|
HUIS EN HAARD
In 1990 is die uwe deur die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie genooi om 'n viertal praatjies oor die Afrikaanse idiomeskat op te stel en aan te bied. Die eerste een is op 7 November en die laaste op 12 Desember in die Pretoriase ateljees opgeneem, met die ander twee iewers tussenin ... Idiome en uitdrukkings oor HUIS en HAARD – dié plek waar 'n mens op jou tuisste voel en 'n sug van verligting slaak wanneer jy weet OOS, WES, TUIS BES geld na 'n afwesigheid weer vir jou – word op humoristiese wyse aangebied en van talle voorbeelde voorsien. Segswyses oor sowel buite op die werf as binne die huis, word bespreek. In die huis word die vertrekke en plekke idiomaties ingeklee met 'n variasie van gepaste voorbeelde. Die singende rympatroon soos in voorgaande twee segswyses, is kenmerkend van talle Afrikaanse uitdrukkings. Daar word vertel van die ontstaan en gebruik van ons idiome, faktore wat aanleiding tot die ontstaandaarvan gee, en watter belangrike rol 'n gepaste idiomatiese uitdrukking speel by die oordra van inligting. Die ouderdom en taalvermoë van die gebruiker en gehoor bepaal hoe, waar en deur wie 'n idioom of segswyse aangewend en begryp sal word. Nie al die alledaagse uitdrukkings wat spontaan ontstaan, haal n woordeboek nie – nee, slegs dié wat 'n lang leeftyd agter die blad het. Sogenaamde nuutgeskeptes moet eers die tydstoets deurstaan, asook geweeg en nie as eendagsvlieë te lig bevind word nie, alvorens hulle na jare enigsins vir opname oorweeg word. Die kernwoord van 'n idioom is meestal afkomstig uit die kernwoordeskat. Daarby is segswyses gewoonlik prakties georiënteerd en van toepaslike waarde. Volksraaisels is 'n heerlike bron vansegsvermaak en speel net soos volksverhale en bygelowe, 'n belangrike rol om die ontstaan van sodanige uitdrukkings. Geniet die luister, leef die idioom en dra hierdie kennisbron oor aan die jonger geslag. “Idioms are the soul of language.” 30 Julie 2023Snit-1. Klik op die speelknoppie om die opname te speel: Snit-2. Klik op die speelknoppie om die opname te speel: Snit-3. Klik op die speelknoppie om die opname te speel: Snit-4. Klik op die speelknoppie om die opname te speel: STORIES OOR DIE HERKOMS EN BETEKENIS VAN AFRIKAANSE IDIOME, SEGSWYSES EN WOORDENagevors en saamgestel Inleidende opmerkings 'n Storie oor die herkoms van wie of wat, die geskiedenis van mense, lande en plekke, en bowenal die verhaal van 'n woord of uitdrukking hetsy in my eie geliefde taal of in ander tale – dit is die dinge wat my sedert my kinderjare betower. Die eerste vakkundige artikeltjie wat ek as jong dosent in die Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Suid-Afrika (Pretoria) geskryf het, het voorspelbaar gehandel oor die geskiedenis/herkoms van woorde en segswyses: Matroostaal – die herkoms van seemanswoorde en -uitdrukkings in Afrikaans. Talle artikels en kinderboeke oor idiomatiese uitdrukkings en algemene taalkunde-onderwerpe in Afrikaans het gevolg. Later was dit ook my voorreg om as mede-outeur betrokke te wees by die saamstel van die Etimologiewoordeboek van Afrikaans en die Supplement daarvan (in 2003 en 2007 onderskeidelik) nadat ons formeel geleer is hoe om 'n etimologie te skryf. Die volgende stories van Afrikaanse woorde en uitdrukkings het ek oor ongeveer twintig jaar nagevors en saamgestel uit 'n verskeidenheid bronne, en soos gewoonlik as die een wat seker die meeste daardeur verryk is, uit die proses getree. Hoewel die lys slegs 'n gedeelte van die geheelstorieskat van Afrikaans bevat, het ek besluit om die beskikbare inligting op Taaloord te deel as om dit nog tien jaar iewers ongesien en ongelees op my rekenaar te berg. Elke bespreking word deur die trefwoord ingelei. In die meeste gevalle word die woordgeskiedenis beskryf, en die betekenis van die verbandhoudende uitdrukkings, idiome en segswyses word verstrek. Soms verskyn slegs die uitdrukking(s) en die betekenis daarvan onder die trefwoord. Enkelwoorde met interessante stories is ook opgeneem in die lys. Indien daar aangehaal word uit die lys, sal ek dit waardeer as erkenning aan Taaloord (http://www.taaloord.co.za) as bron verleen word. Afr. = Afrikaans, Eng. = Engels, Fr. = Frans, Gr. = Grieks, Lat. = Latyn, Mnl. = Middelnederlands, Ndl. = Nederlands GRIEKSE WOORDDELE IN DIE NATUURWETENSKAP-WOORDESKATin die sewentigerjare saamgestel Daar is 'n baie groot korpus woorde in Afrikaans met betrekking tot die natuurwetenskap, watafkomstig is van Grieks (soms via Latyn en in 'n veel mindere mate via Frans). Hierdie woorde isomtrent almal internasionale woordbesit. Omdat dit leenwoorde is in Afrikaans, is die betekenisvan die woorddele waaruit sodanige woorde opgebou is, nie vir ons verstaanbaar nie: dat paleo- (bv. in paleontografie) "oud" en tele- (bv. in telefoon) "ver" beteken, is dalk nie aan almalbekend nie. [Nota: In ag genome dat die lys so lank gelede opgestel is, sal die leser begryp dat daar destydsgeen elektroniese hulpmiddels, selfs nie eers 'n rekenaar, beskikbaar was nie, wat nog vansoekmoontlikhede op 'n toe niebestaande internet. Elke woorddeel is verkry deur woordeboekestelselmatig deur te werk en aantekeninge te maak. Die handmatige Olivetti waarop die navorsinggetik is, het ook nie al die tekens gebied nie of dit was moeilik om in te voer, vandaar dieonderstreping en ander tekens (bv. is afgelei van/afkomstig van) wat met die hand aangebringis. Ek kan omtrent sê: Die teboekstelling van (omvangryke) navorsing was nie vir onbegeesterdesissies nie!] PLEKNAME AS SOORTNAME IN AFRIKAANSopgestel Daar is talle plekname wat mettertyd soortnaamstatus in Afrikaans verkry het. Die volgende lys bevat 'n groot hoeveelheid sodanige woorde , waarvan sommige se herkoms indie groot lys Idiome onder hierdie hofie nagegaan kan word, byvoorbeeld akademie, denim enkasjmier. Daar is egter 'n groot aantal soortname wat naleeswerk deur die leser verg – 'n goeie Afrikaanse verklarende woordeboek behoort voldoende te wees om die herkoms te bepaal. Geniet die reis! KINDERBOEKE OOR IDIOMEgeskryf Die aanhaling "Idiom is the soul of language" weerspieël hoe belangrik die idiomatiese van 'ntaal is. Onder die idiomeskat van 'n taal word verstaan vaste uitdrukkings, frases en gesegdeswat eie is aan die betrokke taal en aan die mense wat dit praat. Onderstaande vyf kinderboeke bied 'n groot verskeidenheid taalmateriaal, wat meestal handeloor idiome en idiomatiese uitdrukkings, maar ook eiename, byvoeglike naamwoorde, woorde van Griekse herkoms, asook plek-, tyd- en persoonsname bespreek. Ek vertrou dat julle die inhoud net soveel sal geniet as wat ek dit lank gelede geniet het om dieinligting te versamel, navorsing daaroor te doen en dit in manuskripvorm aan die uitgewers teoorhandig, wat op hulle beurt vir die uitleg en mooi kunswerke gesorg het.
Geniet die lees en onthou om erkenning te gee aan die bron indien julle daaruit sou aanhaal! |