... plek van die Goddelikes, die Koninklikes

 

Hoewel -oord die opsigtelike band tussen Taaloord, Ragna-oord en Sterre-oord is, is dié tussen Taal, Ragna en Sterre van veel groter en dieper betekenis. Daar bestaan vir my ’n onlosmaaklikheid tussen die heilige gegewenheid van Taal en die Allergoddelikheid wat ons daardeur bereik en deur wie ons bereik word vanuit die Sterrehemel as ons buite-aardse werklikheid.

Die Oudnoorse ragna- beteken ‘van die goddelikes’, ‘van die koninklikes’, synde die genetief-meervoud van regin ‘goddelikes’, ‘koninklikes’ (vgl. Latyn rēx en Sanskrit rājā) afgelei uit die Indo-Europese stamwoord reg- ‘om reg te rig, om te lei, om te regeer’ en ‘reg’ (b.nw.). Vergelyk Afrikaans reg waarvan die vorm en (laasgenoemde) betekenis presies met dié van die stamwoord ooreenstem.

Ragna is ook ’n toespeling op Afrikaans rag- in ragfyn ‘baie fyn, dun; so fyn soos ’n spinnerak; ragdun’ uit Nederlands rag ‘spinnerag’ uit ouer raghe, ragh.

Ragna is die kernbegrip in Ragnarok wat gedig is na ’n bykans onbeskryflike ervaring van goddelike Nabyheid:

 

RAGNAROK

ragnafyne gouddraad uit die Koningsrok
onvervreembaar sterk vervleg
tot die glinsterkinders van die Daeraad
se skitterrusting in die môredou
ondeurdringbaar diep vereg
as vry en waar en reg

Helena Liebenberg
12 Julie 2005

 

Dit is die weg na die Bron van Waarheid wat in Ragna-oord met woorde soekend gevolg word, welwetend hoe remmend menslike onvolkomenheid in hierdie proses kan wees.

 


 

Voorwoord  –  Rooswater

Taal besit die vloeibare vermoë om tot die ontvanklike te kom in boodskappe gevul met ’n skat van woorde, of met
’n ryke woordeskat, of woordeloos as gesuiwerde gedagtes in eenvoud.

Ons praat in hierdie opsig nie uit ons eie nie ... nie ons eie woorde nie, maar woorde wat innerlik tot ons kom om oorgedra te word wanneer die tyd vir oordrag ryp is.

Die klanke wat in Rooswater gebundel is, is besiel deur die wete dat ons almal binnekort weer ons Moedertaal sal praat ... en dat misverstand oor die inhoud van die boodskap dan nie langer moontlik sal wees nie.

 

 

Die skryfster
Bellville
Kaapstad
12 Desember 2006

 


Rooswater

 

 

uit u kelk pêrel ’n vroudruppel van die daeraad

maagdelik gesnoer as beurtsang in goddelike harmonie

klanke wentel uit die vrugbeginsel van u somer

diep ontvang om aan te gee in die aflos van die tyd

van die begin tot aan die einders van die ewigheid

 

die liefde vir wysheid, reg en vryheid

neem ek mee uit Immerwaard

as kosbare erfenis vir eie haard

dra die suiwer sieraad om my hals

skryf dit op die rosetafel van my hart

in die ryk bronnote van my moedertaal

en bewaar die vrug van u boom met my lewe

vir ryping in waarheid my lank reeds gegewe

 

my stralelamp tou moeisaam die skemering in

tot lig breek op die wenakker van my verheemde land

ek verkwik my met die koel rooswater uit u hand

en vloei met die hemelwater van die groot heelal

na die bron van u tuin in die oopte van die sterrehal

 

23 November 2006

 


 

Kort voordrag gelewer ter geleentheid van die ORDE VAN DIE PEN-toekennings

aangebied deur  Cordis Trust op 11 Oktober 2010 in die Pierneefteater, Pretoria

 

 

Die volgende gedagtes toespelend op die Orde van die Pen-benaming is aanleidend tot die gedig wat ek vir u gaan lees:

 

Om te behoort tot die groep van die Orde van die Skepping rus jou toe met die vryheid om dié goddelike taak waartoe jy ingestem het voordat jy mens geword het, hier na die beste van jou vermoë te volvoer, óf om van die ordelike riglyn af te wyk omdat die taak jou oorweldig of jy dit as te gering ag om ’n verskil te maak. Geen taak is egter te groot of te gering nie, geen opdrag van minder belang nie.

 

Om jou woorde en dade met goud te beklee, laat jou glansend soos ’n straal van die ewige Son. Sodoende deel jy vanuit jou leefruimte geestelike edelstof met diegene wat deur jou menswees aangeraak word. Soms voel dit egter of jy die Son nie kan sien nie, en vergeefs in die duisternis tas. Maar jóú twyfel verander geensins aan die teenwoordigheid van die lewegewende Son van wie jy ’n onvervreembare straal is nie.

 

Om te leer skryf met die Pen van die Lewe verg ’n leeftyd se oefening. Soms verdof die ink, of die pen voel of dit reeds leeg is, of ’n klad ontsier kosbare sinne, of enkele woorde se hartseer laat die omliggende letters vervloei tot onleesbaarheid. Om goue woorde van liefde en waarheid met jou lewenspen te skryf, laat jou boodskap egter magtig uitstyg bo en buite bereik van die tweesnydende, soms dodelike, aardse swaard.

 

Vervolgens die gedig wat ek in Julie vanjaar geskryf het:

 

verblyf

 

vir oneindige tye is sy voorberei in u goddelike sfeer en ruimte

suiwer en rein op u wye vlak van geheiligde hemelse skoonheid

sontrillings, klanke en herinneringe getoonset as watersimfonie

deurdrenk haar stralewese met die heelal in volkome harmonie

 

half huiwerend gee sy die laaste treë tot by die Hemeltuin se hek

in haar hand ’n reistas sorgsaam ingepak met skeppingswoorde

aangevul met ryk en diep akkoorde fyn verwentel uit sterreweë

as borswering teen ’n latere kenteringsvaart op aardse stormseë

 

sy kyk vir laas terug om U en haar Vader vaarwel toe te wuif

gereed vir die alleentog so oneindig ver van haar Ouerhuis

mag sy met dié goddelike geleentheid aan haar gegun

haar taak volvoer soos sy geleer is aan die heel begin

 

sy neem geboorte op hierdie koue en afwysend-vreemde plek

volgens selgeheue plotseling van u Moederliefde weggeskéúr

snak verskrik na asem en probeer vergeefs na U terug te reik

maar selfs oorlaai met aardse liefde en deernis bly die binnepyn

ingegroef spiraal die weeklag in die sielespieël van haar oë

terwyl haar liggaamskrag verskraal en langsaam kwyn

 

toe in ’n droomgesig oorspoel U teenwoordigheid haar wese

trek haar binne die sirkel waarmee U haar sagglansend omarm

u bekende stem verplaas die hartseer van skeiding en verlange

met woorde wat haar heel, oneindig vertroos en bly verwarm

 

my dierbare kind, neem jou bed op en loop

oral waar jou werk op aarde jou sal noop

jy sal genoeg wysheid en moed en insig kry

om te vertel van God die Vader en van My

 

Ek is langs jou sonder dat jy my sien

Ek skenk jou die krag wat jy verdien

Ek hoor jou stem nog voor jy vra

Ek lei jou wyl my liefde jou dra

toe en nou en al die tye hierna

 

 

 

Helena Liebenberg

11 Julie 2010

 


 

16 Desember 2007

 


 

bergbruidjie

 

hoog uit die berge van ’n noorderpand

afgevoer deur die versweë gety van Adeland

en aangewas op die suidelikste suiderstrand

 

bruidjie in die omte van die franse hoek

in roomwit kroondrag geklee

met sag-blosende edel gelaat

sorgsaam aan die fynboshange uitgesoek

 

geberg in haar sierlike vrouewese

bewaar sy op trek die goddelike leuse

geruiker in lemoenbloeisel en roosknopblaar

liefderik gegerf vir haar kinderskaar

 

oor drakeberge en in bloedbevlekte dale

die gestrekte vlaktes van die vrye staat

die hoëveld en breë rand van die plato

as uitkyk oor die lae land deur God se oë

 

uit aarde met vernietigende vuur verskroei

ontkiem haar gelouterde vrug tot lewensgroen

om langsaam tot volle wasdom te bloei

getoets, getemper en met God versoen

 

sneeuwit en bergbruidjiemooi

vir die laaste Bruilofsfees getooi

 

 

Helena Liebenberg

29 Augustus 2008

 

 


 

 

 

                Troon

die

tot           

trappe                          

 

 

afgly, struikel, tuimel, val
van skitterhal tot aardse bal

 

waar leeftye moeisaam waad
deur yswoestyne, eb en vloed
kwyn verdwyn verstil verlaat

 

moedig opwaarts strompel
stapsgewyse bly vergoed
ooggerig op die hoogste vlak
van die sirkelsfeerse sterrebak

 

kristalpilare begelei aan allerkant
kernversier met roos en vlerk en vroufiguur
gruis vertap tot deurskyn-poeierglas
gebrandskilder en glinsterpuur gewas

 

volg ek die weg tot waar U wag
van laagste trap tot by U Troon
betree vanuit die winterbuiteskag
die lenteroostuin van U dag

 

 

Helena Liebenberg
10-11 Julie 2008
22:45-00:45

 


 

 

JESUS DIE CHRISTUS

 

 

 

Hemelkind van Betlehem

 

drie wyse manne uit die ooste het u aankoms hier bemerk

met die stand van twee planete as ’n koningster gevlerk

 

die flonkerende hemelruim in goddelike resonans

het die grootse tyding verkondig met engelsang en dans

 

u suiwer boodskap van liefde en wysheid geskenk aan die aarde

het langsaam versand tot verbleikte woorde van vergete waarde

 

die troebel tydperk van die visse spoel nou uit op die waterdraerstrand

oop en skoon gewas deur ewige straledruppels uit God se hand

 

Hemelkind van Betlehem lank reeds op ons redding afgestem

werk mee met geheel die skepping om ons tot hemelkoers te tem

 

die elfde uur skyn neer op die weerkaatsing van ’n ewigheidsverbond

om die eenwording van die egte helftes tot volkomenheid af te rond

 

 

Helena Liebenberg

25 Desember 2008

 

 

Jesus Christus ... afkomstig van de onsterffelijke goden

 

Publius Lentulus Landvoogd van Judea, heeft dit aan den Raad te Roomen, wanneer de faam van Jesus sig door de weereld begon te verspreijden over gesonden: dit zijn zijne woorden:

 

Daar leeft teegenwoordig een man in Judea, wiens naame is Jesus Christus, wien de barbaaren een Propheet agten, dog zijne eijgene navolgers aanbidden hem, als afkomstig van de onsterffelijke goden. Hij roept de dooden uijt de graaven te rugge, en geneest alle soorten van krankheeden met een woord, of met aanraaken. Hij is lang en wel geschaapen, van een aangenaame eerbiedige gedaante, zijn hair, van een onvergelijkelijke coleur hangt met aangenaame krullen beneeden zijn ooren, raakende op een bevallige wijse zijne schouders, in ’t midden gescheelt1 als die van Nazareth; zijn voorhoofd is breed en effen2, zijn kaaken sonder andere vlek als die van een beminnelijk rood, zijn neus en mond van een ongemeene3 aardigheijd4 geschaapen, zijn baard dik, hangende een duijm breed beneeden de kin, in ’t midden als een vork gescheijden, zijn oogen helder5a, b, klaar6 en lieflijk.

 

Hij bestraft met majesteijt, en geeft raad met mildheijd, zijnde zijn geheele gedrag soo wel in woorden als in daaden treffelijk en aandagtig. Geen mensch heeft hem ooijt sien lachen, maar meenigmaal weenen: Hij is bijsonder gemaatigt, seedig en wijs.

 

In ’t kort een man die om zijne uijtsteekende schoonheijd en goddelijke volmaaktheeden alle kinderen der menschen te booven gaat.

 

Woordverklarings

1

gescheelt = hoofhare geskei (paadjie)

2

effen = glad, sonder plooie

3

ongemeene = buitengewone

4

aardigheijd = bevallig van voorkoms of vorm

5a

heldere ogen = wat sterk spieël, skitter (as kenmerk van gesondheid of verstand)

5b

helder = (ten opsigte van tint) nie donker nie, lig

6

klaar = lewendigstralend

 

Bron

Verwysing: A571

Die Meiring-dokumente: 1742-1785

Kaapstadse Argiefbewaarplek

Kaapstad, Suid-Afrika

 

Getranskribeer: Helena Liebenberg
3 November 2006

 


 

Die volgende gegewens wat Gamaliël oor Jesus aangeteken het, onderskryf die Lentulusbrief en gee hierbenewens ook ’n beskrywing van Moeder Maria se voorkoms. Hierdie beskrywing word opgevolg deur Pontius Pilatus se brief oor Jesus:

 

Jesus' Description

 

The first source of evidence comes from The Archko Volume (or the Archaeological Writings of the Sanheidrim & Talmuds of the Judeans). These are the Official Documents made in These Courts in the days of Jesus Christ; translated by Drs. McIntosh and Twyman in 1887 of the Antiquarian Lodge, Genoa, Italy, From Manuscripts in Constantinople and the Records of the Senatorial Docket taken from the Vatican in Rome; Published by Keats Publishing (1975).

 

Chapter V - Gamaliel - Interview With Joseph And Mary And Others Concerning Jesus; The hagiographa or holy writings, found in the St. Sophia Mosque at Constantinople, made by Gamaliel, in the Talmuds of the Jews, 27 B.C. It seems Gamaliel was sent by the Sanhedrim to interrogate Joseph and Mary in regard to this child Jesus. Gamaliel is recorded as reporting:

 

I found Joseph and Mary in the land of Mecca. ...Joseph is a wood-workman. He is very tall. His hair looks as though it might have been dark auburn when young. His eyes are grey, Jesus, He is the picture of his mother, only He has not her smooth, round face. His hair is a little more golden than hers, though it is as much from sunburn as anything else. He is tall. His visage is thin and of a swarthy complexion, though this is from exposure. His eyes are large and soft blue, the lashes are long and his eyebrows are large.

 

The Archo Volume, further records a description of Jesus Christ in Chapter VIII - Valleus‘s Notes. — Acta Pilati, or Pilate 'A Report to Caesar of the Arrest, Trial, and Crucifixion of Jesus'.

 

Among the various rumors that came to my ears there was one in particular that attracted my attention. A young man, it was said, had appeared in Galilee preaching with a noble function a new law in the name of the God that had sent him. At first I was apprehensive that his design was to stir up the people against the Romans, but my fears were soon dispelled. Jesus of Nazareth spoke rather as a friend of the Romans than of the Judeans. One day in passing by the place of Siloe, where there was a great concourse of people, I observed in the midst of the group a young man who was leaning against a tree, calmly addressing the multitude. I was told it was Jesus. This I could have easily suspected, so great was the difference between him and those listening to him. His golden-colored hair and beard gave to his appearance a celestial aspect. He appeared to be about thirty years of age. Never had I seen a sweeter or more serene countenance.

 

(Bron: http://www.crutchercpa.com)

 

 

Jesus van Nasaret

 

 

goddelike Koningskind

allergeliefde Seun

leidelike Wegbereider

lewende Bevryder

 

 

Helena Liebenberg

25 Maart 2005

 

 

Michelangelo Buanorotti se "Pietà" (Sistynse Kapel, Vatikaan, Rome)

 


 

 

SIENER-DIGTER

 

GOTTFRIED A. WATERMEYER

(1917-1972)

 

 

G.A. Watermeyer is ’n bekende Suid-Afrikaanse digter wat in 1948 met die bundel Sekel en Simbaal debuteer. Dit bevat ’n aantal gedigte waarin hy sy lewensdrang en verlange na die natuur verbeeld. ’n Tweede druk van die bundel het in 1952 verskyn nadat Watermeyer wysigings aangebring het.

 

Die Republiek van Duisend Jaar (1957) en Taalfeeskwatryne (1961) is gedigte wat geskrywe is vir en oor die Taalfees in die amfiteater van die Voortrekkermonument in 1959.

 

Van Watermeyer se gedigte het in 1960 in Standpunte verskyn. Ná verwerking en uitbreiding is dit in die bundel Bitter Brood (1965) uitgegee. Dit toon nie meer die jeugdige uitbundigheid van sy eerste werke nie, maar bevat ’n beskoulike toon oor die verbygaan van die jeug en sy liefdegloed. (Uit: Wêreldfokus.)

 

In 1954 word G.A. Watermeyer se enigste Engelse digbundel, Atlantis or The Crying of the Waters, gepubliseer.

 

 

In haar Voorwoord tot hierdie bundel skryf die bekende Afrikaanse digteres, Elisabeth Eybers, soos volg:

 

Introduction

 

Many interesting things can happen in a bilingual country like South Africa, but surely one of the most remarkable is that an Afrikaans poet who grew up in the Karroo – where English is virtually a foreign language – who was educated at an Afrikaans school and an Afrikaans university, should suddenly turn to English as a medium of expression.

 

A poet, it has been contended, can only say what he really means in the one language which defies translation; the idiom and the figures of speech of the mother tongue. But Godfried Watermeyer upsets this theory by his rare ability to express inner meanings in two languages.

 

...

 

If it is indeed true, as the poet believes, that this work contains a vision from veiled antiquity and is at the same time prophetic of the future, then his choice of English as a medium is a happy one; for Atlantis or The Crying of the Waters deals with a theme relating to all mankind, and must therefore be presented in a widely read language.

 

April, 1954                                                                                                                                           ELIZABETH EYBERS

 


 

Watermeyer vertel vervolgens self in Die Brandwag van Vrydag, 23 Julie 1954 oor Atlantis or the Crying of the Waters en gebeure wat die verskyning van die bundel voorafgegaan het:

 

MILJOENE SAL IN SONDVLOED1 STERF

 

Een aand aan die begin van die winter van 1953 het ek my stoel voor die kaggel reggetrek en my eerste boek oor Atlantis – dié van Donnelly – opgeneem om te lees.

 

Ter verduideliking kan ek miskien net hier sê dat Atlantis die naam is van die kontinent wat volgens legende in die Weste in die see verdwyn het. Sommige meen dat dit die land van die sondvloed was wat in die Bybel beskrywe word, met uitsondering dat dit nooit weer bo die waters uitgestyg het nie. Plato het ’n boek oor Atlantis geskryf wat ongelukkig nooit voltooi is nie, en sedertdien het daar alreeds meer as ’n duisend boeke oor die onderwerp verskyn wat die verbeelding van denkers deur die eeue vasgegryp het.

 

Hoe dit ookal sy, ek het in die stoel teruggeleun en begin lees in Plato se beskrywing van die verlore Atlantis wat Donnelly in sy boek oorgedruk het. Nadat ek sowat drie bladsye deurgegaan het, het ek lomerig begin voel – ek het toevallig ’n vermoeiende dag agter die rug gehad – en aanstaltes gemaak om te gaan slaap. Maar ek was skaars in die bed of ’n eienaardige rusteloosheid het my beetgepak en woorde het deur my kop begin maal. Uiteindelik het ek opgestaan en die volgende reëls neergeskryf:

 

The waves have drawn us to the deep,

the waves have veiled us and we sleep

among drowned pillars and the stone …

 

Hier het ek, ’n Afrikaanse digter, skielik Engels begin skrywe, maar dit was nie al nie. Terwyl ek daar voor die lessenaar gesit het, het daar ineens voor my geestesoog ’n uitgestrekte vlakte verskyn met berge aan die een kant wat steil afloop in die see. Op die berge was daar paleise en tempels en in die middel van die vlakte het ’n geweldige pilaar hoog in die lug opgeskiet.

 

Ek is nie heldersienend nie; ek is nie ’n persoon wat met geeste omgaan nie, en daarby was ek hoegenaamd nie in ’n beswyming of “trance” nie, maar wakker en doodnugter. Ek het voortgegaan om ’n beskrywing van die pilaar te gee en toe gaan slaap. Toe ek twee dae later weer die boek opneem en verder lees, kom ek etlike bladsye verder aan tot my verbasing op Plato se beskrywing van hierdie pilaar af.

 

In die begin was ek dronkgeslaan, maar nou het dit saans my gewoonte geword om met potlood en papier voor my lessenaar te gaan sit en wag … net maar wag. Weer moet ek beklemtoon dat dit nie ’n geval was dat my potlood deur ’n onsigbare hand bestuur is, soos spiritistiese mediums na bewering ondervind nie, maar dat woorde in my kop gekom het en dat ek hulle dan neergeskryf het – soms sonder wysiging, soms met wysigings. Party van die dinge wat ek geskryf het, verskyn nie in my boek nie en word ook hier verswyg; party gedigte het nooit klaargekom nie en kon gevolglik nie in my bundel ingesluit word nie. Ek haal hier slegs sodanige gedeeltes aan wat sin en samehang aan die verhaal gee soos dit in my bundel, ATLANTIS OR THE CRYING OF THE WATERS, verskyn.

 

Oh be with us, oh be and bear

Our message to the outer air,

and tell the circling earth that stands

not fast not firm upon its sands:

“your rocks are breating loud with fear,

and things that grow, the things most clear,

are shaken by the fatal breeze

that rises with the rising seas.”

 

Uit bostaande reëls en ander gedeeltes het ek afgelei dat die ramp van Atlantis herhaal gaan word, dat die aarde deur ’n tweede sondvloed bedreig word, en nou het ek begin begryp waarom hierdie inspirasie na my toe gekom het. Dit moes dien as ’n waarskuwing aan die wêreld. Tot op hierdie stadium het ek egter nog nie geweet of die ganse aarde of slegs ’n gedeelte daarvan deur die see bedreig word nie, maar toe skrywe ek die volgende:

 

Leave and let all earthly things

until the tide, the Lunar swings;

for lower shapes lurk in the air

than many human eyes wil bear;

and He who dreams upon the Stone

of Time and Tide, Atol, the lone

breath-breeder of the human race,

stares west-ward into ashen space,

and sees beyond the bearded plains

of Tuscany, the told-of rains

sway sweeping southwards …

 

Nou het dit vir my duidelik geword dat lande in die Weste bedreig word en dat die reëns wat van Tuscany (Italië) na die suide beweeg, ’n teken van genade is – ’n teken dat die Suide nie in die ramp betrokke sal wees nie.

 

Maar die Weste is natuurlik ’n baie wye begrip, en dit was eers op die aand van die kroning van Elizabeth II dat ek nader besonderhede omtrent die lande wat spesifiek bedreig word, gekry het. Ek was destyds as joernalis werksaam, en terwyl ek nog op kantoor besig was om berigte omtrent die kroning wat van Sapa-Reuter ontvang is, te vertaal, het ek die volgende reëls neergeskryf:

 

The lone-last Queen, she walks tonight

the banquet hall; Old England’s might

lies shattered in the broken call

that cries its writing on the Wall

of Visions …

 

Etlike dae later het ek die noodlottige gedig “Southampton Docks” geskryf, ’n vers wat so fatalisties is dat ek dit nie in my bundel opgeneem het nie en ook hier enkele reëls verswyg:

 

Listen ye men and listen well,

the tides of summer toll the bell;

Celts and Saxons and Angels all

the shadows are moving upon the Wall;

the forest green and the mountain mare

tremble at nights and the Scotch kine stare

with fearinge eyes at the tides odd turn

striking the coast near Ulster’s Urn.

Southampton Docks are kneeling down

keening the way for all to drown.

 

Fisherlads tender and seaheads old

feel ye the tides not creeping and cold

sounding the beach in the dead of the night.

The birds are wheeling a westward flight …

A sea horse drives up Buckingham way,

the land grows pale and the towers sway,

and Tennyson’s ships are sailing the bar

for a haven that knows no hill nor star.

 

Southampton Docks are tumbling down

treading the way for all to drown.

 

England lies broken half in half

struck by the Old Man’s rearing staff;

a dwarf comes leading the Sultan’s cow

fed for the fishes long days now.

The King lies wrapt in a sea-green cave

the ……………………………………..

………………………………………….

…………………………. I may not say.

 

Southampton Docks are diving down

leading the way for all to drown.

 

Hierna het ’n gedig gevolg wat daarop dui dat nie net Brittanje nie, maar al die laaglande in die Weste bedreig word, veral Holland en België en dit het my voorgekom asof die oorstromings wat hierdie lande sowat twee jaar gelede geteister het, toe daar honderde mense verdrink het, slegs ’n voorbode was van die groot ramp wat kom en miljoene lewens sal eis. Daarby sal hierdie lande nie weer uit die see gered word nie, maar ewig in die golwe verdwyn:

 

Sleep not my brothers, sleep no more

but watch the white and wounded shore

with restless eyes, lest on the day

the sudden seas no hand will stay,

sweep you unknowing from your bed

to drown among the drifting dead

and broken mouths, that ever cry

unto the lands, whose cities lie

unshrouded in their earthless sleep,

forsaken in the secret deep …

 

Die vraag ontstaan vanselfsprekend: Waarom word juis hierdie lande getref? Hierop is ek nie bereid om ’n antwoord te verstrek nie. Ek het nie ATLANTIS OR THE CRYING OF THE WATERS geskryf met die doel om te veroordeel nie, maar slegs om te waarsku.

 

Die atoombom

 

Uit latere gedigte wil dit egter voorkom asof die splitsing van die atoom êrens met die ramp wat oor die Weste hang, skakel en ek glo dan ook dat die wetenskap in hierdie opsig sekere wette oortree het – ’n gesigpunt wat ek in die afdeling “The Rape of the Atom” behandel.

 

Ek hoop om in ’n later artikel die moontlike verband tussen ’n geweldige atoomontploffing en die noodlottige styging van die see uiteen te sit, maar laat voorlopig slegs die volgende gedig volg wat daarop dui dat die opbreek van die atoom tragiese gevolge vir die wêreld gaan hê:

 

Upon the night, upon the noon

of Zombra, when the eagled moon

wing seven zeniths in the sky,

a call will sound, a stricken cry

from all mouths moving with the earth.

 

Oh wombless thing, oh thing whose birth

man broke to serve his shapes of fear;

what price of death, what price to clear

the moaning mountains that remain!

 

Atlantis sinned and sinks again.

 

Op hierdie stadium kan ek miskien net meld dat die skrywe van die gedig nie sommer so voor die wind gegaan het nie. Baie aande, veral wanneer ek moeg was, het ek vergeefs gesit en wag op die inspirasie. En wanneer die inspirasie dan wel gekom het, was dit gewoonlik net twee of drie reëls en ek moes die res voltooi deur moeitevol terug te tas in die onderbewuste, want ek het geen materiaal tot my geskikking gehad nie. Mens sou dit kon vergelyk met die persoon wat op ’n delwery ’n klein diamantjie kry en dan weer naarstigtelik in die aarde moet delf totdat hy die volgende edelgesteente ontdek, wat hy aan die glans daarvan sou erken. En net soos die delwer voortgedryf word deur die delwerskoors, is ek gedurig voortgeja deur die besef van die geweldige taak wat op my skouers gelê is soos saamgevat in die volgende twee reëls:

 

Move, move your hand and write this down

or many more may drift and drown.

 

Maar hoe meer beangs ek geword het om die werk betyds klaar te kry, hoe meer teenslae het ek ondervind. Dit was asof die magte van Goed en Kwaad om my saamgetrek was, en terwyl die Gode my met inspirasie begunstig het, het die donker kragte alles in hulle vermoë gedoen om daardie inspirasie te vernietig. Ek verswyg besonderhede en stip slegs aan dat ek van ongeveer die einde van April af gedurende 1953 geen volledige gedig geskryf het nie en uiteindelik teen die middel van November in ’n toestand van gedeeltelike rugverlamming in die bed beland het.

 

Figure begin teken

 

By die geestesspanning wat ek ondervind het, is nou fisiese pyn en vrees omtrent my bestaansveiligheid gevoeg – en daarby het daar die gevaar bestaan dat ek miskien nooit weer soos ’n normale mens sou kon beweeg nie. Nag na nag het pyn en bekommernis my tot drie- vieruur in die oggend wakker gehou voordat ek bietjie ingesluimer het.

 

My skryfboek en potlood was nog altyd byderhand, maar ook die inspirasie het weggebly. Dit is nou eenmaal ’n feit, dat as ’n kunstenaar fisies afgemat is, hy nie in staat tot skepping is nie. Om die tyd te verwyl, het ek allerhande figure met die potlood geteken – en toe begin hierdie figure mettertyd vanself vorm aanneem. Ek kan hoegenaamd nie teken nie, maar feitlik sonder dat ek bewus probeer het, het die koppe van diere en mense op die skoon papier verskyn. Onder andere het ek in hierdie stadium die kop van Poseidon, die bulgod, geteken wat op die omslag van my bundel verskyn.

 

Volgens legende is Poseidon die Seegod en het hy die liggaam van ’n bul en die kop van ’n mens gehad. Die legende lui verder dat hy uit die see uit op Atlantis aangekom het, daar ’n wonderskone aardse dogter opgemerk het, haar weggevoer het na ’n geheime grot op die berge van Atlantis en dat die tien seuns wat hy by haar gehad het, die eerste tien koning van Atlantis geword het. Hierdie legende beeld ek uit in die gedig: “The Coming of Poseidon”

 

The great bull-bodied God that came

shaking the foam to sun and flame,

lord of the seas and all that lie

low where the waters curve and cry.

 

Teen die middel van Januarie 1954 het my toestand tot so ’n mate verbeter dat ek, hoewel ek nog bedlêend was, met die skrywe van die bundel kon voortgaan, en van nou af het ek dag en nag gewerk en dit teen die einde van Februarie vanjaar voltooi.

 

Die Sondvloed

 

’n Interessante feit omtrent die gedigte is dat dit verder teruggaan as bestaande werke oor Atlantis. Daar is diegene wat meen dat Atlantis die land van die Paradys, die verlore Eden, is. Ek onderskryf dan ook hierdie gedagte. Maar met inbegrip van die verhaal van die sondvloed in die Bybel en Plato se beskrywing word daar slegs gemeld dat die mense op Atlantis sondig geword het. Waarom en hoe dit gebeur het, word nêrens aangestip nie. In die gedig “The Rape of Atlantis” word die oorspronklike sonde wat op Atlantis gepleeg is, egter volledig behandel. Ek het vreemd genoeg, eers die slot van hierdie gedig, wat bykans vierhonderd reëls beloop, geskryf en daarna moeitevol teruggetas om dit te voltooi. Die enigste bestaande materiaal wat ek vir hierdie lang gedig gebruik het, is ’n beskrywing van die Songod op Peru wat sowat ’n paragraaf van agt of tien reëls beloop.

 

Volgens hierdie gedig (ek praat nie graag buite my poësie nie) is Atlantis in werklikheid regeer deur die hoëpriester en die heilige Maagd van die Son. Na ’n ritueel wat op bepaalde tye plaasgevind het en ingelui is deur die dans van die Songod, waaraan slange, wildsbokke en heilige diere deelgeneem het en gekulmineer het met die koms van die Songod met sonsopgang:

 

Moving ecstatic, dancing steep

the Shining God and the Virgin sweep,

swaying supple, rising one

flowing the rhythm of the Sun …

 

Mystic He meets her, meeting all

air and earth and the water’s call;

brow of the heavens bending to earth

shaping to Knowledge, breeding Birth …

 

het sy in ’n beswyming geraak en dan die regstreekse woorde van die Gode verkondig. Die hoëpriester het hierdie boodskap van die Gode dan weer aan die tien konings van Atlantis oorgedra en sodoende het die land vrede en welvaart geken. Toe egter raak die hoëpriester op die Maagd van die Son verlief, en dan volg daar ’n lang tussenspel waar hy haar weerstand stap vir stap afbreek om haar uiteindelik te verlei en sodoende die onvergeeflike sonde te pleeg, want nou is sy deur ’n mens aangeraak en besoedel, met die gevolg dat sy sterf en die stem van die Gode nooit weer gehoor word nie.

 

Ek haal hier ’n gedeelte van die slot van die gedig aan, waarin die hoëpriester te laat besef watter sonde hy gepleeg het. Voordat die Maagd sterf, sien sy in haar slaap ’n visioen en voorspel die ondergang van Atlantis in die see:

 

I saw and sensed … and in her sleep

she moved and moaned: “the waves are deep,

the Gods are muted now”, she cried;

“dark depths are gaping wide, and wide

the wakening seas sway upon us!”

Wings struck her then,

and summoned from the world of men,

forlorn and lone, with weeping bent

her spirit touched mine own and went …

 

And still her moon-white body lay

a thing of rare and chosen clay

the Gods had moulded to perceive …

 

But from the rounded lips I kissed

three serpent-heads struck out and hissed

their venom on the sun-blessed land

and peace and hope came to disband.

A hound-toothed head reared up and bore

the country forth to strife and war …

 

Nou word die land sondig totdat die Gode dit in die see laat verdwyn. In die gedig “Atlantis Sinks” kom daar onder andere ’n beskrywing voor hoe die laaste klompie oorlewendes Noag se ark oor die water sien vaar met ’n Engel aan die stuur. Tydelik word die storms gestil totdat die ark verdwyn en dan woed die elemente weer voort:

 

Far out into the night He went

lost to our sight; the waters bent

their fury round our hold again

while beating stronger came the rain;

and still our hearts went yearning far

unto the brightness of that star,

and still our eyes ached through the rain

to see the blessed bark again

that stilled the seas, and left us more

abandoned that we were before.

 

In die gedig “Atlantis Warns” word daar ’n waarskuwing gerig dat seë weer sal styg, en in die daaropvolgende afdelings THE RAPE OF THE ATOM en THE DESTINY OF ENGLAND AND THE LOW LANDS LYING TO THE WEST, word die bedreiging meer in besonderhede uitgebeeld:

 

Upon the cliffs that Dover bore

the centuries will gleam no more.

 

Maar hierdie bundel bevat nie net ’n voorspelling van die ondergang van sekere lande nie, dog dit voorspel ook ’n groot wedergeboorte vir die mensdom en die koms van ’n nuwe profeet – ’n gedagte wat bevat word in die laaste twee reëls wat oor bedreigde Europa handel:

 

And as we go weeping away to the caves

the lawn of Atlantis leaps from the waves.

 

Eienaardig genoeg het ek op etlike plekke in die bundel geskryf dat die ondergang van bedreigde lande die wedergeboorte van Atlantis inlui, en eers later het ek verneem dat daar ’n legende bestaan dat as die een land ondergaan die nuwe aarde uit die see opkom. Hier sal dit miskien van waarde wees om ’n gedagte van Lewis Spence, ’n skrywer wat meer as ’n dosyn boeke oor Atlantis die lig laat sien het, en een van die grootste lewende outoriteite oor die vergane kontinent, aan te haal. In sy boek WILL EUROPE FOLLOW ATLANTIS, skrywe hy dat Atlantis die geestelike bakermat van die mensdom was. Nadat Atlantis in die see verdwyn het, het Europa in die rigting van die wetenskap ver gevorder, maar nooit die geestelike hoogtes van die verlore kontinent verwesenlik nie. Europa het volgens hom op godsdienstige gebied gefaal en daarom sal ook hierdie gebied deur ’n ramp uitgewis word.

 

In die afdeling THE GREAT AWAKENING, van my boek, skryf ek dat die wysheid van Atlantis herbore gaan word, dat die mens voor sy grootste geestelike verwesenliking sedert die koms van Christus staan:

 

And plant and beast and bird and stone

will know that man has come to throne

the godlike strength within his heart;

still clasped in clay, yet conscious part

of those great Wings that ever beat

a rhythm song may never meet.

 

En in die slotgedig “Closing Song of the Atlantean Spirits” word die koms van die duisendjarige vrede voorspel:

 

The peace of a thousand years

comes guarded by sacred steers;

and all that the Prophet read

will be as the Prophet said

will be as the Golden Book, on whose pages

more is writ by the Sages

than man has yet had the merit

or pureness of heart to inherit.

 

Staan ons miskien in die tydperk van OPENBARING, daardie geheimsinnige slothoofstuk in die Bybel?

 

Ten slotte beantwoord ek gedeeltelik twee vrae wat seker lankal in die gedagte van my lesers spook. Waarom het ek ATLANTIS OR THE CRYING OF THE WATERS in Engels geskryf en nie in Afrikaans nie? Hierop is my antwoord slegs – my inspirasie het in Engels gekom!

 

Op die tweede vraag, naamlik waarom moes ’n Suid-Afrikaner, ’n boereseun wat in die Karoo groot geword het, nou juis hierdie onderwerp aanpak en hom met voorspellings besig hou wat oënskynlik buite die kader van die Unie lê? As antwoord hierop haal ek ’n gedeelte aan van ’n gedig “Southern Africa” wat oorspronklik aan die einde van my bundel sou verskyn het, maar wat ek weggelaat het omdat dit van ander lande die kritiek kan uitlok dat die skrywer hiervan te chauvinisties is:

 

SOUTHERN AFRICA

 

This is the land of the future

this the Utopia to be,

a vision whiter than Europe

shaking its shores from the sea;

wise beyond science and the dogma

drifting the old to its death,

wielding a wisdom forgotten,

birthing a love to be gotten

golden to all …………………….

…………………………………..

 

This is the land of the Godhead

this the Kingdom to be,

a creed to steepen the Christian

bending its brow from the sea …

All that the centuries mated

between the man and the God,

here on your shores to be stated

her in its truth to be taught.

 

Let there be shrines in your valleys,

temples of silence and song,

for prophets are moving amongst you,

great spirits descending amongst you

bearing a light from Beyond …

 

This is the Lost Atlantis

summoned out of the sea,

drawn from the secret Subways

destined, my peoples, for thee.

 

Hiervolgens wil dit voorkom asof Suidelike Afrika op staatkundige, kulturele en geestelike gebied in die toekoms die toon in die wêreld gaan aangee, dat ons land voor ’n ontwikkeling staan wat groter hoogtepunte gaan bereik as wat Europa en Amerika verwesenlik het, want die wysheid van Atlantis – dit wat Europa en Amerika nooit geken het nie – gaan hier binne ons landpale herbore word.

 


1 sondvloed

Afr. sondvloed ‘groot vloed’ uit Ndl sondvloed (1599), ook sindtvloed, sundtfloet, (1562), sundvloed uit Middelhoogduits sin(t)fluot (Hoogduits Sündflut); die eerste lid is volksetimologies vervorm deur assosiasie met sonde, maar sin- beteken eintlik ‘altyd, voortdurend, aanhoudend’ synde die vertaling van Latyn semper.

 


 

Bronne

 

Van Veen, P.A.F. en N. van der Sijs. 1997. Etymologisch Woordenboek. Van Dale Lexicologie. Utrecht/Antwerpen.

Watermeyer, G.A. 1954. Atlantis or The Crying of the Waters. Morford & Field, Johannesburg.

Watermeyer, G.A. “Miljoene sal in sondvloed sterf”, Die Brandwag Vrydag, 23 Julie 1954.

Wêreldfokus 16. Ensiklopedie Afrikana (Edms.) Bpk. 1979. N.V. Uitgeversmaatschappij Elsevier. Amsterdam.

 

 


 

Harmonie – sleutel van die Skepping

 

Johanna Brandt

(Grepe uit: Die Millennium, 1918)

 

 

Een wonder-skone Tempel verrees voor mijn verrukte blik – een absoluut natuurlike werk volmaakt in eenvoud – gebouwd van ongehouwe rotssteen, onafgemaakt van binne en van buite.

 

Die dak was gedeeltelik ope onder die onmetelike asuur van die Suid Afrikaanse hemel, en die gebouw was een volmaakte ronde, ten teken van die onverbroke eenheid, terwijl daar in die rotsagtige klowe, fijne varen, en sagte mos genesteld was, en die statige boom-varen sijn gracieuse takke aan alle kante verhief. Koel, kalm en gewijd was die atmosfeer. Die stilte werd alleen gebroke door die vogelsang daar buite en die geluid van water-strome, die door vindingrijke mense in die rotsstene verborge was.

 

Die altaar was een meesterstuk van ruwe ongehouwde rots – en terwijl ik in bewondering keek, viel onwillekeurig van mijn lippe, die woorde,

 

“Ik het die Tempel al van tevore gesien!”

 

“Dit is die Tempel van Harmony! Gij hebt dit van tevore gesien – maar één keer, in uw skoonste droom. Wat tans voor u oge staat is maar een weerkaatsing van die hemelse gebouw, waarin gij uw lewe aan Mijn diens gewijd hebt, nog geen drie jaar gelede. Weet gij nog die droom van u in die nag van 14 Mei 1914? Dit was geen droom, geliefde! En die mystieke verskijnsel, die tans voor uw oge staat, is geen hallusinasie van die stoffelike sinne, maar is een ware beeld uit die sfere van die Hemel-rijk.

 

Sie, gij sult voor Mij te ‘Harmony’ een Tempel bouw op hierdie model!

 

Harmony! Harmony!

 

Die woord, die meer dan enige ander in die menselike taal, omskrijf die Goddelik onomskrijftelike!

 

Harmonie is die Sleutel van die Skepping!

 

Harmony, die in sijn sewe letters elke Goddelike gawe bevat in Hemel en op aarde, uw ‘Harmony’ is voor iets groots geskape – Waarheid, Liefde, Trouw; Harmonie van Klank, Harmonie van vorm, lijn en kleur; geurige Harmonie, Harmonie van Tederheid en Ontferming, van Toewijding, Wijsheid, Krag; Goddelike Harmonie van Verdraagsaamheid, Lijdsaamheid, Eenheid, Hoop – die woord Harmonie, geliefde, draag in sigself die heilige betekenis van die verborge Skeppings-plan.

 

Harmonie is die wekroep van die nieuwe eeuw van Liefde en Regvaardigheid; Harmonie is die symfonie wat ruis door die Eeuwigheid; Harmonie is die magtig-oorweldigende hartstog van die God van Liefde.

 

En in Suid Afrika, meer dan in enig ander deel van die wereld, is daar gebrek aan Harmonie. Door die duisternis wat nou op hierdie land moet nederdaal, sal Harmonie gebore word; Harmonie sal verrijs uit die graf van vergete vijandigheid.

 

In lang-vervloge eeuwe was dit Harmonie wat voorbeskik was om te regeer oor die verdeelde harte van die mensdom – en dit was vir hierdie doel dat u geliefde ‘Harmony’ geskape, gekoesterd en ten slotte gered was in sijn geheel.

 

Sie, die Mag en Majesteit van God, swevende oor die Tempel van Harmonie! Sie, die Tempel van Harmonie, die vorm van een ster nemende – die Ster in die Ooste, die die koms van die Soon van God verkondig aan alle kreatuur! Die mystieke Lig daarvan oorstraal geheel Suid Afrika, en door Suid Afrika, word dit versprei tot die uiterste einde van die aarde.

 

Ik verlaat u nu maar Ik keer tot u weer in Mag en Majesteit, om met u en die uwe die aarde te bewandel in heerlikheid – op ‘Harmony’.

 

Op ‘Harmony’ vind ons elkander weer – vaarwel, wees sterk – blijf trouw – wees onverskrokke en standvastig in die vervulling van uw Taak.

 

Vaarwel, Ik kom terug – in Heerlikheid.” (hfst. 17, bl. 119-123)

 


 

Ons is die Mystieke Bouwers van Harmonie in Suid Afrika.

 

Meer intens reël dan enige aardse vereniging, is onse verborge Orde van Idealisme. Dit is geen nieuwe godsdiens, geen nieuwe sekte nie, waardoor die bande van gewoonte verbreek moet word. Ons stig geen nieuwe Kerk of godsdienstige genootskap nie.

 

Ons het geen bewijs van lidmaatskap, anders dan die wat in die Hemele geregistreer is. Ons betaal geen geldelike bijdrage. Daar is geen takke, geen bestuur, geen vergaderinge, geen aardse administrasie. Ons weet van geen ere-poste, waardoor die gewone afgunstige wrijving veroorsaak kan word nie.

 

Wat dan?

 

Ons vorm een Mystiek Verbond, een geheime orde van manne, vrouwe en kinders, die in die verborgenheid, voor God alleen, die plegtige gelofte sal doen dat hulle alles in hulle vermoge sal doen om, door gebed en rein-lewe, Suid Afrika, en door Suid Afrika, die ganse wereld, voorteberei vir die Wederkoms van die verlosser. Die lede, aan God alleen bekend, is voor God alleen verantwoordelik vir die wijse waarop hulle die genome eed bewaar.

 

Die Bouwers van Harmonie leg die heilige gelofte af van gehoorsaamheid aan die Wil van God. Welke vorm die gehoorsaamheid sal neem, wat die pligte daaraan verbonde sal wees sal verskillend wees in die geval van iedereen van ons afsonderlik, naarmate ons die Stem van die Gewete kan hoor en verstaan.

 

Ons voer geen krijg teen die kwaad nie, maar hoop om die kwaad door die goede te oorwin; ons bekommer ons nie oor die bose woorde en dade en gedagte van ander mense nie, omdat ons daardoor meer vijandskap, meer teenstand sou verwek. Ons red waar ons kan, want dit is opbouwend; maar ons grijp nie in waar andere sondig nie, want dit is afbrekend – in strijd met onse eerste beginsels van harmonie. Ons vervang die kwaad eenvoudig met iets goeds. Waar sedes vernietig word door ontugt en bandeloosheid, daar herstel ons met onse reinheid; waar andere bedrieg met huigelarij, daar red ons met onse waarheid; waar andere die saad van verdeeldheid, verdrukking en haat uitstrooi, daar plant ons onse skoonste bloeme van eensgesindheid, troos, beskerming, liefde – Harmonie!

 

Ons vervang die wereldse genot en die holle vermakelikheid door die reine blijdskap, die diepe vreugde van die Diensbaarheid; ons laat die lig van ons kalmte skijn op die angswekkende gejaagdheid van ons tijd.

 

So sterk moet ons wees, so rein, dat ons die besoedelde atmosfeer van die wereld kan inadem, en dit weer gereinigd kan uitstuur. Want ons onttrek ons nie aan die wereld nie!

 

.....

 

Suid Afrika is een parel in die oog van die Heer!

 

In Suid-Afrika sal die eerste grote wondere van die nieuwe Eeuw van Mystieke Openbaring geskied. Door Suid Afrika sal die wereld gedwing word om te glo dat die Wederkoms van die Saligmaker op hande is. (hfst. 21, bl. 143-145)

 


 

Johanna Brandt se boeke:

 

Het Concentratie Kamp van Irene

Uitgegee door die Hollands-Afrikaanse Uitgewers Maatskappij, Amsterdam, 1905

 

Die Kappie Kommando, of Boere Vrouwe in Geheime Dienst

Uitgegee door J.H. de Bussy, Amsterdam. Tweede druk 1915

 

The Petticoat Commando, or Boer Women in Secret Service. London: Mills & Boon, 1913

 

Die Millenium, een voorspelling. Bloemfontein, Eigenverlag 1918

 

Die smeltkroes. 1920

 

The Grape Cure. USA: Metaphysical Concepts, 1927. Kopiereg 1928

 

The Paraclete or Coming World Mother. World Copyright 1936