|
“Afrikaans
… een zuster van het tegenwoordige Hollands: deze taal is
ons door de Voorzienigheid in de loop des tijds bereid, opdat zij ons
het middel zou zijn om kennis te ontvangen en mee te delen: deze moeten
wij gebruiken, zullen wij eenmaal voor ons zelven en de wereld al
datgeen worden wat wij kunnen zijn. Ja, aan de onbeschroomde en
volledige erkenning van de Afrikaanse taal hangt de toekomst van
Zuid-Afrika.”
Arnoldus Pannevis
(1838–1884)
Taaloord streef die
volgende doelwitte na:
- Die bevordering van
Afrikaans
- Die instandhouding van
Afrikaans-taaltrots
- Die handhawing van
Afrikaans in die talebestel
- Die uitbouing van
gemeenskaplike taal- en kultuurhistoriese bande
Om te onthou:
Die
mate waarin taalverandering en -vereenvoudiging, asook
woordontlening en
-skepping gedurende byna 360 jaar in Afrikaans plaasgevind het, het van
haar
’n slanke en soepel taal met ’n aantreklike jong
profiel gemaak, hoewel haar
andersins rustige gelaatstrekke bly spreek van ’n
diepliggende en outydse
skoonheid. Taalgeneties wys haar DNS-struktuur onteenseglik heen na
17e-eeuse Nederlands as haar moederlyn na ’n nog ouer
taalvorm –
ons taalfamilie se brontaal.
(Uit:
"Die waagmoedige taalsuster", Helena Liebenberg)
 |
|
 |
|
Die
soeke na dié Bron onthul
glinsterdrade in die fynspel van
die goddelike
wonderwoord ...
|
|
Uit die
stand van die sterreprag
skep ons beelde, woorde en
verhale ...
|
|