse in die twee
tale – die sogenaamde valse vriende. (“Afrikaanse
literatuur” beteken in Nederlands “literatuur van
Afrika”; in Afrikaans is dit “literatuur in die
taal Afrikaans”. Andersins praat ons van
“Afrika-literatuur”. Die Afrikaanse woord
“vaak” beteken “slaperig”, soos
in “Klaas Vaak”; die Nederlandse
“vaak” is “dikwels” in
Afrikaans. Die woord “aardig” beteken in Nederlands
“aangenaam”; in Afrikaans beteken dit
“onaangenaam”. Enso-eindeloos-voort.)
3. Al vorm Nederlands die fonologiese,
leksikale en sintaktiese basis van Afrikaans, het ons taal ander
inheemse én uitheemse invloede ondergaan – onder
meer van Maleisies, Khoi, die Nguni- en Sotho-tale. Daarom sê
ons in Afrikaans “baie” (Maleisies) in plaas van
“veel” of “zeer”,
“kierie” (Khoi) in plaas van
“staf”, “gramadoelas” (Nguni)
in plaas van “rimboe”. Die genoemde Nederlandse
woorde klink vir die Afrikaanse oor óf vreemd óf
argaïes. Die grootste invloed gaan egter van Engels uit, wat
Afrikaans tot in sy idiomatiese, Dietse kern aantas. Die anglisering
van Afrikaans is ’n voortgaande, skynbaar onkeerbare proses.
Die Nederlandssprekendes leen ook al te graag uit Engels, maar dit is
beperk tot die woordeskat – die idioom van die taal bly
onaangetas.
4. Afrikaanse lesers herken selde die
Nederlandse imperfek, omdat Afrikaans nie die onvoltooide verlede tyd
het nie. (Afrikaans ken slegs die perfek, behalwe in die geval van
enkele hulpwerkwoorde: is – was, wil – wou, sal
– sou, kan – kon, het – had.) En die
imperfek is die normale tyd waarin die meeste Nederlandse
literêre tekste geskryf word. In Afrikaans is die normale
verteltyd die historiese presens, omdat die “het
ge-” van die voltooide verlede tyd so lomp is.
5. Of “ze/zij” op
“hulle” (meervoud) of “sy”
(enkelvoud, vroulik) dui, kan alleen afgelei word van die
werkwoordsvorm. Aangesien Afrikaanse werkwoorde nie vervoeg nie,
ontgaan die betekenis van so ’n sin die meeste Afrikaanse
lesers. (Met ander woorde: zij zijn/waren = hulle is/was; zij is/was =
sy is/was.)
6. Daar is talle Nederlandse idiome en
uitdrukkings wat glad nie in Afrikaans voorkom nie. (Omgekeerd
uiteraard ook.)
7. Daar bestaan geen omvattende vertalende
woordeboek vir die twee tale nie. En selfs al verskyn daar hopelik
binnekort so een, sal dit die leser in die geval van skynbaar bekende
woorde nie help nie. Die aard van valse vriende is juis dat hulle nie
as sodanig herkenbaar is nie!
As ’n Afrikaanse leser toegang
wil kry tot die ryk Nederlandse literatuur moet dit noodsaaklikerwys
geskied deur middel van ’n vertaling. Selfs al was
Nederlandse boeke vryer beskikbaar in Suid-Afrika, sou dit in
’n groot mate onleesbaar bly vir die gewone leser. Dit is die
droewige realiteit.
Ons dra wedersyds skuld aan die
vervreemding tussen Afrikaans en Nederlands – die Afrikaner
met sy onvergeeflike Apartheidspolitiek en die Nederlandstaliges met
hulle kontra-produktiewe kulturele boikot. Maar dié
ongelukkige toestande lê al byna ’n dekade in die
verlede. Die grense is nou wawyd oop – selfs al kos
’n Schengen-visum deesdae 60 euro!
“Gezelligheid kent geen
tijd” sê die Nederlandse spreuk. En ná
my jaarlange studieverblyf in Leuven was ek daarvan oortuig dat hierdie
lewensmotto sy oorsprong in nonchalante, gemoedelike Vlaandere gehad
het. Maar hoe misleidend stereotipering kan wees, het ek ook in
Vlaandere uitgevind. ’n Paar jaar gelede woon ek ’n
vertalerswerkswinkel by wat deur die Nederlandse Taalunie georganiseer
is en wat in Nederland én België plaasgevind het.
In ’n lesing oor die kultuurverskille tussen Noord en Suid
beweer die spreker dat Nederlanders absolute stiptelikheid van
’n mens verwag. Maar as jy in Vlaandere na iemand se huis
genooi word en jy klop betyds aan, is die huismense heeltemal onkant
betrap. Die gasheer het dan nog sy pantoffels aan en die gasvrou staan
in haar voorskoot voor die stoof. In Vlaandere is dit goeie maniere om
ten minste ’n halfuur laat te wees, verseker daardie
kultuurkenner ons. Tydens die Belgiese been van die werkswinkels word
ek vir aandete uitgenooi na die huis van die radioman Jean-Pierre
Rondas. Die afgespreekte tyd is sewe uur. Met my nuutgevonde kennis sit
ek op die Concience-plein in Antwerpen en wag tot om half agt voor ek
aanlui. Mevrou Rondas maak die deur oop en is baie verlig om my te sien
– want Jean-Pierre ry al ’n halfuur lank op sy
fiets rond op soek na my. Hy dag ek het verdwaal!
Nou wil ek vir u prakties demonstreer
watter uitdagings vertaalwerk uit Nederlands na Afrikaans skep. Dit is
die maklikste om dit aan die hand van gedigte te doen. Die eerste
voorbeeld kom uit my vertaling van ’n keuse uit
die
Vlaming Herman de Coninck se vroeë gedigte, wat in 1996
uitgegee is onder die titel Liefde,
miskien.
Ek lees eers die oorspronklike Nederlandse vers en dan die Afrikaanse
weergawe:
Middenin de vlakte van juli
kwam ik je tegen. Ik woon hier, zei je.
Ik keek naar de bloemen. Ja, dat zie ik,
zei ik, en waar leerde je de kunst
om niet lang te duren? Ook hier, zei je.
Je was lenig; en je woorden waren zo
doorschijnend, ik kon je er helemaal
door zien.
En daar lag ik al in het gras
en wat hield ik in mijn hand?
Een oortje, waarin ik het lange woord
“lieveling” uitgoot,
zonder morsen.
En nou die Afrikaans:
Midde in die vlakte van Julie
kom ek jou toe teë. Ek woon hier,
sê jy.
Ek kyk na die blomme. Ja, dit sien ek,
sê ek, en waar leer jy die kuns
van kortstondigheid? Ook hier, sê
jy.
Jy was lenig; en jou woorde was so
deurskynend, ek kon jou heeltemal
deur hulle sien.
En daar lê ek toe in die gras
en wat hou ek in my hand?
’n Oortjie, waarin ek die lang
woord
“lieweling” uitgiet,
sonder om te mors.
Die opvallendste verskil tussen die twee
tekste is dat die eerste in die onvoltooide verlede tyd, die imperfek,
geskryf is; die tweede is in die teenwoordige tyd, die presens. Ek
hét al gewys op die lompheid van die Afrikaanse
verledetydsvorm, omdat ons slegs die voltooide verlede tyd, die perfek,
ken. Die eerste sin van hierdie gedig moes streng gesproke
só gelui het: “Midde in die vlakte van Julie / het
ek jou teëgekom.” Ritmies is dit sonder energie of
spankrag vanweë daardie “het ge-”.
Gelukkig is dit die aanvaarde gebruik in Afrikaans om die teenwoordige
tyd, die sogenaamde historiese presens, te gebruik wanneer ’n
verhaal vertel word. Verder kan die verlede deur ’n voegwoord
soos “toe” aangedui word, wat ek toe ook gedoen
het: “Midde in die vlakte van Julie / kom ek jou toe
teë.”
In die Nederlandse reëls is daar
’n herhaling van die a-klank in die woorde
“vlakte” / “kwam”. Hierdie
assonansie gaan in die Afrikaans verlore, maar word vergoed deur die
allitererende “toe” en
“teë”. Die vertaalde reëls boet
dus nie aan klankrykheid in nie. (Dit is ’n erkende beginsel
in die vertaalkunde: vir elke verlies moet daar gekompenseer word
– en verkieslik op dieselfde taalvlak, hetsy fonologies,
leksikaal, sintakties of metafories.)
Afrikaans is, benewens die perfek, opgesaal
met nog ’n lomp konstruksie: die dubbele negatief. In De
Coninck se gedig loop die vertaler hom gelukkig net een maal in
’n negatiewe stelwyse vas: “en waar leerde je de
kunst / om niet lang te duren?” – staan daar in die
eerste strofe. Die letterlike vertaling is ritmies energieloos:
“en waar leer jy die kuns / om nie lank te duur
nie?” Dit klink veel treffender as ’n mens die
negatiewe stelwyse omswaai na ’n positiewe: “en
waar leer jy die kuns / van kortstondigheid?” Die verlore
l-alliterasie van die oorspronklike (“leerde” /
“lang”) word vergoed deur die herhaling van die k
in “kuns” en “kortstondigheid”.
Tot sover die Vlaamse voorbeeld. Die
gedigte van die Nederlander Gerrit Komrij het ’n bykomende
uitdaging gebied – ’n uitdaging op die terrein van
die versvorm. De Coninck se gedigte is redelik vry van vorm, selfs ook
as hy sonnette skryf. Daarenteen skryf Komrij streng formele verse
waarin hy die lettergrepe tel sodat elke versreël presies ewe
lank is. Verder rym sy gedigte volgens ’n vaste patroon. Om
van hierdie vorm af te wyk sou vir enige ernstige vertaler
heiligskennis wees.
Sodra ’n mens lettergrepe begin
tel, kom jy agter dat Afrikaanse woorde meestal korter is as die
Nederlandse vanweë die talle en-uitgange in Nederlands. In
Afrikaans verloor ons dikwels ook ’n lettergreep deur die
wegval (elisie) van die tussenvokaliese konsonant. (So word byvoorbeeld
die tweelettergrepige “leder” én
“leger” die eenlettergrepige
“leer” en “leër”.) En
dit besorg die vertaler baie gou ’n sillabiese kopseer. Aan
die ander kant het die dubbele negatief in Afrikaans weer ’n
lettergreep te veel tot gevolg – en boonop een wat telkens
aan die einde van die sin in rymposisie beland!
Ter opheldering van wat ek sopas
gesê het, gee ek ’n voorbeeld uit my vertaling van
’n keuse uit Gerrit Komrij se gedigte. Dit is in 2005 deur
Protea Boekhuis gepubliseer as Die
elektries gelaaide hand.
Die gedig “Contragewicht”
is ’n sonnet met ’n vaste rymskema en elkeen van
die 14 versreëls het 10 lettergrepe met ’n jambiese
metrum. Die gedig bestaan dus uit presies 140 lettergrepe. Ek haal net
die tweede strofe aan:
Want waar ek heenga voel ik me niet thuis
En waar ik tuis ben wil ik telkens weg.
De grens wordt smal tussen geluk en kruis,
Steeds minder denk ik wat ik hardop zeg.
Hierdie strofe het drie struikelblokke
gebied: die negatiewe stelwyse, die rympatroon en die metrum. In die
eerste reël staan daar letterlik: “Want waarheen ek
gaan, voel ek nie tuis nie.” Só vertaal beslaan
die reël presies tien lettergrepe, maar die ritme haper en dit
is byna onmoontlik – in elk geval onwenslik – om op
daardie onbeklemtoonde “nie” aan die einde van die
reël te rym. Maar gelukkig kan ’n mens
“nie tuis nie” ook as “ontuis”
weergee. Daarmee is een rymprobleem sommer ook opgelos (in Afrikaans
rym “tuis” ook op “kruis”),
maar nou kort die reël een sillabe. Dit is maklik oplosbaar
deur die stopwoordjie “daar” in te voeg. En siedaar
’n volmaakte versreël: “Want waarheen ek
gaan, daar voel ek ontuis.” Nee, nie heeltemal volmaak nie,
want ek kon nie die jambiese metrum nadoen nie: “Want
wáár ik héénga
vóél ik mé niet
thúís.” Ta tam / ta tam / ta tam / ta
tam / ta tam. Maar in dié opsig moes ek die stryd gewonne
gee. Die meeste moderne poësielesers is – gelukkig
vir die vertaler – skaars van die metrum bewus, dit wil
sê van die kunsmatige klempatroon wat onder die normale
spraakritme skuilgaan.
Die rympatroon het in die vierde
versreël nóg ’n strik gestel:
“zeg” rym daar op “weg”. In
Afrikaans behoort daar te staan: “Steeds minder dink ek wat
ek hardop sê.” Maar
“sê” rym natuurlik nie op
“weg” nie, daarom moes ek dié
reël heeltemal herskryf. Uiteindelik het my vertaling soos
volg geklink (let op dat ek die jambiese metrum in ten minste
reëls 2 en 3 kon behou):
Want waarheen ek gaan, daar voel ek ontuis
En as ek tuis is, wil ek gou weer weg.
Die grens vervaag tussen geluk en kruis,
En wat ek dink, klink in my mond oneg.
Die vertaling vanuit een taal na
’n ander behels veel meer as net taal- en vormkwessies. Daar
is ook kultureke aspekte wat moeilik of glad nie oorgedra kan word.
Soms moet vertalers noodgedwonge hulle toevlug neem tot voetnote of
verklarende aantekeninge. By die vertaling van tekste uit die klassieke
oudheid is dit selfs onvermydelik. By moderne tekste sal die vertaler
eerder so onopsigtelik as moontlik verklarend probeer vertaal, omdat
voetnote en aantekeninge die nie-akademiese leser kan afskrik. Dit is
’n saak waaroor ’n mens uitgebreid sou kon uitwei.
Ek volstaan egter en sluit af met ’n enkele voorbeeld. Een
van Herman de Coninck se gedigte het ek soos volg vertaal.
Denkend aan vroeëre gedigte
Ons was jonk, ons het die taal
soos ’n perd bestyg en uitdagend
oor die velde gery, lasso’s
van woorde geslinger na alles
wat ons wou verower. O,
dit was dolle roekelose ritte. Wees tog
maar versigtig, het die kritici agter ons
aan geroep.
En saans het die taal nog gestaan en natril,
op stal in ’n gedig, runnikend
van heimwee na die maan
en na die verste betekenisse.
In die oorspronklike het daar in plaas van
“die kritici” ’n persoonsnaam gestaan:
“Kees Fens”. Fens was ’n baie bekende en
invloedryke Nederlandse literêre kritikus. Dit sou egter
onregverdig wees om te verwag dat die deursnee Afrikaanse leser dit
moet weet. Vandaar my verklarende, voetnootlose vertaling:
“die kritici”.
Bibliografie
Herman de Coninck: Liefde, miskien
– Uit die
Nederlands vertaal deur Daniel Hugo,
Queillerie, Kaapstad, 1996.
Daniel Hugo: “Boeke-aanbod
só vergroot”, Afrikaans Vandag,
Junie 1997.
Daniel Hugo: “Nederlandse
literatuur in Afrikaanse vertaling”, Filter,
September 1998.
G.P.M. Knuvelder: Beknopt handboek tot
de geschiedenis der
Nederlandse letterkunde,
sesde druk, Malmberg Den Bosch, 1974.
Gerrit Komrij: Die elektries gelaaide
hand –
Gedigte vertaal deur Daniel Hugo,
Protea Boekhuis, Pretoria, 2005.
F.F.
Odendal en R.H. Gouws: HAT – Verklarende
Handwoordeboek van die
Afrikaanse Taal,
vyfde uitgawe, Maskew Miller Longman, Kaapstad, 2005.
Otto
Terblanche: Nederland en die Afrikaner: Gesprek oor
Apartheid,
Universiteit van Port Elizabeth, 1998.
Leopold
Vermeiren: Die Rooi Ridder - Vertaal deur Elma
Hartman
en Deon van den Heever,
Nasionale Boekhandel, Kaapstad, 1964.

Anton
Prinsloo
Die
herkoms van ’n klompie Afrikaanse volksliedjies en
spreekwoorde het mettertyd versluier geraak toe veral die mondelinge
oorlewering daarvan gestaak is. Maar die herkoms van enkeles het
onlangs weer aan die lig gekom – en van die tergendste vrae
vir ’n taalnuuskierige opgelos.
Vanaand
gaan die volkies koring sny
So
wou iemand onlangs by my weet hoekom die volkies dan in die aand gaan
koring sny terwyl die dag soveel beter (en dikwels ook warmer) is.
Daarby wil hy weet hoekom die geliefde dan onlogies (en ongemaklik) aan
’n bitterbessiebos hang. Dié vraag hou talle mense
al lankal besig, en toe laat weet mnr. Pieter Fourie van Bloemfontein
vir my dat hy lank gelede in ’n radioprogram die volgende
verklaring daarvan gehoor het:
‘Toentertyd,
voor meganisasie, toe daar nog met sekels in die Wes-Kaap koring gesny
is, het die werkers (toe volkies genoem) elkeen
’n vak gekry om in oestyd af te sny. Om die koring betyds van
die lande af te kry, is daar soms saans koring gesny by die lig van
lanterns op lang stokke wat in die grond gesteek is. Om die volkies aan
te moedig om nie te laat slap lê nie en klaar te maak voordat
dit dou, is ’n bottel vuurwater op die oorkantse punt van die
koringland aan ’n bitterbessiebos gehang en die eerste een
wie se vak klaar gesny is, kon dié bottel kry.
‘Nou,
terwyl die volkies gesny het, het hulle spontaan gesing, en ook hulle
eie liedjies gemaak. Toe die groot dors hulle naderhand vat, begin
hulle die bottel vuurwater, wat daar aan die einde van die land aan
’n bitterbessiebos wag, “my geliefde”
noem. Dit verklaar die woorde van die liedjie.

Wuiwende
koringlande in die Wes-Kaap, Suid-Afrika
Die
radioluisteraars na RSG (RadioSonderGrense) se taalprogram het nooit op
hulle laat wag om inligting aan te stuur nie – en vandaar
mnr. Fourie se heel aanneemlike verklaring.
Vat
jou goed en trek Ferreira
Maar
wat van Ferreira wat moes trek? Na ’n jarelange soektog na
die oorsprong van die liedjie stuur mev. Marianne Jooste van Orania aan
my die volgende inligting wat sy raakgeloop het in hulle biblioteek.
Daar is ’n boek met uittreksels uit Die
Boervrou –
’n tydskrif wat in die twintigerjare van die vorige eeu
verskyn het. In die Oktober 1926-uitgawe verskyn die volgende
verstommende inligting onder die titel Liedjies
uit die vergetelheid gehaal:
‘Ons
lees verlede week in die Sunday
Times van die dood van mev.
Annie Molony, die skryfster van Vat
jou goed en trek, Ferreira.
‘Mevr.
Molony het 84 geword, was die moeder van 20 kinders en was die eerste
vrou wat saans by feestelikhede klavier gespeel het in Johannesburg, 40
jaar gelede.
‘Toe
sy eers in Suid-Afrika gekom het, was sy tuis by ’n ryk boer,
mnr. Van Aardt, in die distrik Somerset-Oos.
‘Naas
Van Aardt het Ferreira gewoon – sy bynaam was
“Hoepelbeen”, omdat sy een been korter was as die
ander. Van Aardt het Ferreira se plaas vir kontant gekoop, maar kon hom
nie beweeg om dit te verlaat nie! Dit was later ’n grap deur
die hele buurt en Van Aardt was verleë oor die plaery van die
bure. Toe het Annie Molony en Ada van Aardt (dogter van die ryk Van
Aardt) ’n plan gemaak.
‘Ada
het Vat jou goed en trek,
Ferreira, ens., geskrywe en
mevr. Molony het die musiek daarop gemaak. Toe nooi hulle die hele
buurt na ’n dans – almal was daar, ook die
Ferreiras.
‘Mevr.
Molony het die liedjie gespeel en gesing – almal het die grap
begryp en die vrolike deuntjie gou geleer en hartlik meegesing.
‘
“Hoepelbeen” het in woede die dans verlaat en vroeg
volgende dag toe die Van Aardts opstaan, sien hulle hoe trek die
stofwolke op Ferreira se plaas! Ferreira en sy
“goed” was besig om te trek, daartoe gedwing deur
die deuntjie wat hulle in die lewe geroep het.
‘Is
dit nou nie ’n fraai ou storetjie [sic] nie? Ons is tog alte
bly om verder in die verhaal te lees dat toe mevr. Molony wegtrek uit
die distrik het Van Aardt vir haar £1,000 present
gegee!’
Waar
Dawid die wortels gegrawe het
’n
Ander volksfiguur wat tot dusver verborge gebly het, is die Dawid wat
êrens wortels gegrawe het. Onlangs het mev. Hetta Hager van
Griekwastad my aandag gevestig op ’n inskrywing in Charles
Pettman se boek van 1913, Africanderisms.
In dié werk bied die skrywer ’n lys
“South African colloquial words and phrases and of place and
other names” aan. Hy verwys na Davidjes
wortel, ’n naam wat
later in die Woordeboek van
die Afrikaanse Taal opgeneem is
as dawidjieswortel (ook dawidjiewortel).
Dit is
’n plantsoort wat baie giftig is vir diere,
maar Leipoldt praat ook van ’n Van der Merwe wat sy vrou
“met kattekruie en dawidjiesgoed vergewe het” (dawidjiesgoed
is ’n ander naam
vir dawidjiewortel).
As jy nou vir iemand wys waar dawidjiewortel gegrawe (ook begrawe) is,
dan kan dit dalk letterlik beteken dat jy hom inlig oor die gifplant,
of hom waarsku dat hy met gif speel. Die vervorming van dawidjiewortel
tot Dawid
die wortel lyk voor die hand
liggend, veral as iemand wat nie die plant ken nie die naam daarvan
hoor.
In
sy proefskrif, Volk en taal
van Suid-Afrika (1921) wys
S.P.E. Boshoff (bl. 345-6) daarop dat spreekwoorde dikwels in Afrikaans
vervorm word, byvoorbeeld in
iemand se vaarwater kom is
volksetimologies vervorm tot in
iemand se vaalwater kom,
waarskynlik omdat die skeepsterm vaarwater
later nie meer bekend was by die inwoners van ons land nie. Boshoff
gaan voort oor die spreekwoord: ‘Die volksetimologie (kan)
ook verantwoordelik wees vir die spreekwoord: by dawidswortel is
aan ’n
persoon Dawid gedink,
en deur die volksverbeelding word die denkbeeldige persoon
skertsenderwyse voorgestel as ’n grawer van die wortels (vgl. Jantjie
se baadjie
aanhê by ja(n)loers
wees.’
Belangriker
is Boshoff se uiteensetting oor die manier waarop ’n mens die
onverstaanbare, vreemde woord(e) verstaanbaar maak deur die klank
daarvan na te boots maar ’n verstaanbare Afrikaanse woord
daarop te vorm, byvoorbeeld die nou oorbekende Slypsteen vir Shepstone,
Martjie Louw vir
die Engelse Martial Law,
Rypatrys of Gryspatrys vir repatriation,
orreltjie vir orderly,
duisendtree vir dysentry;
eendjiebyter vir incubator; halfkoord vir albakoor,
die vissoort wat in Portugees albacor(a) is. Vandaar die
stelling
dat Dawid die wortel
goedskiks ’n volksetimologiese vervorming, veral na die
klank, van dawidjiewortel kan
wees.
Wat
sê Horak?
Dit
is ’n spreekwoord wat in die Paarl ontstaan het. Boshoff
vermeld dat prof. Francken van die Grey Universiteitskollege
dié Horak as “geheimsinnig” en
“nie eers legendaries nie” afmaak.
D.F.
Malherbe in sy Spreekwoorde en
verwante vorme van 1924 neem
die spreekwoord op as Wat
sê Horak (As dit maar waar is).
Hy sê: ‘Op hierdie spreekwoordelike vraag wat
blykbaar uit die Westelike Provinsie (Kaapstad en omstreke) oor die
hele land gesprei het, word geen antwoord verwag nie, maar daarmee word
eenvoudig iets betwyfel. By nader ondersoek is (sic) geblyk dat hierdie
Horak, wat origens 'n in ons land welbekende familienaam dra, 'n
historiese persoon of persone voorstel en dus nie onlegendaries is nie,
soos beweer word. Die uitdrukking is ten minste 80 jaar oud volgens die
getuienis van ’n baie bejaarde persoon.’ (In
’n voetnoot geïdentifiseer as ‘wyle mnr.
G.J. Malherbe Pêrel’ (sic)). ‘Daar is
verskeie verhale in omloop omtrent ’n seker ou Horak, wat as
uitgangspunt vir die spreekwoord kan beskou word. So verhaal
’n bejaarde persoon uit Wellington dat sy vader die betrokke
Horak persoonlik geken het, en dat hy die gewoonte gehad het, as hom
iets meegedeel word, om te sê: as
dit maar waar is. Verder word
verhaal van ’n seker Horak wat bekend gestaan het weens sy
ongelowige neiginge en wat meer as eenmaal uit die kerk gestap het
sodra van die kansel iets gesê word waaraan hy twyfel of
waarmee hy nie instem nie. Altwee enigsins vaag herinneringe het tot
gemeenskaplike trek: ’n seker persoon met die naam van Horak
wat twyfelsugtig was.’ Tot sover Malherbe.
Die
feit agter dié spreekwoord is ongeveer ’n dekade
gelede deur ’n nasaat van dié mnr. Horak aan my
oorgedra en hy kon dit met vers en kapittel bewys. Die werklike toedrag
van sake was as volg: Die uitdrukking het in die Paarl
ontstaan. Die
ou mnr. Horak het agtergekom dat die predikant Sondae sy preek so maak
dat die hele gemeente besef dat dit op Horak en sy doen en late gemik
is (waarskynlik meer op sy doen as op sy late). Mnr. Horak het dit
natuurlik nie gelate aanvaar nie. Hy het dus Sondae by die kerkdeur
gestaan en as die dominee iets beskuldigends sê, het hy
gesê: As dit maar
waar is! Naderhand het die mense
as hulle iets betwyfel, eers gevra: Wat
sê Horak?
En
nou bly daar minstens nog oor oom
Daantjie van die kallerhok
en die Sarel
wat moet sak
van wie die maskers afgehaal moet word.
Betowerend,
die Afrikaanse taal.
Bronne
Boshoff,
S.P.E. 1921. Volk en taal van
Suid-Afrika. Pretoria: J.H. de
Bussy.
Malherbe,
D.F. 1924. Afrikaanse
spreekwoorde en verwante vorme.
Bloemfontein: Nasionale Pers.
Pettman,
Charles. 1913. Africanderisms.
Londen: Longmans, Green.
Prinsloo,
A.F. 2004. Spreekwoorde en
waar hulle vandaan kom.
Kaapstad: Pharos.

VERANDERINGEN
VAN STREEKTALEN
IN
KAART GEBRACHT
Berthold
Van Maris
Een
wandelaar die van West-Vlaanderen naar Oost-Groningen loopt en onderweg
praat met dialectsprekers, hoort het Nederlands geleidelijk veranderen.
Het woord voor “wijn” bijvoorbeeld verschuift
langzaam van “wèn” in Vlaanderen naar
“wijn”, “wain” en tenslotte
“ wien” in Groningen. De wandelaar zal ook opmerken
dat de veranderingen in sommige gebieden subtiel zijn, terwijl ze
elkaar in andere gebieden snel opvolgen. Op dialectkaarten van
Vlaanderen en Nederland werden dialectgroepen tot nu toe altijd met
scherp getrokken grenzen ingetekend. Wilbert Heeringa, taalkundige aan
de Rijksuniversiteit Groningen, heeft nu voor het eerst kaarten gemaakt
waarop de geleidelijke veranderingen goed in beeld worden gebracht.
Heeringa
ontleende zijn datamateriaal aan de Reeks Nederlandse Dialectatlassen
(RND), die werd samengesteld in de periode van 1925 tot 1975. Daaruit
selecteerde hij 360 Vlaamse en Nederlandse dialecten. Vervolgens bekeek
hij de uitspraak van 125 alledaagse woorden, die voor al deze dialecten
zijn opgetekend. Voor elk van de dialecten liet hij de computer de
linguïstische afstand tot de andere 359 dialecten berekenen.
Daarvoor gebruikte hij de techniek van de Levenshtein-afstand, die
eerder werd toegepast bij het vergelijken van DNA-structuren en
vogelzangpatronen. De computer vergeleek woorden met elkaar en
berekende daarna het verschil. Dat gebeurde voor alle 125 woordparen en
voor de 360 dialecten. In totaal ging het om acht miljoen berekeningen.
Variaties
weergeven
Het
cijfermateriaal dat uit de computer rolde, werd vervolgens op
verschillende manieren gevisualiseerd. Allereerst werden op een gewone
kaart van Vlaanderen en Nederland de 360 dialecten met punten
aangegeven, waarna ieder punt door middel van lijntjes met de andere
359 punten verbonden werd. De grijswaarde van het lijntje geeft de
linguïstische afstand aan. Een groot verschil resulteert in
een wit lijntje, dat wegvalt op de witte ondergrond; kleinere
verschillen leveren grijze lijntjes op. Hoe donkerder het lijntje, hoe
kleiner de linguïstische afstand. Zo ontstond een kaart met
donkere en lichtere gebieden. In de donkere gebieden veranderen de
dialecten minder snel dan in de lichte gebieden.

De
Levenshtein-afstand, een maat voor het verschil tussen de dialecten,
wordt weergegeven in grijze lijnen tussen de dialectmeetpunten. Hoe
donkerder een lijn, hoe kleiner het verschil. Bron: W. Heeringa en P.
Kleiweg
(Klik vir
vergroting)
Deze
kaart laat mooi zien dat er in Noordoost-Nederland duidelijk drie
groepen van dialecten te onderscheiden zijn: het Fries, het
Gronings-Neder-Saksisch en het Overijssels-Neder-Saksisch. Met de ogen
half dichtgeknepen is het algemene beeld nog beter te zien. Voor de
rest van Nederland, het domein van de Neder-Frankische dialecten, is
het beeld minder duidelijk. Limburg is nagenoeg wit, wat erop duidt dat
de verschillen tussen dat dialect en aangrenzende dialecten er veel
groter zijn dan elders in Nederland. Vlaanderen maakt een zeer
verbrokkelde indruk: het is een bonte verzameling van lichte en donkere
gebieden.
Een
andere manier om de linguïstische afstand tussen de dialecten
te visualiseren, heet “multidimensional
scaling”: de dialecten
worden in een abstracte ruimte geplaatst op zo’n manier, dat
de ruimtelijke afstand tussen de dialecten zo goed mogelijk
correspondeert met de linguïstische afstand. Er is eigenlijk
een ruimte van 359 dimensies voor nodig om die afstanden precies weer
te geven. Maar als je de dialecten in een driedimensionale ruimte
plaatst, wordt de werkelijke situatie al voor 88 procent benaderd. Bij
4, 5 en 6 dimensies is dat respectievelijk 92, 95 en 96 procent.
Heeringa koos voor een driedimensionaal model, omdat de meerwaarde van
meer dimensies volgens hem gering is. Bovendien is het aardige van drie
dimensies dat ze als kleuren op een gewone landkaart kunnen worden
geprojecteerd. Aan iedere dimensie wordt een kleur toegekend (rood,
blauw en groen) en die kleuren worden, als bij een televisietoestel,
met elkaar vermengd. Elk dialect krijgt zo zijn eigen unieke kleur.
Verwante dialecten krijgen kleurschakeringen die dichtbij elkaar in de
buurt liggen.
Kleurenschakering
Op
de kaart die zo ontstaat, is opnieuw goed te zien dat het Fries (blauw)
een geheel eigen positie inneemt. En opnieuw vormen de Neder-Saksische
dialecten van Noordoost-Nederland (donkergroen) een duidelijk geheel.
De overgang naar de Neder-Frankische dialecten is ook goed te zien. Het
overgangsgebied ligt boven de as Amersfoort-Groesbeek. Ook het Limburgs
(lichtgroen) tekent zich duidelijk af als een afzonderlijke groep. De
overgangen tussen de overige dialecten – Hollands, Utrechts,
Brabants, Zeeuws, Oost- en West-Vlaams – zijn geleidelijker.
Samen vormen deze dialecten een continuüm van grijs naar
donkerrood. Deze kaart maakt trouwens ook korte metten met het idee dat
er een duidelijk verband zou zijn tussen de Friese en de
Noord-Hollandse (“West-Friese”) dialecten, iets wat
vroeger nog wel eens werd aangenomen op grond van de historische banden
die er tussen deze gebieden zijn.

Indeling
van de Nederlandse dialecten volgens W. Heeringa en P. Kleiweg
Heeringa
onderwierp zijn cijfermateriaal ook aan een “clusteranalyse”.
De computer maakte (zie tabel). De computer maakte een boomdiagram met
binaire vertakkingen, waarin zich eerst het Fries en daarna het
Limburgs aftakt. Vervolgens vertakt de boom zich verder: de
Neder-Saksische en de Neder-Frankische dialecten (minus het Limburgs)
splitsen zich van elkaar. In de traditionele indeling wordt het
Limburgs vaak tot het Neder-Frankisch gerekend, maar dit boomdiagram
laat zien dat daar weinig reden voor is.
Afstand
tot het ABN
Een
derde kaart, die Heeringa door de computer liet inkleuren, laat zien
hoe groot de afstand is tussen de dialecten en het ABN. Het dialect van
Haarlem ligt het dichtst in de buurt van het Standaardnederlands, maar
verschilt er toch nog altijd voor 14,7 procent van. Het (Friese)
dialect van Schiermonnikoog is er het verst van verwijderd: 44,9
procent. Dat wil zeggen dat een tekst in ABN en de vertaling daarvan in
het Schiermonnikoogs maar de helft van de klanken met elkaar gemeen
hebben.
Het
Nederlandse dialectcontinuüm eindigt abrupt in het Zuiden.
Daar botst het tegen het Romaanse dialectcontinuüm. Maar in
het Oosten, voorbij de Nederlands-Duitse grens, gaat het
continuüm gewoon door. Het maakt deel uit van het grotere
Germaanse continuüm, dat pas bij Polen opbotst tegen een ander
groot continuüm, dat van de Noord-Slavische talen. Hoe de
overgang bij de Nederlands-Duitse grens is en of daar nog gekke dingen
gebeuren, heeft Heeringa al eerder onderzocht, samen met zijn
collega’s van de Groningse universiteit. In 1999 bekeken zij
zeventien dialecten aan weerszijden van de grens bij Bentheim, dat is
de inham boven Twente. Materiaal uit 1975 werd vergeleken met materiaal
uit 1999. Daaruit bleek dat de Duitse dialecten in die twintig jaar
tijd een beetje verschoven waren in de richting van het Standaardduits,
terwijl de dialecten aan de Nederlandse zijde een beetje in de richting
van het ABN waren gekropen.

Op
oudere dialectkaarten, zoals deze van Te Winkel uit 1901, werden de
verschillende Nederlandse dialecten nauwkeurig afgebakend. Uit recent
onderzoek, zoals dat van Heeringa, blijkt dat de verschuivingen veel
geleidelijker gebeuren. Oude dialectkaarten zijn nog te bekijken op de
Engelstalige webstek www.euro-support.be/langbel/langbel.htm
of op de bijgewerkte webstek http://home-13.tiscali-business.nl/~tpm09245/lang/langbel.htm
(Klik
vir vergroting)

Dit
is de kaart van de Nederlandse dialecten van Jo Daan uit 1968.
(Klik vir vergroting)
Artikel
met vergunning oorgeneem uit:
Nieuwsbrief
24/6
Orde
van den Prince
E-post: orde.van.den.prince@skynet.be
Webstek: http://www.ovdp.net

AGIE
EN DIE WOLF
Helena
Liebenberg
In
Afrikaans is jy jou gewig in sout werd as jy die kosbare woordskaal met
sorg (kan) hanteer. As jy egter verbrou
omdat jy te nuuskierig is en die agie in jou die oorhand kry, sal jy
dalk maar gedweë witvoetjie moet soek. ’n Opregte
pluimpie oor jou leeueaandeel in ’n goeie saak herstel dalk
jou selfvertroue sodanig dat jy skoon in jou noppies voel met jouself.
Bekende
manier van sê, nie waar nie? Alledaags
soos asemhaal?! Ja, dit is inderdaad so
dat idiome die hart en niere van ’n taal is, met Afrikaans as
geen uitsondering nie. Dit is ’n
feit soos ’n koei (ook ‘koebeest’ volgens
Van Riebeeck) dat daar sonder Nederlands geen Afrikaans sou gewees het
nie. En verder sou 17e-eeuse
Nederlands nie hier aan die Cabo de Goede Hoop beland het as die VOC
(Verenigde Oost-Indische Compagnie) nie ’n beleid van handel
tussen Nederland en lande in die Ooste gevolg het nie.
Wat
aan die Afrikaanse idiomeskat egter so ’n ekstra interessante
dimensie verleen, is dat die inhoud van hierdie skatkis uit die
Nederlandse stamlandbodem, met seereis op seereis tussen die Weste en
die Ooste stewig aan die suidpunt van Afrika wortel geskiet het. Hier
het baie nuwe dinge op die inwoners gewag: diere,
riviere, plante en plekke – en nog vele meer wat benoem en
besê moes word met die woordeskat tot hulle beskikking. Benewens
die groot aantal Nederlandse uitdrukkings en segswyses wat behoue gebly
het in Afrikaans, het talle wel hier ter plaatse van voorkoms en/of
betekenis verander om te pas by nuwe omstandighede wat uitdagende
vereistes aan die taalgebruikers se skeppingsvermoë gestel
het. Afrikaans het egter nie net geërf en aangepas nie, maar
self geskep of geleen (o.a. uit die Ooste soos jou
moses teenkom).
Veral een passasier wat in
1652 saam met die klein vlootjie hier aangekom het, het omtrent gebrand
van nuuskierigheid om die land te sien. Dit
was Aagje, met toevallig dieselfde naam as die vrou wat sedert 1654 in
Nederland bekend raak as karakter in Jan Soet se klugboek De
gaven van de milde St. Marten: kluchtig
avontuurtje
van't nieuwsgierige Aegje van Enckhuysen. Volgens
dié verhaal gaan Aegje, wat vreeslik nuuskierig was, na
Antwerpen waar sy in groot moeilikheid beland. Hoewel
ons vandag nie meer hierdie storie ken nie, is iemand wat sy of haar
neus oral insteek steeds ’n nuuskierige agie.
Die matrose en ander
seeliede wat tydens die lang reis soms maar ’n stryd gehad
het om die mas op te kom, het hulle eiesoortige woorde en uitdrukkings
saam aan wal gebring. Een van die jong
matrose het sy kans gewaag om by die mooie Aagje te probeer aanklamp
(die hof maak). Hy was egter maar
’n lomperd vir wie aanklamp slegs ’n letterlike
betekenis gehad het, naamlik om met klampe te bevestig of te verstewig.
Hy was op die punt om sy arms styf om Aagje se middeltjie te slaan, toe
die baastimmerman wat die spul so bekyk het, hom van agter af bykom met
’n moker, 'n kort, swaar, vierkantige houthamer waarmee onder
andere hoepelspykers in kiste deeglik ingedryf is.
Dit
het die matroos soos ’n kishou getref. Maar toe hy daar
opstaan, mense, toe wou hy net vuis inlê en amok maak. Dié
Maleis-Javaanse woord het eens gedui op ernstige geweld, maar verwys
tans slegs na ’n groot rumoer.
Die
timmerman het natuurlik self ’n ogie op hierdie aanvallige
meisie gehad. Na jare se praktiese
ondervinding het hy presies geweet dat Ndl. aanleggen
beteken om 'n skip aan wal vas te lê of vas te meer om 'n
lading in te neem. Ook het hy op see
ervaar wat dit beteken om van bakboord na stuurboord gestuur te word,
iets oor ’n ander boeg te gooi, kajuitraad te hou en
skoonskip te maak. Hy het egter ook geweet
van die fynere kunsies van aanlê by 'n meisie.
Dus
het hy die beste taktiek gebruik – dit werk nou nog elke keer
– deur haar ’n mooi pluimpie te gee vir haar hare
wat in sierlike vlegsels om haar kop gedraai was. Hoewel dit in die
Middeleeue in Europa die voorreg was van die persoon wat tot ridder
geslaan is om ’n pluim of veer op sy helm te dra, het dit
later verwys na die vassteek van 'n pluim of veer op iemand se hoed as
sierraad. Toe Aagje sy poging met
soveel grasie ontvang, het daar ’n hele kentering in hom
plaasgevind en waar hy eers gewonder het, het hy nou geweet: met haar
wil hy graag trou. 'n
Skip
word gekenter om herstel of skoongemaak te word. 'n
Deel van die bodem word bo die water blootgestel deur dit te laat
oorhel, onder andere met gewigte wat oor die dek verskuif word.
Aagje en
haar Jan Pieterszoon van Timmeren is kort na hulle aankoms getroud. Die
lewensomstandighede was soms maar moeilik en dat die tafel gedek was,
het nie altyd beteken dat hulle kon gaan aansit vir ’n groot
maaltyd nie. Dié
uitdrukking is eerder gebruik om te verwys na die wit wolkkombers oor Taeffelbergh
en was eintlik ’n waarskuwing, omdat dit gewoonlik 'n woeste
windstorm voorspel het.
Jan, Aagje en die kinders se
eenvoudige woning was naby die Ronde
Doorn Bosje geleë. Die
geselligste kuierplek was die kombuis met sy groot vuurherd waar Aagje
die kos oorgehang het. Oorspronklik was
die
kombuis die kookplek aan boord waar die kok en die coxmaet
kos gemaak het. Hoewel Aagje graag
Oosterse kruie in haar geregte gebruik het, was gekruide taal taboe. Sonder
sout was kosmaak vir haar haas ondenkbaar. Eeue
gelede was sout so kosbaar dat Romeinse soldate dit as betaling vir
diens aan die oorlogsfront ontvang het. Hoewel
geld sout later as salaris (sal
beteken sout) vervang het, herinner die Afr. uitdrukking jou
(gewig in) sout werd wees ons
steeds daaraan. Peper was baie skaars
en gevolglik peperduur. In
die Middeleeue het dit goud soms as betaalmiddel vervang en die korrels
is afgetel om as bruidskat te dien.
Jan en
die seuns moes voortdurend op hulle hoede wees vir roofdiere soos die luypaert,
tyger, leeuw
en wolff. Die
luiperd is ook gevlekte tijger
genoem; vandaar Tygervallei en
Tierpoort. Hoewel geen wolwe in
Suid-Afrika voorkom nie en die hiëna in etlike gevalle
verkeerdelik wolf genoem is (vgl. strandwolf),
is daar heelwat Afr. idiome waarin dié bose dier steeds die
hoofrol speel. Wanneer dit
reën terwyl die son skyn, sê ons Jakkals
trou met Wolf se vrou
– iets heel ongeoorloofs, omdat Wolf se vrou Jakkals se
peetma was! Die Nederlandse wolf
verandert wel van baard maar niet van aard,
terwyl die Afrikaanse jakkals
verander van haar maar nie van streke nie. Hoewel tweegatjakkals
in sy letterlike betekenis hier ontstaan het, kom dié ou
skelm figuurlik gesproke egter altyd en dwarsoor die wêreld
voor …
Die
artikel verskyn in Vrouekeur,
30 Augustus 2002

Kraanvoël
en sy pragtige Blom
Helena
Liebenberg
Is
dit dalk ’n nog nie gehoorde Hans Andersen-sprokie
uit ’n buite-Europese vasteland? Of die opskrif van
een of ander Afrikaanse volksverhaal? Nee, wel nie
so nie, maar ’n veer-kragtige woordstorie uit eg
Suid-Afrikaanse bodem.
Dit
sou ook nie saak maak of ons die kraanvoël en sy verwante in
WNT, Van Dale, WAT of EWA gaan soek nie, dié trefwoord sal
verseker in een of ander vorm in hierdie woordeboeke ingeskryf wees.
In
Van Dale kom kraanvogel, Kraanvogel en kraanvogeldans voor; benewens
dieselfde ritsie wat ook in Afrikaans bekend is,
kom in dié taal ook nog enkele ander
kraanvoëlwoorde voor.
Ndl.
kraanvogel is onder andere die
“naam van een familie van grote loopvogels (Gruidae)
die vooral in moerassen leven, en waartoe de gewone kraan behoort;
– naam voor de orde (Gruiformes)
die zij met de rallen en trapganzen vormen” en stem in
hierdie betekenis ooreen met die Afrikaanse voëlsoort.
Die
woordgeskiedenis van Afr. kraanvoël lui soos volg:
“Groot, reieragtige trekvoël met ’n lang
nek wat veral in moerasse aangetref word. Uit Ndl. kraanvogel
(1714). In Ndl. is kraanvogel
en vogelkraan
wisselvorme, terwyl Afr. slegs kraanvoël
geërf het. Eerste optekening in Afr. in Patriotwoordeboek
(1902) in die vorm kraanfo’el”
(EWA).
Kraanvoëls
kom in die meeste lande van die wêreld voor. In Suid-Afrika
is ons bekendste kraanvoël die grysblou
bloukraanvoël, wat ook die nasionale voël van
Suid-Afrika is. Die kroonkraanvoël of mahem wat ook hier
voorkom, word in Engels crowned
crane genoem. Vroeër
het die heraldiek die kraanvoël voorgestel as sinnebeeld van
die waaksaamheid. Die Xhosa in die Oos-Kaap het groot ontsag vir die
kraanvoël, wat dapperheid simboliseer. Sommige swartmense
assosieer hierdie voël met naderende reën. Soos die
ooievaar en die sprinkaanvoël, word die kraanvoël as
’n geluksvoël beskou. Vanweë ’n
grootliks bedreigde habitat is die kraanvoël
tans ’n beskermde voëlsoort in Suid-Afrika.
In
albei tale word die voëls se paringsdans woordeliks
saamgestel: in Ndl. as kraanvogeldans, en in Afr. as
kraanvoëldans. Tydens hierdie dans
speel die blou kraanvoël se delikate vlerkvere, wat dikwels
verkeerdelik as stertvere aangesien word, ’n belangrike,
sigbare rol.
Terwyl
daar geen verdere Ndl. inskrywings met kraanvogel in Van Dale voorkom
nie, sprei Afrikaans sy woordskeppingsvermoë ’n ent
wyer tot in die planteryk met kraanvoëlbossie en
kraanvoëlblom.
Die
Afr. kraanvoëlbossie ‘misbredie’, is so
genoem omdat die kraanvoëls graag die saad van die plant vreet.
’n
Baie bekender plant is die pragtige kraanvoëlblom, ook strelitzia,
piesangblom
en paradysblom
genoem. Dit verwys na
’n klein geslag van groot piesangagtige struike, fam. Musaceae,
met kleurryke blomme wat soos vlieënde kraanvoëls lyk.

Sierlik
soos ’n kraanvoël in kleurvolle vlug
...
tot heel hoog waar ons tale weer ontmoet met Ndl. Kraanvogel, Afr.
Kraanvoël : “naam van een sterrenbeeld (Grus)
op het zuidelijk halfrond", wat bestaan uit ’n ster van die
tweede grootte omring deur ’n vyftal dowwer sterretjies wat
’n halwe kring daarom vorm. Hierdie Kraanvoël bly
egter net in die suidelike halfrond sirkel.

De
dans van de kraanvogel
Lang
geleden in het mooie land Japan leefde er eens een arme student. Hij
had zelfs geen geld om een kop thee te betalen. Groot was zijn
blijdschap dan ook toen hij in een herberg bij een prachtig dorpje toch
nog welkom was. Ieder avond kreeg de jonge man van de waard iets warms
te eten en te drinken. Niemand wist wat de student eigenlijk studeerde,
maar men vond dit ook niet belangrijk: gastvrijheid was heel gewoon. Op
een avond kwam de student bij de herbergier en hij zei:
“Beste waard morgen moet ik van hier vertrekken. Ik ben u
heel dankbaar wat u voor mij gedaan heeft en wil graag een geschenk
geven.”
De
student liep naar de muur en tekende met krijt een prachtige
kraanvogel. Het was een sierlijke en krachtige vogel.
De
waard en zijn gasten waren heel blij, maar de student zei dat dit nog
niet alles zou zijn. “Het is een bijzondere vogel: als u met
uw gasten voor de vogel gaat zitten en tweemaal in de handen klapt zal
de kraanvogel voor u dansen. U moet echter beloven dat de vogel nooit
voor maar één mens zal dansen en dat er niet meer
als twee keer in de handen wordt geklapt”.
De
waard beloofde dit en de student vertrok. Hij ging met de andere
bezoekers van de herberg voor de muur zitten en samen klapten ze
tweemaal in de handen. Het was een bijzondere vogel, het was een
wondervogel!: De kraanvogel stapte met prachtige bewegingen van de muur
en voerde een dans uit waar de bezoekers tranen van in de ogen kregen.
De mensen voelden het dansen diep in hun hart. Al gauw was het verhaal
van de dansende kraanvogel bekend in de wijde omgeving. Iedere avond
zat de herberg vol met mensen die het ook wel wilden zien. Groot en
klein ging voor de muur zitten en samen klapten ze tweemaal in de
handen, en de kraanvogel danste haar dans.
De
waard deed goede zaken. Op een dag kwam er een rijke en belangrijke man
uit de stad op binnen in de herberg.
De
waard zag aan de mooie kleren dat dit een belangrijk persoon moest zijn
en liep al buigend op de man af.
“Wat
is er van uw dienst waarde heer” zei hij met zijn hoofd naar
de grond gebogen tegen de man. “Ik wil dat de kraanvogel voor
mij danst” zei de rijke man. “Dat kan”
antwoordde de herbergier, “gaat u maar zitten, zo meteen
klappen we tweemaal in onze handen en dan begint het.”
“Ik wil dat het beest alléén voor
míj danst” antwoordde de man hooghartig en hij
smeet een zak met geld op tafel.
De
waard twijfelde even, hij had immers beloofd dat hij dit niet zou doen.
Maar ach, voor een keer, en de man was belangrijk en rijk. Het zou vast
niet erg zijn. Hij knikte tegen de rijkaard en ging naar de rand van de
zaal.
De
deftige man ging voor de tekening zitten en klapte driftig in zijn
hand. Er gebeurde niets.
De
man stond op en klapte nu drie keer in zijn handen en riep:
“en nú ga je dansen" Nu bewoog de kraanvogel, met
gebogen nek stapte ze langzaam en schokkerig van de muur. Ze stond even
stil en begon met een dans, zo traag, … zo droevig, dat de
waard dacht dat de vogel ging sterven. Toen de dans was afgelopen ging
plotseling de deur van de herberg open en daar kwam de student binnen.
In zijn hand droeg hij een fluit, zonder iets te zeggen liep hij naar
de kraanvogel, boog even licht zijn hoofd en begon te fluiten.
De
kraanvogel draaide zich naar de deur toe en samen liepen zij de herberg
uit : Voorop de kraanvogel en daarachter de student. Aan de rand van
het dorp verdwenen ze plotseling uit het zicht. Niemand heeft de
kraanvogel en de student ooit meer teruggezien.
Dit
verhaal is online te vinden op http://www.beleven.org/verhalen/data/verhaal.php?id=6174

DIE
WAAGMOEDIGE TAALSUSTER
Helena
Liebenberg
Die
mate
waarin taalverandering, -vereenvoudiging, woordontlening en
-skepping gedurende 350 jaar in Afrikaans plaasgevind het, het van haar
’n slanke en soepel taal met ’n aantreklike profiel
gemaak, hoewel haar
andersins rustige gelaatstrekke bly spreek van ’n
diepliggende en outydse
skoonheid. Taalgeneties wys haar DNS-struktuur onteenseglik heen na
17e-eeuse Nederlands as haar moederlyn na ’n nog ouer
taalvorm –
ons taalfamilie se brontaal.
Die
Nederlandse TANAP-program (“Towards a New Age of
Partnership”), ’n gesamentlike onderneming van die
Nationaal Archief in Den Haag en die Rijksuniversiteit van Leiden in
medewerking met UNESCO se Memory
of the World-program, het geld
bewillig vir die digitale beskikbaarmaking van die Resolusies van die
Politieke Raad aan die Kaap (1651-1795) vir plasing op die Internet en
op CD. Twee Suid-Afrikaanse TANAP-projekte, naamlik die
transkriberings- en omskakelingsprojek, is van stapel gestuur. Die hoof
van die Kaapstad-Argiefbewaarplek, me. Marian George, het die
transkriberingsprojek gekoördineer, terwyl me. Zirkëa
Ellis, direktrise van Die Huis der Nederlanden, die kontrakte met die
transkriberingspan hanteer en die begroting van sowat R1 miljoen
geadministreer het. Dieselfde diens is gelewer ten opsigte van die
omskakelingsprojek, wat aan ’n privaatonderneming
toegesê is. Dr. Pieter Koenders van die Nationaal Archief het
as algehele TANAP-projekbestuurder opgetree. Die projek het aan die
einde van September 2003 suksesvol ten einde geloop en die resultaat
hiervan is nou op die Internet beskikbaar.
Die
VOC se taal tydens die totstandkoming van die verversingspos aan Kaap
de Goede Hoop was 17de-eeuse Nederlands, moeder van die hedendaagse
Nederlands van Nederland en Vlaandere, en Afrikaans. Een taalsuster het
in die Lae Lande bly woon; die ander een het waagmoedig die gevaarvolle
seereis na die suidpunt van Afrika onderneem. Hier het sy die
onherbergsame nuwe land aangedurf, bewapen met woorde en begrippe soos
vasgelê in en deur die taal van haar gedagtes. Ondanks haar
bruisende woordskeppingsvermoë, het sy ook heel prakties waar
nodig woorde soos dagga
(‘marijuana’) en karos
(‘skaapvelmantel’,
‘velkombers’) by die Khoi-sprekers op permanente
bruikleen bekom. Sy het etlike kere self per retoerskip na Batavia
gereis en woorde asook frases tussen fyn moeselien, sy en ander
Oosterse materiale verpak
en as deel van haar nutsbagasie teruggebring Kaap toe. Woorde in hulle
‘onverwerkte’ vorm, soos atchar, picol,
bakkaleien, armosijn, pisang en banje (Mal. banjak) het
hier te lande in
geselskap met Oosterse slawe en bannelinge (lg. dikwels adellikes)
mettertyd effens van vorm verander en is in die Kaapse taalskat
opgeneem as atjar, piekel, baklei, armosyn,
piesang
en baie.
(Indien ek ’n vorm soos Afr. baie
vergelyk met Fries banje(r)
‘zeer veel’ en Fries, Ndl. banjer
‘groot heer’ is ek van mening dat in hierdie en
etlike ander gevalle eintlik herontlening via die Ooste van
vroeëre Lae Landse taaleiewoorde in Afrikaans plaasgevind het.)
Op
die skepe moes die combaars,
kooigoed en combuijs
sorg dat die ontberings van geharde matrose tot jong hooplopers minder
fel/hel was; by die
“rheede” het hierdie items en hulle benamings saam
met die seemanne aan wal gegaan en is by die Kaapse huisies met hulle
strooidakke en ander plekke ingedra. So beland kok
en koksmaat naderhand in die
“hospitaal” en “slavenlogie” se combuijsen
(1709). Hierdie en talle ander inkommers het net so deel van Afrikaans
geword soos pannekoek, bokkems en biltong. Hoewel dit vandag onbekend
is dat bil-
in biltong
‘boud’ beteken en dat biltong
verwys na ‘gedroogde boudvleis van ’n bees of
wildsbok gesny in ’n reep wat aan ’n tong
herinner’, het ʼn burger wat militêre diens probeer
ontduik het, dit volgens die resolusie van 8.9.1693 aan eie lyf gevoel
wanneer hy as straf “met een voetschop onder sijn billen van
’t vaandel gejaagd werden”.
Benewens
die onheil van scheurbuyk (ook schorbut), bloed
persie, kinderpokjes
en waters-nood
aan boord, het die Kompanjie-skeepslui ook nog met pijraten
te doen gekry. In die resolusie van 26.4.1672 word geskryf van
“Christen Moor en Indiaan”, na aanleiding van die
Nederlandse seerower, Hubert Hugo, wat Moorse skepe aangeval het. In
Afrikaans beteken die frase Christen,
Moor en Mohammedaan
‘almal’, dus: sonder aansien des geloofs. (Die More,
oorspronklik inwoners van Mauritanië, is Moesliems van
Arabiese en Berberse afkoms, wat hoofsaaklik in Fez, Marokko woon.) In
die Resolusies verwys Ndl. Indiaan
deurgaans na ’n inwoner van Indië; in
Afr. verwys Indiaan
na ’n lid van die Rooihuidstamme in Amerika, terwyl
’n inwoner van Indië ’n Indiër
genoem word.
Die
miljoene woorde van die VOC-resolusies word tans met belangstelling
gelees, getranskribeer en ingeneem – sowel die amptenarytaal
as die taal waarin togte na plekke soos die groote
Namaquas Land, die Caro
en Rio de la Goa
(Maputo) beskryf is, persoonlike mededelings vervat in smeekschriften
(tot 1716), later versoekschriften,
en woordelikse getuienis deur persone uit buitedistrikte soos
Swellendam en Graaff-Reinet, in Raadsake. Op 7 Maart 1707 sê
stamvader Arij van Wijk, ’n vrijburger,
vir sy amptenaar-skoonseun wat die ongewilde goewerneur Van der Stel se
bevele uitvoer: “... jij selt nouw geen boeren meer
vangen.” Veel later op 27 Maart
1788 verskyn die volgende: “Capitain
Kuvel van die Freguat Schip gen:d de Falk ... spreekende met een buiten
gewone vorsse Stem ... ‘jij kerel jij bent ’er de
Schuld aan’” en later “‘zwijg
keerel, of ik neem jo direct in mijn Sloep’”. Daar
is sedert die vroegste tyd heel kwistig gejy en gejou!
Nog
Oosterse leenwoorde spreek pragtig uit dié aanhalings: “60 kiate
plankjes”, “65 porceleine pierings”, “baatje
en een muts” (almal 1709). Vgl. die Ndl. kraan
en tap
in “het water door de pomp laten inlopen met een kraan
of tap”
(1716), teenoor Afr. kraan, taptoe, aftap, ens. Heel interessant is slinker
hand,
‘linkerhand’, wat deurgaans in die Resolusies
gebruik is. Afr. linker
en links
kom uit dieselfde Ndl. vorme wat afgelei is uit die Ndl. volkstaal link
‘slim, vals’, met in beide tale slinks
‘geslepe’ daarnaas.
Die
volgende eg Afrikaanse woorde is aangeteken (nie noodwendig die
vroegste datum nie): timmerasie
en occasie
(albei 1680), leccasie, bosgasie, bodempies, lijsies, Bossiesmans,
rigsnoer, stijssel
(Ndl. stijfsel)
(almal 1712). Later verskyn bulsakken
en kussens
(1760’s), Afr. bulsakke
en kussings.
Op 10 Januarij 1733 doen Francois Guillaumet verslag oor sy mislukte
poging om ’n sykultuur aan die Kaap te vestig. Na die
betrokke seisoen het hy net “omtrent drie quart pont eijertjes
overgehouden”. Eier(s) en
eiertjie(s)
leef vandag nog in Afrikaans.
Hoewel
idiomatiese uitdrukkings nie volop voorkom nie, is tog interessante
voorbeelde aangeteken: Tydens die
Raadsvergadering van 10.3.1688 besluit goewerneur Simon van der Stel om
die burgerlike onrus in die Colonie “in de wiege te worgen”,
maar waarskynlik omdat dit te onuitspreeklik bloeddorstig was, besluit
Afrikaans om hierdie opstand eerder in die kiem te smoor.
Die Ndl. in
duijgen vallen (1700) word Afr. in duie stort; hoe ëer hoe liever
(1716) word Afr. hoe
eerder, hoe beter. Omdat
’n dyk iets vreemds in Suid-Afrika is, word die Ndl. met
vrouw en kinderen op den dijk te setten
(1700) in Afr. met
vrou en kinders op straat/op die vlak(te) sit.
Dit klink of die “solemneele” Ndl. eed: hoe
waar ende waarachtigt!
(1717) reëlreg gelei het tot Afr. so waar as wragtag! In
1733 word verslag gedoen oor drie Engelse duikers wat by Saldanhabaai
vrag uit die gesinkte VOC-skip, Rotterdam, wou berg, maar toe kom groot
fout “waardoor de pont hol
over bol op strand soude worden
gesmeeten”, in Afr. holderstebolder.
Woorde
uit die VOC-resolusies wat nie meer in Nederlands algemeen is nie, maar
nog in Afrikaans gebruik word, is met groot opgewondenheid begroet,
bekyk en beskryf in die Etimologiewoordeboek
van Afrikaans (verkort tot EWA).
Van groot belang is dat die Resolusies ’n datum van
optekening bied, byvoorbeeld “afval
... tot potagie gekookt” (1687), Tong- en
klauw-Ziekte
(1774) vir Afr. bek-en-klouseer.
Ndl. mopsteen
(1677) ‘besonder groot steen’ is opgeneem in EWA
omdat die woord in Afrikaans byna in onbruik verval het en net
sporadies nog in die Mosselbaai-omgewing, Suid-Kaapland, gebruik word.
Die
mate waarin taalverandering, -vereenvoudiging, woordontlening en
-skepping gedurende 350 jaar in Afrikaans plaasgevind het, het van haar
’n slanke en soepel taal met ’n aantreklike profiel
gemaak, hoewel haar andersins rustige gelaatstrekke bly spreek van
’n diepliggende en outydse skoonheid. Taalgeneties wys haar
DNS-struktuur onteenseglik heen na 17e-eeuse Nederlands as haar
moederlyn na ’n nog ouer taalvorm – ons taalfamilie
se brontaal.
Verskyn
as oorspronklik as artikel in die
Orde
van den Prince-nieuwsbrief, September 2003
met
enkele toevoegings in Desember 2005

WOORDE
UIT EERGISTER VIR VANDAG
Helena
Liebenberg
Afrikaans,
’n taal gestol in tyd – Gerrit Komrij
Die
TANAP-projekte is Afrikaansgewys ’n heel openbarende
ervaring. Die taalgebruik vanaf die eerste resolusies van die Politieke
Raad in 1651 tot met die laastes in 1795 is ’n onomstootlike
bevestiging van Afrikaans se Nederlandse taalgebondenheid en herkoms
(met enkele uitsonderings na word daar in die resolusies na 17e-eeus as
“Dúijtsch” of
“Dúijtsche taal” verwys). Heel opvallend
is die groot hoeveelheid Franse leenwoorde, waarvan talle
vanweë hul tydperkgebondenheid nie in hedentydse Nederlandse
woordeboeke opgeneem is nie en ook nie in Afrikaans gebruik word nie.
Etlike woorde wat destyds uit die Ooste na die suidpunt van Afrika
ingeskeep is, is in die Resolusies aangeteken, het inslag in Afrikaans
gevind en is steeds deel van ons gebruikswoordeskat (bv. piering,
bobotie, sosatie
en blatjang).
Slegs enkele inheemse woorde (vandag steeds min in getal) is egter
aangeteken. Dié waardevolle taalbron werp ook lig op die
herkoms, en belangrik vanuit ’n etimologiese oogpunt die
‘eerste’ aantekening, van etlike eg Afrikaanse
woorde. (Waar moontlik word die woorde toegelig met beskrywings uit die
Etimologiewoordeboek van
Afrikaans (EWA).)
Vanweë
die skaarsheid van idiomatiese taalgebruik in die resolusies, ontsnap
min hiervan ’n mens se aandag. Die vryburgers skryf in 1723
’n protesskrif waarin hulle meld van hul armoede en treurige
lewensomstandighede: “maar ons
selven tot den bedelstaff te helpen” (Afr. tot
die bedelstaf geraak). Hierdie
uitdrukking het ook ander vorme aangeneem: In
1723 word oor Geertruij van der Bijl, huijsvrouw
van Hermanus van Brakel, onder andere gemeld “neffens hare
kinderen tot den bedenstaff brengen zoude”, en ook
“tot den beedelsak gebragt” (1735). In 1739 word
daar oor Estienne Barbier wat teen die Kompanjie in opstand gekom het,
besluit om “dit quaed op de sagst[te] wijse in zijne geboorte
te doen smooren” (Afr. in
die kiem te smoor).
In
1727 is Jan de Conink, opperhoof van Rio de la Goa (’n
VOC-handelspos geleë by die hedendaagse Maputo, Mosambiek),
daar oorlede. Sy weduwee dien ’n versoekskrif in met die
volgende: “en meer als gemelte haren man per slot van reek.
bij desselfs overleijden bij de E. Comp. verdient en te goed behouden
heeft”. Hoewel sy rekening inderdaad moes sluit, kon ook die
figuurlike gegeld het, soos in Afr. per
slot van rekening
‘eindelik, as ’n mens alles goed beskou’.
Die
Ndl. woord opperhoofd
word dikwels in die resolusies gebruik. Destyds het dit verwys na
’n aanvoerder van ’n leër of vloot, asook
die gesaghebber op ’n skip. ’n Opperhoofd
was ook die bestuurder van ’n nedersetting in die kolonies
was, soos uit bogenoemde aanhaling blyk. Derdens het dit verwys na die
hoofman van ’n stam of volk. Laasgenoemde betekenis het in
Afrikaans behoue gebly as eretitel vir die hoofman van ’n
swart stam.
In
die resolusies is dikwels tot
in frases gebruik, teenoor die veel ‘deftiger’ Afr. ter
soos onder andere in ter
bevordering van en ter
wille van, wat waarskynlik onder
invloed van die Statebybeltaal ontwikkel het. In 1737 word geskryf:
“sonder aansien/aanschouw van persoonen”, teenoor
Afr. sonder aansien des
persoons, met die outydse
besitsvorm. In die sinsnede “onse eijgen aan handen sijnde
vaartuijgen mans genoeg sijn” (1734) is die gebruik van mans
genoeg om te verwys na
’n nie-lewende, nie-menslike voorwerp heel opvallend. In
Afrikaans word dit net gebruik in die uitdrukking mans
genoeg wees, gesê van
iemand wat homself kan verdedig, wat opgewasse is teen ’n
taak.
Terwyl
“de rasse loop des tijds” (1790) toe al iets was om
te meld, praat ons in ‘moderne’ Afr. sommer van die
vinnige/snelle verloop van tyd, maar gebruik hiernaas wel nog met
rasse skrede. Die woord ras
word buiten in idiomatiese verband nie meer in Afrikaans gebruik nie.
Diegene
wat hulle in die VOC-tyd te lande aan swak en onvergeeflike gedrag
skuldig gemaak het, is dikwels teruggestuur na die vaderland met
verlies van gagie
(salaris), rang, byna als. Ene Hendrik Meijer, ’n volslae
alkoholis en moeilikheidmaker is in die resolusie van 16 Desember 1727
as “een onnut meubil” beskryf en summier
teruggestuur Nederland toe. In Afr. verwys onnut
na iemand, meestal ’n kind, wat ondeund of stout is. In Ndl.
beteken onnut
‘iemand wat vir niks deug nie’, en het dus
’n ongunstiger betekenis as in Afrikaans (EWA). Dikwels is
’n soldaat wie se oortreding nie erg genoeg was dat hy
teruggestuur moes word nie, gedemoveer tot rot(s)gezel,
in Nederlands verwysend na ’n soldaat wat met ander deel
uitgemaak het van ’n rot
‘kleinste militêre onderafdeling’ (1572),
tans verouderd (WNT). Dit het ook ‘samesweerder’,
‘iemand wat geminag word’ beteken. In Afrikaans
weet ons van rot
‘knaagdier’, rot
‘vrot, sleg, bedorwe’ en rot
en kaal steel ‘alles
van iemand steel’.
Daar
is ook sake in die resolusies benoem, waarvoor die bekende Nederlandse
woord of ’n omskrywing gebruik is. In 1738 word gesoek na
“drie leevendige gestreepte ezels ... om tot een present voor
den Candiassen vorst te kunnen dienen”. Volgens die resolusie
van 29 April 1777 soek die VOC-amptenare toe nog steeds “na
twee levendige gestreepte Ezels ... tot geskenk voor ’t Hof
van Candia”. Hierdie pragtige diersoort, bekend as die Kaapse
sebra is tot die laaste een
gejag en het gevolglik uitgesterf. In Afrikaans verwys sebra
na ’n kleinerige wildeperd met ’n unieke wit en
swart streeppatroon. In die 16de eeu het zebra,
die ‘nuwe naam’ uit ’n Afrikataal, die
destyds bekende naam wilde ezel
‘sebra’ begin verdring. Dié dier is
gedurende die 17de eeu in S.A. ook wilde
esel en wilde
paert genoem, maar is later deur sebra
verdring.
In
hul kennismaking met die Khoi het die amptenare en burgers ook met
talle nuwe voorwerpe en hul benamings kennis gemaak. Hoewel min
inheemse woorde in die resolusies opgeneem is, verskyn daggha
en caros
wel. Reeds kort na Jan van Riebeeck se aankoms (1658) het hy dagga en
die uitwerking daarvan op die inheemse bevolking beskryf. Die woord is
afkomstig uit Khoi daxab-b,
waarskynlik uit Arabies duxan
‘tabak’, wat dui op vroeë kontak tussen
Arabiessprekendes en die Khoi.
Op
8.12.1739 word aangeteken van “den bekende capn. Swarte
Booij, die onder desselfs caros een kuijthoorn met kruijt
had”. Die Afr. karos
verwys na ’n gebreide vel van ’n dier, gewoonlik
met die hare nog daaraan, wat as liggaamsbedekking of kombers gebruik
word of waarmee ’n kind op die rug vasgemaak word. Dit is
geleen uit Khoi caro-s,
karo-s, cro-s of kro-s,
wat waarskynlik die verkleinwoord is van Nama kho-b
‘vel’.
Die
lewensomstandighede in die slawelosie was moeilik. In die combuijs
moes die kosvoorraad gewoonlik gerek word om al die mense te voed.
(Afr. kombuis
‘vertrek, ruimte of plek in ’n huis of ander gebou
waar kos gekook word’. Waarskynlik uit Ndl. seemanstaal (Mnl. cabuse)
‘voorraadkamer, kookruimte op ’n skip’.
Afr. kombuis
is sinoniem met Ndl. keuken.)
Wanneer die skepe wat rys na die Kaap moes bring, nie betyds gearriveer
het nie, het dit dikwels gelei tot ’n kosskaarste en
gevolglike rantsoenering van die kosvoorraad. Om veral onder sulke
krisisomstandighede te voorsien in voedsame en kraggewende kos, is daar
besluit om afval vir die slawe te kook: “tot
voedsel te doen verstrekken de hoofden, voeten, ingewand en verdere afval
van ... geslagte vee ... tot potagie gekookt” (1687). Later
het die ander ingesetenes ook afval begin eet en dit het ’n
gewilde dis op tafel geraak. Hierdie tradisionele gereg, keurig
én geurig voorberei en met rys bedien, vul steeds
’n leë maag tot volle tevredenheid.
Talle
koswoorde, waarvan sommige reeds in Nederlands bekend was, is uit
Batavia hier aan wal gebring. Heerlike geregte besprinkel met kruie en
speserye het saam met hul benamings op ons tafel beland, soos atjar
‘mengsel van fyngesnyde vrugte en groente in ’n
asynspeserymengsel gepreserveer. Uit Ndl. atjar
(1617 in die vorm atchaer)
‘groente en vrugte in asyn ingelê, as
bygereg’ of Maleis achar, acar
‘gekruide suurtjie, voorgereggie’ uit Persies acar
‘suurtjie’. Eerste optekening in vroeë
Afr. in 1694 in die vorm achaar.
(EWA). Vergelyk ook sosatie
‘gekruide of gegeurde vleisstukkies wat op ’n
stokkie geryg is en gebraai kan word, soms saam met uie, droë
vrugte en vet’. Wsk. uit Ind.-Ndl. sateh
of Maleis-Javaans sesateh, sateh, satai
of minder wsk. uit Tamil satai
‘vleis’ of moontlik volgens Mansvelt (1884), uit
Maleis soesatoe
‘mengelmoes’. Sosatie
is moontlik deur Maleise kokke in S.A. in gebruik gebring (EWA).
Daar
kom ’n groot hoeveelheid ‘Franse’
leenwoorde in die resolusies voor, onder andere appuijeerd,
poursuiveerd, antameeren, aúfúgeeren,
clandestine, condúiseeren, animeeren, interdiceeren,
sacreeren, sufficeeren, appoincteeren, presemeeren, obtenue,
contraventeur, recouvreeren, perfecteeren, differeeren, extrueeren
en emolument,
waarvan talle nie in hedentydse Nederlands behoue gebly het nie.
Vergelyk die geykte bewoording waarmee die resolusies meestal gesluit
het: “Aldus
geresolveerd ende gearresteerd in ’t Casteel [aan die begin
‘Fort’] de Goede Hoop, ten daage en jaare
voorsz.”, gevolg deur die handtekeninge van die lede van die
Politieke Raad. Die ww. resolveeren
ontbreek in Ndl. woordeboeke, maar resolutie
(verouderd) kom in Van Dale voor. In die resolusies beteken resolveren
‘besluit’ (vgl. Eng. resolve)
en arresteren
‘goedkeuren, voor gezien tekenen’ (vgl. Van Dale:
‘de notulen worden goedgekeurd en gearresteerd’).
Die volgende is van hierdie woorde wat met of sonder klein
spelveranderings in Afrikaans inslag gevind het: resolutie,
equipagie, maguazijn, petitie, debit,
attestatie, vendutie, exact, extraordinaire,
provisioneel
en transport.
Plekname
is naas ons taal, Afrikaans, die mees besondere woordnalatenskap uit
die VOC-tydperk. Met enkele voorbeelde uit ’n groot
verskeidenheid word afgesluit: Mosselbaaij
(1601),
Schaapen Eijland (1657), Robben Eijland, Vondelingeiland (1660),
Elandspas (tans Sir Lowryspas), Soetendaals Valleij, Hanglip (wat
Hangklip geword het), Oedekensbaaij (ook Hoetjesbaaij wat Hoetjesbaai
geword het (1669)), Houtenicuasland (“een bosch gelijk in
Noorweegen” (1710)) – ook Oúde
Niqúas land genoem, Rivier Sonder Eijnde (1710),
Orangiefontijn/Orange Fontein (“gelegen over de Oliphants
Rivier” (1759)), Calabassche Kraal, Klippen Kloof (1789),
Citzij kamma (“circa agt dagen verder als de plettenbergs
baaij” (1789)), Terra de Natal, Mosambicque, Hantam, Gamtoos,
Gouriqua, Attakwaskloof, Caro, Camdeboo, Camiebergen,
Hesseqúascloof, Ysselsteinsbaaij, Patientie Baaij (tans
Smitswinkelsbaai). In 1743 kry Rudolf Sigfried Allemann, kaptein van
die Kasteel, “een stukje land ... Sonneblom gent.”
met die Afr. blom
en al. Die Ndl. bloem
kom egter steeds en dikwels in Suid-Afrikaanse plekname voor. So
byvoorbeeld is die destydse plaas Roodebloem tans ’n
woongebied in groter Kaapstad. Verder geleë en later benoem,
is Bloemfontein, hoofstad van die Oranje-Vrystaat.
Al
hierdie woorde het voortgevloei uit die Fort en later die Casteel,
geleë in die “stadt de Goede Hoop” (1738),
toe beter bekend as Cabo de Goede Hoop – nou bekend as
Kaapstad, ons land se moederstad.
Verwerk
uit inAfrika – HdN-maandbrief
1
Augustus 2003

DIE
EERSTE TANAP-PROJEKTE
OOR KAAP DIE GOEIE HOOP
Helena
Liebenberg
(Inligting
aangepas uit inAfrika HdN-maandbrief,
1 April 2003)
Wie’t
gesê dis erg om tronk toe te gaan? Enigeen wat homself
willens en wetens kontraktueel daartoe verbind om twee jaar lank
daagliks vroegoggend gewilliglik die tronkpoorte binne te stap en na
’n dag se gedelf in die verlede nog daarin kan slaag om met
’n vonkel in die oog (al is die kyk teen daardie tyd soms
heel dof en bysiende) huiswaarts te keer, is ongetwyfeld van vreemde
stoffasie gemaak en word sekerlik deur iets heel besonders binne
daardie dik mure geïnspireer.
Dié
beskrywing pas die lede van die TANAP-transkriberingsprojek soos
’n 18e-eeuse VOC-handskoen. En hul inspirasie put hulle uit
dié deel van die Resolusies van die Politieke Raad wat jare
geduldig gewag het om deur hulle ontsluit en toeganklik gemaak te word.
Die Resolusies van die Politieke Raad wat in die C-reeks vervat is,
vorm deel van die VOC-dokumente wat saam met ander bronne van
onskatbare geskiedkundige en kulturele belang in die Kaapse
Argiefbewaarplek bo in Roelandstraat, Kaapstad bewaar word. Die moderne
en volledig toegeruste Kaapse Argiefbewaarplek is gebou op die terrein
waar die veelbesonge Roelandstraatse tronk eens was. Onder meer die
ringmuur om en hoofingang tot die toenmalige tronk is behou; en
dit is nou wanneer ’n mens deur hierdie poort stap dat jy die
voorreg kan benut om blad vir blad terug te lees in die verlede totdat
jy jou in 1651 bevind op die Drommedaris
wat saam met die Reijger
en die Hope pas
uit Texel vertrek het op reis Kaap toe. Op Zaterdach
den 30en December 1651 is die
eerste resolusie van die Politieke Raad aan boord van die Drommedaris
geskryf.
Alvorens
daar by die TANAP-transkriberingspan ingeloer word om meer oor die
praktiese sy van die werk te wete te kom, word aangehaal uit dr. Con de
Wet, voormalige Argiefhoof, se skrywe oor die aanloop tot en
totstandkoming van die betrokke inisiatief (aangepas uit Die Burger, 27
Oktober 2001):
Tydens
die Vereenigde Oostindische Compagnie (VOC) se bewindstyd aan die Kaap
(1651-1795) was die Politieke Raad die belangrikste bestuursinstelling
in die Kaapkolonie. Om hierdie belangrike historiese bron aan
’n groter gehoor bekend te stel, het die destydse
Staatsargiefdiens in die jare vyftig besluit om dit volledig te
publiseer as ’n onderdeel van hul publikasieprogram van
oorspronklike argivale bronne.
Die
publikasie van die Resolusies het begin nadat dr. Anna
Böeseken in 1955 as redakteur van bronnepublikasies by die
toenmalige Kaapse Argiefbewaarplek aangestel is. Sy en haar opvolger,
G.C. de Wet, het tussen 1957 en 1984 tien dele van die Resolusies van
die Politieke Raad, wat die resolusies vir die tydperk 1651-1743 bevat,
laat publiseer. (Die inhoud van die tien dele dek die resolusies in C.1
tot en met C.121.)
Afgesien
van die belangrikste argiefbewaarplekke en biblioteke in Suid-Afrika en
ander lande in Suider Afrika, kan eksemplare van die reeks vandag onder
meer ook in die Library of Congress in Washington, die Public Record
Office in Londen en die Nationaal Archief in Den Haag geraadpleeg word.
Omdat
die publikasie van die reeks in die 1980’s vanweë
’n geldnood gestaak moes word, is daar ’n groot
leemte gelaat en dit was ’n ernstige struikelblok vir
navorsing oor die VOC-geskiedenis in Suid-Afrika.
Na
’n onderbreking van langer as twee dekades word die
beskikbaarstelling van die res van die resolusies nou moontlik gemaak
deur die geld wat die Nederlandse program Towards A New Age of
Partnership (TANAP) bewillig het. Die TANAP-projekte is ’n
gesamentlike poging van die Nationaal Archief in Den Haag en die
Rijksuniversiteit van Leiden, in medewerking met UNESCO se Memory of
the World-program.
Sedert
1997 het veral die Stigting VOC hom sterk daarvoor beywer dat die
publikasie van die reeks hervat word. In Mei en Junie 1999 het
’n TANAP-span bestaande uit dr. Pieter Koenders van die
Nationaal Archief en twee van sy kollegas, dr. Ben Slot en mnr. Gerrit
de Bruin, argiefbewaarplekke in Djakarta (Indonesië), Chennai
(Indië), Colombo (Sri Lanka) en Kaapstad besoek om hulle te
vergewis van die omvang en toestand van VOC-argiewe by hierdie plekke.
Tydens
hul besoek aan Kaapstad het hulle met personeellede van die
Argiefbewaarplek en lede van die Stigting VOC (o.m. mnr. Piet Westra)
samesprekings gevoer. By daardie geleentheid is die hervatting van die
publikasie van die resolusies as die hoogste prioriteit van Suid-Afrika
se deelname aan die TANAP-program geïdentifiseer. Daar was
geen beswaar dat dit ’n digitale projek word nie, met ander
woorde dat sowel die reeds gepubliseerde resolusies as die tot nog toe
ongetranskribeerde resolusies op CD-ROM en die Internet beskikbaar
gestel word.
Die
Nasionale Argief van Suid-Afrika se amptelike aansoek om geldelike hulp
is deur TANAP toegestaan, waarna ’n formele ooreenkoms ten
opsigte van die TANAP-transkriberingsprojek deur die nasionale
argivaris, dr. Graham Dominy, namens die departement van kuns, kultuur,
wetenskap en tegnologie, en dr. Koenders namens die Nationaal Archief
onderteken is. Hiervolgens moet die transkripsie en redigering van die
110 oorspronklike C-bande binne twee jaar afgehandel word.
Die
toenmalige hoof van die Kaapstadse Argiefbewaarplek, me. Marian George,
het die TANAP-transkriberingsprojek gekoördineer en die
kantoorgeriewe voorsien, terwyl die Huis der Nederlanden die begroting
van die sowat R1 miljoen wat deur TANAP vir die transkriberingsprojek
bewillig is, geadministreer en die kontrakte met die personeel gesluit
het. Die HdN het dieselfde diens gelewer ten opsigte van die
TANAP-omskakelingsprojek asook die twee kleinere projekte
(Inleiding/Introduction en Glossarium/Glossary).
Die
transkriberingspan is vir die duur van die projek (Oktober 2001 tot
September 2003) in die administrasie-afdeling van die Kaapse
Argiefbewaarplek gehuisves. Daar het ’n oudsielkundige,
’n oudonderwyseres en twee taalkundiges daagliks elektronies
gestalte gegee het aan die krulhandskrifte in die groter as groot bande
wat voor hulle op boekstaanders oopgevou gelê het. Hulle was
verantwoordelik vir die transkribering van die magdom resolusies van
die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie aan die Kaapse verversingspos in
die tydperk wat strek van 1744 tot en met 1795.
Toe
die projek ’n aanvang geneem het, is daar aan elke
transkribeerder die bande van ’n bepaalde tydperk
toegesê. Dr. Helena Liebenberg, voormalige Unisa-dosent wat
haar doktorale studie in Afrikaanse Taalkunde gedoen het, was
verantwoordelik vir die transkribering van 29 bande (1744-1772), dr.
Andrew Alberts, sielkundige en voormalige hoof van verskeie klinieke en
met ’n besondere belangstelling in geskiedenis, transkribeer
27 bande (1773-1786), me. Erika van As, voorheen Afrikaans-onderwyseres
wat haar meestergraad oor die werkwoord in Adam Tas se dagboek gedoen
het, was eweneens verantwoordelik vir 27 bande (1787-1792), so ook me.
Illona Meyer (M.A.), voorheen verbonde aan ’n onderwyskollege
as Afrikaans-dosent wie se 27 bande slegs drie jaar
(1793-1795) gedek het! Op die laaste
bladsye
van die laaste band (C.231) verskyn in Engels en Nederlands
die voorwaardes vir die Engelse oorname van die Kaap, met die
inskrywing: “Voorslaagen van Capitulatie gedaan door den
Commissaris en de Regeering van Kaap de goede hoop aan den Generaal
Clarke als Commandeerende het Leger van Zyne groot brittanische
Majesteit ... Capitulation 16 September 1795”.
Die
bande is professioneel gerestoureer en stewig gebind, en die gehalte
van die groot folioblaaie baie goed, inaggenome die ouderdom van
hierdie handgeskrewe kopieë. Die handskrifte van die
kopiïste is heel leesbaar en hoewel hulle vanweë die
feit dat hulle moes fyn luister en direk skryf, nogal onvas gespel en
skynbaar nie reëls vir gebruik van hoofletters gehad het nie,
is die skryfstyl tog vloeiend. Sommige van veral die latere bande se
ink is heel lig en die woorde gevolglik plek-plek kwalik leesbaar. Die
rede hiervoor is bes moontlik omdat die VOC van 1780 af al hoe minder
steenkool wat met denneboomsap gemeng is om as ink te dien, beskikbaar
gestel het. (Soms wanneer ’n mens in die oggend jou boek
oopgemaak het om te begin werk, kon jy nog die fynbos van die Wes-Kaap
of die Tsitsikamma-woud in die blaaie ruik.)
Vir
’n Afrikaanse oog is die taal van die resolusies so na aan
Afrikaans soos byna-eergister. Daar kom opvallend baie Franse
leenwoorde voor, hoewel hulle meestal vreemdwoorde gebly het;
hierteenoor het leenwoorde uit die Ooste soos pikol
(vgl. Afr. aanpiekel), baatje, piering
en bakkaleien
(Afr. baklei)
wat reeds deel van die 17e-eeuse Resolusie-taalgebruik was, in
Afrikaans inslag gevind. Vanuit ’n taalhistoriese oogpunt
bied die resolusies genoeg stof vir ’n verskeidenheid
navorsingsonderwerpe. In die Etimologiewoordeboek
van Afrikaans wat in Julie 2003
verskyn het, verskyn daar etlike lemmas wat uit die resolusies aangevul
kon word met ’n datum van eerste optekening in vroeë
Afrikaans.
Die
transkribering van die groot verskeidenheid plekname was deurgaans
’n besonderse ervaring. Cabo
de boa Esperance se
portugeesheid vernederlands byna geheel tot Caab
de Goede Hoop. Name soos Tafelberg, Saldanha Baij,
Baaij fals, Ronde bosje,
name van “buijten districten” soos Stellenbosch, Draakensteijn,
Land van Waveren, Swarte Land,
tot sover as die Colonie
van Swellendam, Groot vaders bosch, Attaquas Cloof,
Gourits Rivier,
Sneeuwberg en Caro-velden het deel geraak van
’n mens se transkribeer-en-reis-program.
Hierdie
land was bestem om die versamelpunt van baie te word. Sover as wat die
Ooste verwyder is van die Weste, in so ’n mate het dit gebeur
dat hierdie suidelike uithoek gedien het as dié punt waar
die Ooste en die Weste mekaar ontmoet het, en ter plaatse kennis gemaak
het met die inheemse bevolkingsgroepe. En net soos ons as
transkribeerders deur die inhoud van die resolusies plekname hier aan
die Kaap leer ken het, net so het ons gelees en getranskribeer van
verre lande: uit die Weste name soos Groot
Brittaniën, Engeland, Vrankrijk, Deenemarken,
Pruissche,
en uit die Ooste name soos China, de Cust van Mallabar,
Bengale, Malacca, Padang,
die Ganges, Boegis, Ambon, Pattena; so
ook van eilande, eksoties, vreemd, anders, soos Madagascar, Mauritius
en die Cocus-eilande.
Die resolusies is ’n geweldig uitgebreide bron vir
pleknaamnavorsing, en sluit dorps-, plaas-, streeks-, rivier- en
bergname in – voorwaar ’n vindplek van groot
waarde. Hierbenewens hou ’n groot aantal persoonsname wat in
die resolusies voorkom, onder andere VOC-amptenare,
vryburgers, slawe en bannelinge (laaste twee groepe wat meestal
geïdentifiseer is volgens plek van
‘herkoms’), met ’n bepaalde pleknaam
verband. Hierdie aspek is ook van besondere belang vir die genealogie.
Wat
uit die resolusies opval, is die voortdurende aankoms en vertrek,
’n ewige bedrywigheid om die retoerskepe heen, gevul met
voorraad en skeepslui, en passasiers/reisigers as besoekers of
voornemende inwoners van die Kaap. Skeepsname soos Standvastigheijd,
Liefde, Gecroonde Leeuw, Patriot, Landscroon, Bartha Petronella,
Wackerheijd, Held Wolthemade, Vlissingen, Tolsduijn
en Admiraal de Ruijter
is naderhand bekendes omdat hulle jaar na jaar by die
“rheede” vasmeer. Enkeles vergaan aan die
ruwe Suider Afrikaanse kus, ander verdwyn in ’n storm op see,
of spoel as wrakstukke op vreemde strande uit. Van die oudste
en mees gehawende skepe wat nie meer geskik was vir nog ’n
vaart nie, is aan diens onttrek en uitmekaar gehaal. Alles bruikbaars
is gewoonlik later tydens ’n “publicque
Vendutie”
verkoop om so die “Compagnie” se geldkas
aan te vul.
Aangesien
sowel die reeds gepubliseerde resolusies as dié van die
TANAP-transkriberingsprojek binne afsienbare tyd as geheel deur die
Nationaal Archief in Nederland op CD-ROM en die Internet beskikbaar
gestel sou word, moes die inligting in elektronies bruikbare formaat
wees. Ten einde aan dié vereiste te voldoen, is die
TANAP-omskakelingsprojek geïmplementeer. Hierdie projek waarby
’n privaatgroep bestaande uit twee rekenaarkundiges en twee
proeflesers betrek is, het ten eerste die aftasting/skandering van die
reeds gepubliseerde resolusies in Word, asook die proeflees en
korrigering van hierdie inligting hanteer.
Ten
tweede is al die Word-dokumente in XML-formaat omgeskakel, ook
dié wat tot in September 2002 deur die transkribeerders
gelewer is, waarna hulle XML-opleiding ontvang en daarna in
dié program gewerk het. Die plaaslike rekenaarkundiges het
ten nouste saam met die betrokke spesialiste van die Nationaal Archief
gewerk om te verseker dat die kodering/etikettering in XML (eXtensible
Markup Language) volgens die TEI
(text encoding initiative)
uitgevoer word. Die TEI is ’n internasionaal erkende
spesifikasie wat spesiaal opgestel is om as riglyn te dien vir die
interpretasie/etikettering van ’n verskeidenheid dokumente,
insluitend die Resolusies van die Politieke Raad.
Die
C-bande waaruit getranskribeer is, staan in TEI-konteks as die
primêre bron bekend. Soos neergelê volgens
internasionale standaard, bevat die TEI ’n groot aantal
elemente of etikette aan die hand waarvan al die elemente of etikette
wat vir ’n bepaalde soort dokument benodig word, gedefinieer
word. Die onderskeie gemeenskaplike elemente waaruit die resolusies
bestaan, is deur die kundiges geïdentifiseer en daarvolgens is
’n sjabloon met vaste elementkenmerke opgestel. In die
huidige fase word skeepsname en aardrykskundige (plek-) name
ook gekodeer. Gevolglik kan daar op die Internet soektogte hiervoor
uitgevoer en al die gekodeerde inligting oor ’n bepaalde
onderwerp afgetrek word. Wanneer die inligting eers in XML as data
omgestel is, kan dit op ’n verskeidenheid maniere beskikbaar
gestel word, onder andere in gepubliseerde vorm, of in elektroniese
formaat op die Internet of op CD. Sodoende word aan die hele
wêreld toegang tot die ruim Resolusie-leeskamer verleen.
Twee
kleinere projekte, naamlik die skryf van die Inleiding/Introduction en
die redigering van die Glossarium/Glossary is sedertdien ook afgehandel
ter afronding van die geheelprojek.
Al
die inligting is reeds op die Internet beskikbaar en ’n CD
word ook beplan.
Soos
duidelik uit voorgaande blyk, is die TANAP-projekte nie net van groot
geskiedkundige en kultuur-historiese belang nie, maar bied uitdagende
navorsingsmoontlikhede vir ’n verskeidenheid vakgebiede,
onder meer historiese taalkunde, genealogie en naamkunde.
Ons
in Suid-Afrika het groot waardering vir hierdie heel besonderse
TANAP-inisiatief.
TANAP-webadres: http://www.tanap.net >
activities > documents > Resolutions

|