Nuusflitse 7, Nuusflitse
5, Nuusflitse
4, |
Nuusflitse 14
Beste Vriende
Dit is met diepe leedwese dat ek hierdie nuusflits aan u stuur.
Wyle George Weideman, bekende Afrikaanse skrywer en digter, is Donderdagoggend om 03:30 in die Louis Leipoldt-hospitaal in Bellville oorlede. George was een van Taaloord se lojale vriende wie se woorde soos: "Dankie dat jy my aan Taaloord bekend gestel het!", "’n Klinkklare ja vir Taaloord se opbouende, positiewe en kreatiewe benadering" en "’n Dawerende ja vir die dankie aan Johann Rupert" my aangemoedig het om met ywer voort te gaan.
Saam met almal op die lys wat hom persoonlik of op afstand geken het, groet ons hom by monde van sy goeie vriend, Braam de Vries. Ons innige simpatie met Celién, Melita en Siobhan.
Opregte groete Helena Liebenberg
Louis Leipoldt-hospitaal
jy stap uit by die dakluik op die sterbesaaide balkon met woorde in jou Tuiskom-tas om rustig te verwerk in die Son
ek stap uit by die swaaideur op die so bekende straat met woorde in my huistoe-tas tot diep aardse dank in staat
Helena Liebenberg 29 Augustus 2008
GEORGE WEIDEMAN
2 Julie 1947 – 28 Augustus 2008
Huldeblyk deur Abraham H. de Vries
Die Afrikaanse letterkunde verloor met die heengaan van George Weideman een van sy mees geliefde, een van sy kleurrykste en een van sy veelsydigste skrywers. Hy het sewe digbundels, twee romans, vier bundels kortverhale, sewe jeugboeke, verhoogdramas waarvan net een gepubliseer is en drie ongepubliseerde radiodramas geskryf. In byna al die genres het hy van die belangrikste pryse verower.
George was bowendien ’n alom gerespekteerde akademikus, ’n innemende, hulpvaardige kollega en ’n dosent sonder weerga. Selfs na sy uittrede by die Technikon Skiereiland in 1997 om gesondheidsredes het hy as navorsingsvennoot belangrike publikasies gelewer aan die Universiteit van die Vrystaat.
Sy “vulletjiedae” (sy woord) in ’n uitsonderlike familie en boonop in die Noordweste wat lewenslank sy geliefde, onvolprese hartland sou bly, verklaar nie die verskeidenheid en hoë gehalte van sy werk nie, maar dit vertel van die prikkels en invloede vir ’n lewenshouding wat in al sy werk voorkom. Hy is op 2 Julie 1947 op Cradock gebore as die laatlam in ’n onderwysgesin.
Van sy ma het George ’n warsheid van voorskrifte en sisteme geërf, ’n onwrikbare afsku in sosiale onreg en in die misbruik van mag. Hy was dan ook lid van die eerste Namibiese afvaardiging wat met Sam Njoma in Stockholm gaan praat het. Van hoe sy afkeure soms vir hom probleme veroorsaak het, is ek getuie. Maar sy ma was ook inspirerend op speelse wyse: sy het onder andere weggooi-lepels versamel! Sy ouers was albei ook musikante en natuurlike storievertellers.
Sy pa, Floris was ’n onderwyser, maar ook kulkunstenaar, houtwerker, maker van sy eie musiekinstrumente en met sterk wisselende welslae selfs ’n boer. Albei ouers was kreatief, die makers van dinge (en pret) uit niks. Dis sy pa wat “Saai die waatlemoen” en “Die Kat kom terug” opgeteken en so behoue laat bly het. Ouma Baai, sy ouma aan moederskant, het by vele ander doenighede fortuin vertel en teen een van haar huismure was ’n hele “ensiklopedie” van die blomme, voëls, diere en natuurtonele op toentertydse sigaretkaartjies. George het opgegroei in ’n Noordwesterse “sigeuner”-familie, pragtige gedigte is deurtrek daarvan en hy het dit ook in sy doen en late al sy jare behou.
Hy het dikwels vertel hoe sy pa van kleinsbeen af vir hom gewys het dat as ’n mens ’n klip optel, sien jy dit lyk onder heeltemal anders as bo op. En selfs in die bloedige hitte van die wêreld weerskante van die Oranjerivier is daar soms ’n onverwagte koel wind. Hierdie “paralelle wêrelde” is die onderwerp van “Die wispelturige uur”, die openingsgedig van ’n Staning onder sterre:
Daar’s ’n uur anderkant die etmaal en buite die ratwerk van die tyd; wat rond is word ovaal, wat hoekig is, verslyt.
Dis die raaiselagtige van hierdie “land van elders” wat aan die woord sy magiese krag gee. En dis sy toewyding aan die toorkrag van die woord wat George, toe hy al baie siek was, nog ’n radiovervolgverhaal en gedigte laat skryf het. Hy het ’n ruk gelede “oor ek dit wil gebruik in ’n gedig” een aand uit die hospitaal vir my gebel om te vra of dit ’n Dürer-illustrasie is op die buiteblad van Elsa se Dansmaat. (Nee, dis ’n Norman O’Flynn.) Sy laaste twee gedigte, twee kwatryne, moes sy vrou, Celién vir hom neerskryf, hy kon nie meer die pen vashou nie.
Dis nie toevallig nie dat die ontwikkeling in George se digbundels op sigself ’n storie vertel. Die Noordweste is waar alles speels en klankvol begin in Hondegaloppie en As die son kliplangs spring. Wranger van toon en bewuster van grense word Klein manifes van ’n reisiger, maar in Hoera hoera die ysman is juis die satiriese aanslag bevrydend. Isolasie, marginalisering en ’n sterk stroom-op sosiale bewussyn (“Herinneringe van ’n teruggekeerde soldaat”), maar ook die wonder van die liefde (“En nou het alles winter geword”) spreek in Uit hierdie grys verblyf. In “Homo Faber”, wat hy opdra aan sy “monnik-pa”, vind die skeppende mens sy plek. Maar dis veral in die onderskatte ’n Staning onder sterre wat fyn besinnings en waarnemings van die aardse “ dwaalligte en sterre” verstegnies so geslyp is dat hy die vroegste aardsheid onverwags en speels kon vernuwe in Verskombuis.
Vaarwel, ou troebadoer; vaarwel, ou strydros. Dankie vir al jou doepas teen die droeftes. Jy het die kantelende reis op ons ou skedonk genaamd aarde met eer afgelê. Jy laat Afrikaans baie ryker agter en ons staning vir die wyle wat dit duur ’n bewoonbaarder plek. Rus in vrede by jou Skepper.
Huldeblyk deur prof. Braam de Vries, Eatonweg 9, Tuine, Kaapstad 8001 Verskyn in Die Burger op 28 Augustus 2008.
Nuusflitse 11
Beste Taaloord-vriende
Die TEPC-transkriberingsprojek het ’n tweede maal die afgelope paar maande groot blydskap beleef! En ons deel ook graag hierdie vreugde met u.
Die Van Ewijck Stigting (VES) (http://www.ewijckfoundation.co.za) se Prestasietoekenning vir 2007 is toegewys aan die VOC-dokumente-transkripsiegroep (Kaapstad).
Die toekenningsgeleentheid het plaasgevind op Donderdagaand, 28 Februarie 2008 by die Huis der Nederlanden (http://www.hdn.co.za) in Pinelands, Kaapstad. Na ’n kort inleidende toespraak deur die voorsitter van die Stigting, mnr. Piet Westra, het hy die koevert met die prystjek oorhandig aan die uwe wat dit namens die TANAP- en TEPC-transkripsieprojek ontvang het. Nadat onderstaande bedanking deur haar gedoen is, het die gasspreker by die geleentheid, prof. Nigel Worden van die Universiteit van Kaapstad, ’n boeiende voordrag gelewer oor "New directions in VOC research in South Africa". Na afloop van die seremonie het die ongeveer sestig genooide gaste gesellig verkeer terwyl hulle Kaapse wyn en heerlike versnaperings geniet het.
U word ook vriendelik genooi om die Taaloord-webblad te besoek, aangesien daar sedert Januarie vanjaar twee nuwe onderafdelings bygevoeg is, naamlik Ragna-oord ('Koningsoord') en Sterre-oord. Geniet die kuier.
Vriendelike groete
Helena Liebenberg
Bedankingwoorde namens die TANAP- en TEPC-transkripsieprojek by ontvangs van die VES-prestasietoekenning vir 2007
Geagte Meneer die Voorsitter en ander lede van die Raad van Trustees van die Van Ewijck Stigting
Ten eerste, baie hartlik dankie vir die groot eer wat u ons aangedoen het deurdat u op hierdie besondere wyse erkenning verleen aan die TEPC-transkripsieprojek, wat voorafgegaan is deur die ewe belangrike TANAP-projek.
Ten tweede, baie hartlik dankie vir die uiters welkome, ruim bedrag wat verantwoordelik en verantwoordbaar gebruik word uitsluitlik vir die digitale beskikbaarmaking van verdere dokumente van besondere belang, soos u aanstons sal hoor.
Dankie vir u begrip dat ek ter wille van lede in die gehoor wat nie Afrikaans magtig is nie, nou oorgaan na Engels.
Dear colleagues and friends, a warm and most sincere welcome to all of you.
This is a very special evening for us who were practically involved in one way or another in the TANAP and TEPC transcription projects, be it as a principal, project manager, transcriber, editor, indexer, photographer or technical support.
We want to thank the Van Ewijck Foundation most sincerely for bestowing this special award on us. It is indeed a great honour, realising that our work did not go unnoticed. We are also very grateful for the prize money. It is used in a responsible way with the sole purpose of making more old documents available to the public. In this sense, the value of the digitised volumes will actually exceed its monetary value in the long run. The more than welcome amount of money serves as a first incentive to us to acquire more funding, that we may continue with the work we cherish and the mission we want to fulfil.
It is sometimes difficult to find the right words to express one’s innermost feelings. When I refer from a personal point of view to the two transcription projects, namely TANAP and TEPC, I know that it really touched me in a number of ways. I also know from experience that all of us who were so intimately involved in these projects share my feelings in this regard.
We were taught by the great Teacher of Time about people – those who came from the West, those who came from the East and those who were here already. We brought to life, so to speak, thousands of people from all over the early Cape community, who otherwise never would have been given an identity and a name.
Our work brought us into written contact with our forebears, the way they lived and died, their happiness and their sorrow, their hardships and their better days. Some were rich, more were poor. No matter what their circumstances, they all lived their lives right here, in this part of our vast and beautiful country. In this way we could pay tribute to our ancestors. We also realised that we are in fact the living memory of our past.
Nearly all the stories were written in the VOC language of that period, namely 17th and 18th century Dutch, which developed into Afrikaans – a language with very special qualities of being modern, but at the same time retaining archaic words and even ancient traits from our deep past.
If I may compare this experience in a different sense and on another level of thought, I may say that if I was not privileged enough to be Touched by an Angel, I was indeed Touched by our Transcriptions.
Both the TANAP and the TEPC projects were funded by the Dutch government, for which we were extremely grateful. During the TANAP project from 2001 to 2003, the VOC Resolutions of the Council of Policy of the Cape of Good Hope were digitised and put on the Internet in 2004. During the TEPC project from 2004 to January 2008, household inventories, auction lists, and lists of exiles and convicts were digitised. Whereas the Resolutions are often referred to as the flagship of the VOC, the other documents, including those of the TEPC project, may be regarded as the accompanying vessels of the royal fleet.
We also decided to transcribe the Verbatim Copies of the VOC employees at the Cape between 1656 and 1789, which are vested in the Cape Archives (CAR VC39 vol. 2 to VC48). Presumably these copies were made in the late 19th century (approximately 1881) by a team of copyists in the Rijksarchief in The Hague and then sent over to Cape Town shortly afterwards. These are copies of the original Cape documents that are still vested in the Nationaal Archief, previously called the Rijksarchief, in The Hague. The motivation then for acquiring these copies was the fact that the original documents were vested in the Rijksarchief, with no evidence of their existence in Cape Town.
Now, more than a century later, while transcribing CAR’s ‘complete’ VC series regarding the VOC employees, we realised that not all the years were covered by the copyists in 1881. This implied that somewhere in the Nationaal Archief in The Hague there might still be some lists of VOC employees contained in the original Cape documents, the contents of which could be of great importance to our local institution. Apart from the VOC lists there were also missing years in VCs that covered the Free Burgher lists (VC49 to VC55).
It was therefore decided that TEPC contracted a photographer from a private enterprise to act as a representative of the project. It was his task to capture digital images of as many lacking years as possible within two weeks, in order to minimise the existing gap of information at the Cape Town Archives Repository. The Nationaal Archief welcomed this opportunity and the personnel gave their utmost support and assistance. As a result, the following volumes contained in the VOC Chamber of Zeeland were photographed:
As a team, we decided to complete the above VOC transcriptions after hours in January and February 2008 and be remunerated from the prize money for our work. These transcriptions and photographs will be part of our 2008 CD.
Apart from the photographed volumes of VOC employees already transcribed, there are still 17 photographed volumes containing lists of Free Burghers waiting to be digitised. We will do our best to acquire funding to complete the transcription and editing of at least these volumes from the Nationaal Archief.
We want to present the digitised versions of these 26 volumes together with the photographed originals to the Cape Archives Repository. In this way the already precious and invaluable VOC collection of documents of the Cape of Good Hope will be slightly enlarged.
It is hard and tedious work that requires special skills and much devotion. But we as a team loved what we did and could reap the benefits of an excellent team spirit. And above all, we were looked upon by the Great Spirit who guided us every day all the way.
We thank you.
Helena Liebenberg
Nuusflitse 10
Beste Taaloord-vriende
Ons deel graag ons groot vreugde met julle:
Op Vrydagaand, 23 November het ons TEPC-span ’n besoek aan die Kasteel de Goede Hoop in Kaapstad gebring.
Die rede hiervoor?
Ons het die Wes-Kaapse Kuns, Kultuur en Erfenis-toekenningseremonie 2007 bygewoon as een van die ontvangers van ’n pragtige toekenning vir ’n spesiale diens wat tot en met 2006 gelewer is en deur die Departement van Kultuursake en Sport gepas vereer is.
Die TEPC-transkriberingsprojek het die toekenning ontvang vir die beste instelling wat die Kaapse Argiefdiens bevorder deur middel van gepubliseerde artikels (benewens produkte en openbare optrede) asook besoeke wat belangstellendes aan die projek en gevolglik aan die Argiefbewaarplek gebring het.
Ons projek sluit aan die einde van Januarie af, waarna ons ons laaste en mees omvattende CD bekend gaan stel. Al die Taaloord-e-vriende sal hieroor ingelig word.
Met vriendelike groete
Helena Liebenberg
WESTERN CAPE ARTS, CULTURE & HERITAGE AWARDS CEREMONY WES-KAAPSE KUNS, KULTUUR EN ERFENIS-TOEKENNINGSEREMONIE 2007 CASTLE OF GOOD HOPE – KASTEEL DE GOEDE HOOP
CATEGORY: ARCHIVES
18. Best Individual/Institution that Promotes the Archive Service through Published Articles or Physical Visits
TEPC: TRANSCRIPTION OF ESTATE PAPERS OF THE CAPE OF GOOD HOPE PROJECT
The TEPC transcription project has played a major role in making documentation about the heritage of the Cape available to researchers and the wider general public. Fragile and valuable archival documents from UNESCO Heritage VOC archives have been transcribed from complex and often almost illegible early modern Dutch into easily readable format. These are now available in databases.
THE 2007 AWARD SCULPTURE
Red Hot Glass designer Liz Lacey designed the trophy and with the team of glass blowers the sculpture was formed, encompassing all the symbolism and individuality that needed to be captured.
Glass inherently is a symbol of light and life, and was chosen as the best medium to use to express all the aspects needed to convey in the trophy.
The bright red dot in the middle represents the individuality, a glowing form, complete and unthreatened. This forms the core. The orange spiral around the bright red dot represents the mysterious, energetic power of conversation and transformation. Orange represents life, the sun, power and happiness, whilst the clear glass denotes spirituality, change and grace. These colours are all chosen to symbolize a home for all the people in the Western Cape.
Johann de Jager Opgedra aan Pretoria, Oktober 2007
My geboortegrond, my geo-moeder, my eie anima; al sterker word my emosies rondom jou vermenslik, ver-innig, groei sentripetaal binne toe, kernsoekend soos liefde maak. Want omgekeerd word die klein ‘ek’ sentrifugaal uitbreidend groot, groter, tot ’n oortreffende groepsidentiteit later; die groots, grootser, grootsste ‘ons’ van homogeniteit wat een gemeen-skaplike mater familias in ’n woonstad, werkstad, speelstad, bidstad het, en haar daarom liefhet met elke moontlike menslike krag. Wanneer die straatbelyning Oktobermaande pers kostuums uit die garderobe leen vir jou straattoneel, is die krag gemoedelike liefde. Jaloerse beskutting van jou identiteit word dit egter as dieselfde strate se bewakers hul laat winter in goudbrokaat aanklee en stil in gelid staan met opgehoue asem oor vermoedens van ’n veranderende wind wat nie die natuur se Augustuswinde is nie. Maar woede – beheersde woede – word dit as onheilspellende skreeuers jou aartsmoederlike eer wil skend en strate swart van argwaan maak soos ’n Walpurgisnag waar die tinte en skakerings van seisoenskostuums onsigbaar is. Waarom het ek jou met ’n selfsug lief? Waarom nie toelaat dat indringers soos koekoekkuikens jou wese en jou roepseine aggressief verander om ook ’n aandeel in jou voortreflikhede te kan kry nie? Waarom weier tot hulle oorweldigende geledere sluit en tot die radikale oorgaan? Waarom nie deel nie? Is hierdie selfsug geregverdig? En onomwonde sê ek ja, die uitgebreide ek – ‘ons’ dus – ja! Want dis nie net déél in hierdie stad wat ons genebron sonder roof of benadeling gebou het, wat die skreeuers wil hê nie; dis meer as die fisieke geheel; dis jou moeder-innerlike wat hulle haat omdat jy aan ons geboorte gegee het, jou matriks wat hulle deur tegnieke, vergelykbaar met geslagsomskakelingsjirurgie wil verander na die wese van ’n onbekende man uit primitiewe tye. Wie het hierdie stad op hierdie plek gebou sonder slag of stoot? Was dit hierdie skim, vir die hede ingevoer uit ’n misplaasde verlede, of sy gene? Ons moederlike stad wat oglokrate redeloos wil verander soos ’n transvestiet! Kan hulle – kon hulle – ooit meer doen as slegs so aanstoot gee, onverdraagsaamheid deur arglis en geestelike odium aanblaas tot dit later manifesteer as haat? Kon hulle elders self ’n stad bou waar beskawing onder kerstening kon leef? Nee, lief matropolis van ons, u eer – tans – en die aanloop deur die sukkelgang van anderhalwe eeu sal ons verdedig en beskut teen roof – onder mooi dekmantels van eenwees en saam bou – wat ons wil ontheem, van u vervreem en u onteer – goeie geo-moeder van my wesentlikheid, vergestalt in u fassade, u gesig, u roepseine; die bindsel in die homogeniteit van ’n voorvaderlike nakroos wat self nooit hul verontregters probeer ontken het as ’n waarheid nie. Hoe hernoem mens die waarheid? Waarom? Wat word die omgekeerde waarheid metonimies? Is die aanslag bo-menslik, gemik op meer as net ’n groep se identiteit? Is dit diabolies – ’n opmars teen die Weg, die Waarheid en die Lewe? Besef almal wat u as teiken in hulle visier sien, dit? Vir u sal ons bid, want nou is ons bede vir meer as bloot die behoud van ’n stadskultuur, ’n eie heraldiek; dit is die opdra van heilige bloedwaarheid onder beleg. Dankie goeie geo-moeder, vir die beeld van geordende beskawing wat u as kruiswaarheid simboliseer. Ons het u lief. Ons het u lief.
NEDERLAND
SE GUNS,
|
Afrikaans – Speakers |
English – Speakers |
IsiNdebele
– Speakers |
Sepedi
– Speakers |
Sesotho
– Speakers |
Siswati – Speakers |
Xitsonga
– Speakers |
Setswana – Speakers |
Tshivenda
– Speakers |
IsiXhosa – Speakers |
IsiZulu
– Speakers |
Percentage of speakers per language in South Africa (1996 and 2001)
|
For more relevant information visit: http://www.languages.web.za/
Van die 6000 tale in die wêreld word 95% deur slegs 4% van die wêreldbevolking gepraat.
Omdat daar maandeliks na raming twee van die tale uitsterf, het UNESCO 21 Februarie tot Internasionale Dag van die Moedertaal verklaar.
Inleidend
In Afrikaans sing ons:
O moedertaal, o soetste taal!
Jou het ek lief bo alles.
Van al die tale wat ek hoor,
niks wat my siel ooit so bekoor.
O moedertaal, o soetste taal!
Jou het ek lief bo alles.1
en in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal 2 lees ons oor
moedertaal
1 Taal wat eerste aangeleer word, gewoonlik hoofsaaklik deur die toedoen van die moeder, of taal wat die meeste in die huis gebruik word, waarmee iemand die beste kan identifiseer of wat iemand die beste ken:
* Hoewel hulle (Afrikaanssprekendes rondom 1870) Nederlands nie meer korrek en met gemak kon praat (of skryf) nie, bly hulle dit nog steeds bestempel en aanvaar as hul moedertaal (G.S. Nienaber: Afr. Taalverenigings, s.j., 5).
* Hoe tweetalig of drietalig of tientalig 'n mens ook al mag wees, hy het altyd maar een taal wat werklik sy eie is, sy moedertaal (D.F. Malan in S.W. Pienaar: Volk, 1964, 248).
2 Taal waaruit ander tale ontstaan het:
Dit is 'n begryplike strewe van taalhistorici om in die Afrikaanse woordeskat te onderskei tussen wat uit die moedertaal afkomstig is (die sogenaamde "erfgoed") en wat hier tot ontwikkeling gekom het (die sogenaamde "eiegoed") (J. du P. Scholtz: Wording, 1980, 102).
Internasionale Dag van die Moedertaal
In november 1999 heeft de Unesco de Internationale dag van de moedertaal uitgeroepen. Sindsdien word die dag elk jaar op 21 februari gevierd. Het voornaamste doel van de Moedertaaldag is aandacht voor kleine en bijzondere talen. Ongeveer de helft van de talen die er op de wereld gesproken worden, wordt met uitsterven bedreigd. Bijzondere talen zijn bijvoorbeeld fluit- en gebarentalen en het brailleschrift is een opmerkelijke taaluiting voor blinden en slechtzienden.
Het Nederlands is geen bedreigde of bijzondere taal. Het wordt in Nederland, Vlaanderen en Suriname door meer dan 22 miljoen mensen gesproken. Verder is er het Afrikaans van afgeleid. Dat word ook door zo’n 17 miljoen mensen gesproken, met name in Zuid-Afrika en in Namibië. Pas sedert 1925 geldt het Afrikaans als een zelfstandige taal – voordien gold het als een soort Nederlands. Nederlandstaligen en Afrikaanstaligen verstaan elkaar overings nog steeds vrijwel moeiteloos.
Voor het Algemeen Dagblad is de Internationale dag van de moedertaal aanleiding om stil te staan bij de verwerving van ons aller moedertaal, het Nederlands. De ontwikkelingspsycholoog Ewald Vervaet, schrijver van het boek Groeienderwijs; psychologie van 0 tot 3, stelde speciaal voor Diagnose vijf doordenkers samen over de verwerving van het Nederlands in de eerste drie levensjaren. Ze heten 'taaltoetsjes' omdat we er u niet alleen mee aan het nadenken willen zetten over het Nederlands als uw moedertaal, maar er ook mee willen toetsen hoe ver u kennis strekt over de wijze waarop u zich als kind uw moedertaal eigen heeft gemaakt. De vijf taaltoetsjes laten slechts vijf van de vele taalstapjes zien WWW.AD.NL Diagnose en Stichtinghistos.
De meeste stapjes in de taalontwikkeling gelden op een of andere manier voor alle talen. Het vijfde taaltoetsje gaat echter over een onderwerp dat in elk geval niet in het Engels, Frans, Italiaans en Spaans speelt en wel in het Nederlands. We staan daar met gepaste eerbied bij stil met een extra doordenker die eerder over taalkunde gaat dan over taalverwerving.
Elke dag is ’n dag ter ere van my Moedertaal – Helena Liebenberg
2 Woordeboek van die Afrikaanse Taal
Meer nuus by: Volksblad
Lees die storie by: News 24
Nederlanders en SAUK
Jan 26 2006 06:49:13:370PM
Sedert enkele maande gelede saai die SAUK kindernuusprogramme uit onder die naam “Kids News Network”.
Sedert enkele maande gelede saai die SAUK kindernuusprogramme uit onder die naam “Kids News Network”. Hierdie programme word nou uitsluitlik in die Engelse taal aangebied. Uit betroubare bron het ons verneem dat die volgende lente ook programme aangebied sal word in vier ander Suid-Afrikaanse tale, maar nie in Afrikaans nie.
Dit het in Nederland tot groot verontwaardiging gelei, te meer omdat hierdie programme vir ’n groot deel betaal word uit bydraes van die Nederlandse Postcodeloterij via die organisasie Free Voice. Die woordvoerder vir Free Voice, mnr. Van Veen, het ons meegedeel dat hy al dikwels by die SAUK aangedring het op uitsendings van Kids News in Afrikaans, maar die direksie van die SAUK wil nie.
In Nederland en Vlaandere is daar ’n groeiende besorgdheid oor die Suid-Afrikaanse openbare uitsaaikorporasie se taalbeleid. Veral die agterstelling van Afrikaans word beskou as skandalig. Die Nederlanders en Vlaminge voel dat die Afrikaanse taal en kultuur, waarmee hulle baie verwant voel, nie langer teen gediskrimineer mag word nie. Die ontevredenheid sou daartoe kon lei dat die druk – wat nou alreeds op die Postcodeloterij uitgeoefen word – om nie meer medewerking te verleen aan Kids News Network nie, vergroot word. Dié instelling sou gevolglik ander weë as die SAUK kon soek om die Suid-Afrikaanse kinders van nuus te voorsien.
Ons hoop dat die SAUK gehoor sal gee aan ons versoek om hierdie kinderprogram ook in Afrikaans aan te bied en dat die instansie ook daartoe sal bydra om Suid-Afrika se kulturele verskeidenheid te behou en uit te bou.
By voorbaat dankie.
Marcel
Bas
Bestuurder, Stichting Taalverdediging, Posbus 71827,
1000EA, Amsterdam: Nederland, AB.NED@hetnet.nl
Die volgende werkbare voorstelle is intussen ontvang:
Ewald Vervaet van Amsterdam, Nederland skryf:
“Al lang heb ik het volgende plan. Ik zou namelijk graag zien dat er één televisiezender zou komen, die over de hele wereld wordt ontvangen. Die zou alleen Dietstalige – dus Nederlandstalige, Afrikaanstalige, Vlaamstalige, Surinaams-Nederlandstalige – uitzendingen doen, bijvoorbeeld nieuwsuitzendingen, documentaires en dergelijke die al eerder op de Nederlandse, Zuidafrikaanse, Vlaamse of Surinaamse televisie zijn geweest. Ik vergelijk zo’n Dietstalige zender een beetje met de Franstalige TV5 die zowel Franse, Waalse, Canadese als Zwitserse programma’s uitzendt.” –
Afrikaanse weergawe:
“Ek het lankal die volgende plan. Ek sou naamlik graag wou sien dat daar één televisiesender sou wees wat oor die hele wêreld ontvang word. Sodanige sender sou alleenlik Dietstalige – dus Nederlandstalige, Afrikaanstalige, Vlaamstalige, Surinaams-Nederlandstalige – uitsendings doen, byvoorbeeld nuusuitsendings, dokumentêre opnames en dergelike wat al vroeër op die Nederlandse, Suid-Afrikaanse, Vlaamse of Surinaamse televisie vertoon is. Ek vergelyk so ’n Dietstalige sender in ’n mate met die Franstalige TV5 wat sowel Franse, Waalse, Kanadese as Switserse programme uitsaai.” (HL)
Marcel Bas van Voorschoten, Nederland antwoord hierop:
“Een Dietstalige zender is een uitstekend idee! Eigenlijk is die
zender er al, namelijk BVN (het Beste van Vlaanderen en Nederland).
Maar die zendt, zoals u weet, alleen in het Noord- en Zuid-Nederlands
uit en richt zich dus op de Groot-Nederlandse gemeenschap. Het zou mooi
zijn als BVN ook enkele programma’s in het Afrikaans zou
uitzenden. Zoals Nuus om Sewe, een serie als Sewende Laan en een
‘vasvrawedstryd’ zoals Noot vir Noot. Op De Roepstem hebben
we er al eens voor gepleit. Han van Liempt – ons vorig jaar
helaas veel te vroeg ontvallen – beijverde zich ook voor een meer
Afrikaans karakter voor BVN. Zie hier:
http://roepstem2.tripod.com/verengelsing.html
Het lijkt me het beste voort te gaan op de reeds door BVN ingeslagen weg, en de omroep ertoe te bewegen niet alleen Vlaamse en Nederlandse televisieproducties wereldwijd uit te zenden, maar ook Zuid-Afrikaanse.
Ik ken al heel wat Afrikaners die thuis BVN kunnen ontvangen en zo een veel beter beeld krijgen van het hedendaagse Nederlands en de Belgische en Nederlandse maatschappij. BVN zou een uitstekend medium zijn voor het bekender maken van Afrikaanse programma’s.”
Afrikaanse weergawe:
“ ’n Dietstalige sender is ’n
uitstekende idee! Eintlik bestaan die sender reeds, naamlik BVN (die
Beste van Vlaandere en Nederland). Maar dit saai, soos u weet, slegs in
Noord- en Suid-Nederlands uit en is dus op die Groot-Nederlandse
gemeenskap gerig. Dit sou goed wees as BVN ook enkele programme in
Afrikaans sou uitsaai, soos die Nuus om Sewe, ’n reeks soos
Sewende Laan en ’n vasvrawedstryd soos Noot vir Noot. Ons het
reeds op Die Roepstem hiervoor gepleit. Han van Liempt wat ons verlede
jaar helaas veels te vroeg ontval het, het hom ook vir ’n meer
Afrikaanse karakter van BVN beywer. Sien hier:
http://roepstem2.tripod.com/verengelsing.html
Dit lyk my die beste sou wees om voort te gaan op die weg wat reeds deur BVN ingeslaan is, en die omroeper daartoe te beweeg om nie alleen Vlaamse en Nederlandse nie, maar ook Afrikaanse televisieproduksies wêreldwyd uit te saai.
Ek ken al heelwat Afrikaners wat tuis BVN kan ontvang en so ’n veel beter begrip sal kry van hedendaagse Nederlands, en van die Belgiese en Nederlandse samelewings. BVN sou ’n uitstekende medium kon wees om Afrikaanse programme meer bekend te stel.” (HL)
Slegs
1 van 73 plaaslike kinderprogramme op TV is ‘slegs
Afrikaans’
deur Liesl Pretorius in Die Burger van 8 April 2006
PRETORIA. – ’n Enkele volwaardige Afrikaanse TV-kinderprogram tel onder die 73 plaaslik vervaardigde kinderprogramme wat in dié boekjaar op SABC1, 2 en 3 uitgesaai word.
Vier ander plaaslik vervaardigde programme word in tale waaronder Afrikaanse – die grootste huistaal naas Zoeloe en Xhosa – uitgesaai.
Dit bring mee dat sowat 1% van dié programme Afrikaans is. As programme wat onder meer Afrikaans bevat ingereken word, is dit 7%. Die SAUK kon nie syfers oor kinderprogramme in die ander amptelike landstale verskaf nie.
Me. Lesego Mncwango, waarnemende SAUK-woordvoerder, sê die getal sprekers van ’n taal speel ’n rol in die besluit oor die uitsaaitaal van kinderprogramme.
Volgens die 2001-sensus is Afrikaans die huistaal van 13,3% (bykans 6 miljoen) Suid-Afrikaners.
Mncwango sê altesaam 48 plaaslik vervaardigde kinderprogramme word nou uitgesaai. ’n Verdere 25 word vir dié boekjaar (2006-2007) beplan. Die uitsaaier mik daarna om tot 80% van alle kinderprogramme in Afrikatale, insluitend Afrikaans, uit te saai.
Mncwango sê die SAUK vervaardig selde programme in een taal. “Die benadering is om Afrikaans op ’n natuurlike wyse ooreenkomstig die behoeftes van kykers in te sluit.” Die Afrikaanse program wat vir dié boekjaar vervaardig is, is Woord Wys, ’n speletjiesprogram wat gerig is op die bevordering van geletterdheidsvlakke van leerlinge in gr. 4 tot gr. 6.
Programme wat Afrikaans bevat, is Fundani Nathi, wat lees bevorder, Cat and Dog, insetsels van vyf minute oor padveiligheid. Space Ark, ’n lewensvaardigheidsreeks oor wetenskap en tegnologie, en The Number Crew, ’n reeks wat gerig is op die bevordering van wiskundevaardighede.
Me. Nadia van der Merwe, dosent in die kommunikasiekunde aan die Universiteit van Johannesburg, sê blootstelling aan programme in hul moedertaal hou voordele in vir die ontwikkeling van kinders se konseptuele en taalvaardighede: “Kinders se TV-ervaring, insluitend die opvoedkundige waarde daarvan, kan verhoog word as hulle hul met die aanbieder of karakter identifiseer. Die taal van aanbieding is een van die aspekte wat dit bevorder.”
06/12/2005 01:12 – (SA)
KAAPSTAD. – “Dit was ’n ligte ‘mistykie’.”
Dít was gister die woorde van die sakemagnaat en uitvoerende voorsitter van die internasionale Richemont-groep, mnr. Johann Rupert, oor ’n Britse tydskrif se houding oor Afrikaans.
Die Britse leefstyltydskrif Wallpaper het Afrikaans in ’n artikel as ’n “lelike” taal afgemaak. Rupert het gesê dit is ’n beginselsaak. Richemont het reeds sy advertensies uit die tydskrif se Kersuitgawe onttrek.
Dié groep sluit onder meer in handelsmerke soos Cartier, Van Cleef & Arpels, Piaget en Dunhill. Richemont bestee jaarliks etlike miljoene Britse pond aan advertensies in Britse tydskrifte.
“Die hele gedoente is nie ’n vete nie. Dit is ’n beginselsaak. Ek het die afgelope tyd etlike klagtes per e-pos van Afrikaanse lesers van dié tydskrif ontvang. My kollega mnr. Piet Beyers het op ’n Richemont-briefhoof kapsie gemaak teen die artikel waarin Afrikaans as ’n ‘lelike’ taal afgemaak word. Die tydskrif se bestuur het dié beswaar geïgnoreer.
“Ek vermoed die mense het nie mooi besef watter handelsmerke almal binne die Richemont-groep val nie. Ons het ook nog geen verskoning van die tydskrif ontvang nie en het daarom besluit om ons advertensies te onttrek,” het Rupert gesê.
Volgens hom sal die groep dieselfde optree as ’n ander kultuur- of taalgroep waarby Richemont belang het, aangeval word. “Die tydskrif kan ook nie stappe teen Richemont neem nie. Dit is ons goeie reg om te besluit met wie ons sake doen. As Wallpaper verskoning vra, kan ons toekomstige advertensies in die tydskrif oorweeg,” het Rupert gesê.
Verskeie Afrikaanse taal- en kultuurorganisasies, akademici en skrywers het Rupert se optrede en besluit ondersteun.
Dr. Frits Kok, besturende direkteur van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) het gesê dié organisasie wil Rupert gelukwens met sy standpunt. “Dié besluit is nie net ’n emosionele besluit waarin iemand standpunt inneem oor wat sy eie is nie. Dit maak ook bedryfsin, aangesien Afrikaans ’n kragtige bemarkingstaal is,” het hy gesê.
Mnr. Fanie Bekker van die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) in die Wes-Kaap het gesê Rupert se besluit is sy goeie reg en die AHI ondersteun hom ten volle. “Die AHI hoop meer Afrikaanse sakelui en -leiers sal nou standpunt inneem om Afrikaans te beskerm.”
Volgens dr. Karel Stander, nasionale hoofbestuurslid van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en voorsitter van die Wes-Kaapse gebiedskultuurraad, steun die FAK Rupert 100%. “Die FAK het reeds ’n sterk bewoorde brief aan Wallpaper gestuur waarin die organisasie sy misnoeë uitspreek,” het hy gesê.
Die skrywer George Weideman het gesê hy is baie opgewonde oor Rupert se besluit en optrede. Hy het ook reeds talle e-posse waarin mense hul positiewe gevoel oor Rupert se optrede uitspreek, ontvang. “Ek hoop dié besluit is ’n waarskuwing vir ander mense en instansies wat Afrikaans te na kom,” het hy gesê.
Prof. Hennie van Coller, hoof van die departement Afrikaans, Nederlands, Frans en Duits aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) het gesê Wallpaper se bestuur is “oerdom”.
Me. Paula Cain, direkteur van advertensies in Wallpaper se Londense kantoor, het gister nie op Die Burger se navrae gereageer nie.
Rupert snubs mag over Afrikaans slur
Donwald Pressly
Mon, 05 Dec 2005
Business, iAfrica.com
The Freedom Front Plus, a parliamentary party, which aims to represent Afrikaans-speakers, has publicly backed South African billionaire businessman Johann Rupert who withdrew millions of rand worth of advertisements from a British magazine.
The magazine, Wallpaper, recently described Afrikaans as “one of the ugliest languages in the world” * and Rupert withdrew Richemont advertisements from the magazine – which focuses on décor matters.
Rupert, who is chairperson of the luxury products group Richemont, was reported in the Afrikaans weekly newspaper, Rapport, on Sunday saying he “could not believe his eyes” when he saw in the September edition of Wallpaper this reference to Afrikaans being ugly under a photograph of the taalmonument (Afrikaans language monument) at Paarl.
Rupert, who is also chairperson of Remgro, said he had “had enough” of his language being belittled and he would not sit still and look on while his language and culture were drawn through the mud.
FF+ leader Pieter Mulder – a veteran member of Parliament – said his party “wholeheartedly supports the actions of Mr Rupert” in withdrawing the advertisements which include the Cartier, Van Cleef & Arpels, Montblanc and Alfred Dunhill ranges.
Self-respect
Mulder said: “Mr Rupert is right when he says that any Englishman or Irishman who is worth his salt would have done the same thing. Any person with self-respect should protect his language in this way and that goes for all languages in South Africa.
“Many Afrikaans-speakers today accept that their language has to be treated badly.
Mr Rupert, through his actions, sets an example to many South African companies who are at present finding all kinds of excuses as to why they want Afrikaans clients’ money but do not respect their language.
“The FF+ calls on Afrikaans-speakers to stand on their constitutional rights and to maintain their language without offending any other language.
“The way in which Afrikaans is maintained will greatly determine whether the language will command respect from other language and cultural groups. Afrikaans should not be a prickly pair in the South African language orchard with long thorns, which nobody wants to touch.
“On the other hand, Mr Rupert has proved that the time has passed for Afrikaans-speakers to have to apologise for everything, including their language.
Buying power
“The realities of South Africa, such as the buying power of Afrikaans and the fact that Afrikaans is the third strongest language following Zulu and Xhosa, should protect Afrikaans as an official language.
“Yet the opposite occurs. Research shows that Afrikaans is the only language which position has deteriorated since 1994, while English and the other African languages' position have improved.”
Noting the power of Afrikaans in the business environment, Mulder said: “The fact that more than nine million transactions a month take place at Absa ** ATMs in Afrikaans confirms the buying-power reality. Hopefully, more banks will take note of Absa’s success to empower all languages at their ATMs.”
*This contemptuous remark was made by Bronwyn Davies,
a so-called “fashion stylist from Tamboerskloof, a suburb of Cape
Town.
** Absa/ABSA: a large South African banking group
Eerste
Keltische muntschat
van Nederland gevonden
Nederlandse archeologen van de Vrije Universiteit en de Rijksdienst voor het Oudheidkundig Bodemonderzoek hebben op een akker in het Limburgse Echt een Keltische muntschat van zeventien munten gevonden. Deze zijn van zilver, vermengd met koper en wat goud, laat het Archeologisch Centrum van de Vrije Universiteit in Amsterdam vrijdag weten.
De ontdekking heeft volgens de archeologen grote wetenschappelijke betekenis en vormt een unicum voor de Nederlandse archeologie: het is de eerste Keltische muntschat die bij onze Noorderburen wordt gevonden.
Waarschijnlijk dateren de munten van tussen 50 en 20 voor Christus. Hoewel het om Keltische munten gaat, zijn ze geslagen door Germaanse stammen, waaronder de Bataven. Mogelijk gebruikten de leiders van deze stammen de munten om hun semi-militaire volgelingen te kunnen belonen voor bewezen diensten en trouw.
De vondst bevestigt dat de Nederrijnse regio, en met name de Limburgse Maasvallei, behoort tot de invloedssfeer van de Keltische La T necultuur. Een hele serie andere archeologische vondsten wijst in dezelfde richting. Dat alles duidt erop dat de Later IJzertijdsamenlevingen in Zuid-Nederland complexer waren dan we ons tot voor kort realiseerden. Het gaat hier niet om een wereld van louter losse boerderijen en kleine gehuchten.
De eerste acht munten werden met het blote oog gevonden door een amateur-archeoloog, die de vondst meldde aan prof. Nico Roymans, deskundige op het gebied van de archeologie van Keltische samenlevingen. Medio april begon de Rijksdienst met opgravingen en vond nog eens negen munten. Bovendien bleek uit het onderzoek dat op dezelfde plaats zich oudere graven uit de Vroege IJzertijd (ongeveer 700 v.Chr) en jongere graven uit de Romeinse tijd bevinden.
De munten behoren tot de groep van de Rijnlandse 'regenboogschoteltjes'. Kenmerkend is het schotelvormige profiel met specifieke afbeeldingen, onder meer van een driebeen.
De muntschat is zaterdag voor het eerst te zien voor het publiek in het Limburgs Museum in Venlo.
Verzonden: vrijdag 3 juni 2005
Found: Europe’s oldest civilisation
By David Keys, Archaeology Correspondent
11 June 2005
Archaeologists have discovered Europe's oldest civilisation, a network of dozens of temples, 2,000 years older than Stonehenge and the Pyramids.
More than 150 gigantic monuments have been located beneath the fields and cities of modern-day Germany, Austria and Slovakia. They were built 7,000 years ago, between 4800BC and 4600BC. Their discovery, revealed today by The Independent, will revolutionise the study of prehistoric Europe, where an appetite for monumental architecture was thought to have developed later than in Mesopotamia and Egypt.
In all, more than 150 temples have been identified. Constructed of earth and wood, they had ramparts and palisades that stretched for up to half a mile. They were built by a religious people who lived in communal longhouses up to 50 metres long, grouped around substantial villages. Evidence suggests their economy was based on cattle, sheep, goat and pig farming.
Their civilisation seems to have died out after about 200 years and the recent archaeological discoveries are so new that the temple building culture does not even have a name yet.
Excavations have been taking place over the past few years – and have triggered a re-evaluation of similar, though hitherto mostly undated, complexes identified from aerial photographs throughout central Europe.
Archaeologists are now beginning to suspect that hundreds of these very early monumental religious centres, each up to 150 metres across, were constructed across a 400-mile swath of land in what is now Austria, the Czech Republic, Slovakia, and eastern Germany.
The most complex excavated so far – located inside the city of Dresden – consisted of an apparently sacred internal space surrounded by two palisades, three earthen banks and four ditches.
The monuments seem to be a phenomenon associated exclusively with a period of consolidation and growth that followed the initial establishment of farming cultures in the centre of the continent.
It is possible that the newly revealed early Neolithic monument phenomenon was the consequence of an increase in the size of – and competition between – emerging Neolithic tribal or pan-tribal groups, arguably Europe's earliest mini-states.
After a relatively brief period – perhaps just one or two hundred years – either the need or the socio-political ability to build them disappeared, and monuments of this scale were not built again until the Middle Bronze Age, 3,000 years later. Why this monumental culture collapsed is a mystery.
The archaeological investigation into these vast Stone Age temples over the past three years has also revealed several other mysteries. First, each complex was only used for a few generations – perhaps 100 years maximum. Second, the central sacred area was nearly always the same size, about a third of a hectare. Third, each circular enclosure ditch – irrespective of diameter – involved the removal of the same volume of earth. In other words, the builders reduced the depth and/or width of each ditch in inverse proportion to its diameter, so as to always keep volume (and thus time spent) constant.
Archaeologists are speculating that this may have been in order to allow each earthwork to be dug by a set number of special status workers in a set number of days – perhaps to satisfy the ritual requirements of some sort of religious calendar.
The multiple bank, ditch and palisade systems "protecting" the inner space seem not to have been built for defensive purposes – and were instead probably designed to prevent ordinary tribes-people from seeing the sacred and presumably secret rituals which were performed in the "inner sanctum".
The investigation so far suggests that each religious complex was ritually decommissioned at the end of its life, with the ditches, each of which had been dug successively, being deliberately filled in.
"Our excavations have revealed the degree of monumental vision and sophistication used by these early farming communities to create Europe's first truly large scale earthwork complexes," said the senior archaeologist, Harald Staeuble of the Saxony state government's heritage department, who has been directing the archaeological investigations. Scientific investigations into the recently excavated material are taking place in Dresden.
The people who built the huge circular temples were the descendants of migrants who arrived many centuries earlier from the Danube plain in what is now northern Serbia and Hungary.
The temple-builders were pastoralists, controlling large herds of cattle, sheep and goats as well as pigs. They made tools of stone, bone and wood, and small ceramic statues of humans and animals. They manufactured substantial amounts of geometrically decorated pottery, and they lived in large longhouses in substantial villages.
One village complex and temple at Aythra, near Leipzig, covers an area of 25 hectares. Two hundred longhouses have been found there. The population would have been up to 300 people living in a highly organised settlement of 15 to 20 very large communal buildings.
The Independent – online edition